Verdoeseling
Desember 31, 2016 in Uncategorized
Almal weet wat waarheid is. Die kleinste kinders word dikwels met geweld gedreig as hulle sou lieg. Die grootmenere maak asof hulle nie weet nie sodat hulle soos wysgere kan lyk.
Desember 31, 2016 in Uncategorized
Almal weet wat waarheid is. Die kleinste kinders word dikwels met geweld gedreig as hulle sou lieg. Die grootmenere maak asof hulle nie weet nie sodat hulle soos wysgere kan lyk.
Desember 29, 2016 in Uncategorized
Dit is nie die waarheid wat gesoek moet word nie. Dit is die leuens wat erken moet word.
Desember 23, 2016 in Uncategorized
Die menigte wat dink dat hulle onsterflik is, is van mening dat hulle baie lewe het om redeloos op te mors.
Desember 21, 2016 in Uncategorized
Daar is lank reeds nuwe opwindende rasionele kennis beskikbaar, maar dit blyk dat die denkers met ‘n brandstapel-mentaliteit nog lank die voortou gaan neem.
Desember 20, 2016 in Uncategorized
Dit is onteenseglik dat ons meer as ons voorouers weet. Dit is onteenseglik dat ons voorouers nie kon weet waar hulle vandaan kom nie.
Desember 18, 2016 in Uncategorized
Dit is amper 2017 en daar is omtrent geen professor, prediker of pedagoog wat bereid is om te erken dat hy weet hoe om te bepaal wat waar is nie.
Desember 13, 2016 in Uncategorized
Die regswese is ‘n uitsonderlike suksesverhaal voortspruitend uit ‘n wete en besef van wat waar en waarheid is.
Desember 12, 2016 in Uncategorized
Daar was geen woord in die begin nie. Die eerste mense was nie onsterflike fabrieksfoute wat versuip moes word nie. Kinders is bevoeg om te weet wat waar is.
Desember 9, 2016 in Uncategorized
Vir geregtigheid behoort almal te leer en geleer te word wat waarheid is. Dit is nie algemeen bekend nie, maar die kennis is lank reeds beskikbaar.
CM