Los die mier
November 14, 2016 in Uncategorized
Gaan na die reg en regswese waar feite bewys word.
November 11, 2016 in Uncategorized
Met die onkundige steun van ‘n menigte liggelowige vromes vermy hoogdrawende geleerdes en ongeleerdes kennis van die werklikheid sodat hulle kan skep terwyl die pap loop. Eerlike werklike goedheid sonder ‘n belofte van ‘n bedenksel van onmoontlike onsterflikheid is dalk nog menslik moontlik.
November 11, 2016 in Uncategorized
Met groot ywer versamel verstandige mense kennis wat almal kan benut, maar die meeste is nog te toe om dit te weet.
November 7, 2016 in Uncategorized
Daar is geen einde aan die fiksie wat met woorde geskep word nie, maar die waarheid was nog altyd voor woorde daar.
November 5, 2016 in Uncategorized
Dit blyk dat daar geleidelik so hier en daar besef word dat predikers en filosowe al vir eeue met oorweldigende sukses die lewe ‘n leuen gemaak het.
November 4, 2016 in Uncategorized
As iemand se brein besef dat hy lieg, dan dink hy kwansuis met sy hart.
November 3, 2016 in Uncategorized
Vir die behoud van vroomheid is onkunde ‘n voorvereiste. Niemand mag weet van kennis en logika nie.
CM