Lankal lewenslank beduiwel
Oktober 30, 2016 in Uncategorized
As kinders eers geleer is om te glo dat hulle onnosel en sondig is, is daar geen einde aan die sothede nie.
Oktober 30, 2016 in Uncategorized
As kinders eers geleer is om te glo dat hulle onnosel en sondig is, is daar geen einde aan die sothede nie.
Oktober 25, 2016 in Uncategorized
Onder aanvoering van sy gewaande wyses het die meeste mense verstandelik in een groot klooster beland.
Oktober 24, 2016 in Uncategorized
Dit is tog te jammer dat so baie steeds geleer word om hul verstand te misken en derhalwe onaangenaam en onbeskof te wees.
Oktober 23, 2016 in Uncategorized
Kinders en kindskinders word in die bol gepik met stories van rooikappie en hul onsterflikheid.
En dan is daar die baie eenderse histrioniese preke wat nie strook met die kenbronne nie.
Oktober 21, 2016 in Uncategorized
Met ‘n irrasionele pretensie van onkunde deur voorlopers kan die mensheid nog vir eeue onnosel bly.
Oktober 17, 2016 in Uncategorized
Kruip gerus uit jou aangeleerde kreperende minderwaardigheid.
Oktober 15, 2016 in Uncategorized
Menigeen dink hy het ‘n rol te speel in die fiksie wat deur die eeue versin is, maar die lewe is nie in woorde en die werklikheid is nie in boeke te vinde nie.
In die begin was daar geen woord nie.
Daar is min waarheid in baie woorde.
Oktober 14, 2016 in Uncategorized
Die meeste mense kan dalk op ‘n dag besluit om hul verstand te gebruik. Hulle het dit.
Oktober 10, 2016 in Uncategorized
Daar is ‘n heelal buite die moddergat van versinsels.
Oktober 9, 2016 in Uncategorized
Tot dusver kon eiegeregtigde filosowe en predikers net aaklige moorde as verlossingsdade vir wie weet wat bedink.
CM