Jy blaai in die argief vir 2016 November.

by CM

Die groot gelieg van liefde

November 28, 2016 in Uncategorized

Die knaende gepreek oor liefde het gewoonlik ‘n teksvers van geweld.

by CM

Verwerplike uitnemendheid in huidige goedheidskringe

November 26, 2016 in Uncategorized

As iemand so dom is om te laat blyk dat hy intelligent genoeg is om te weet van evolusie, is hy ‘n paria.

by CM

Onhaalbaar

November 24, 2016 in Uncategorized

Aangevuur deur verhewe versinsels van onontwikkelde voorsate dring aanvoerders en opvoeders daarop aan om hul gewaande kennis van onsterflikhede en helle en hemels en ander dinge wat hulle nooit niks van sal kan weet nie, vir die waarheid te verkondig. Kennis van die werklikheid is glo te klein vir die groot ego’s.

by CM

Siestog-mens

November 22, 2016 in Uncategorized

As iemand eers oortuig is dat hy ellendig en sondig is, is daar niks en niemand wat hom kan keer nie.

by CM

Vermybare ellende

November 21, 2016 in Uncategorized

Menige goeie verstand word deur ‘n aangeleerde  liggelowigheid beduiwel.

by CM

Filosofiese waansin

November 18, 2016 in Uncategorized

Om in die son te sit en droom van die duisternis van die dooies.

by CM

Aarde toe

November 17, 2016 in Uncategorized

Dit is nie moontlik om van die natuur verlos te word deur in ‘n groot moord te glo nie.

by CM

Mors in die water

November 17, 2016 in Uncategorized

Kinders word met onsin vermaak sodat hulle glo verstandig kan raak.

by CM

Toe-eiening

November 16, 2016 in Uncategorized

Die heelal en lewe is nie in sonde ontvang en gebore nie. Die mens het maar onlangs ewe hoogdrawend begin om homself met woorde neer te haal.

by CM

Verorber deur fiksie en snert

November 15, 2016 in Uncategorized

Epistemologies is daar so min van die werklikheid in die mens se verstand oor dat hy op pad terug na wurmstatus is.