Jy blaai in die argief vir 2016 Augustus.

by CM

Blink kant

Augustus 31, 2016 in Uncategorized

Die enigste kant van menswees is die leefkant. Die filosowe en leraars bly tragies oortuig dat die doodkant bo is.

by CM

Erfenis van dikkoppigheid

Augustus 27, 2016 in Uncategorized

Die voortbestaan van bedremmelde wesens word verseker deur hul bedenksels van sondes.

by CM

Verlore lekkerte

Augustus 23, 2016 in Uncategorized

Mense wil graag na ‘n hemel toe want hulle maak in hul domheid van die aarde ‘n hel.

by CM

Geloofwaardigheid

Augustus 23, 2016 in Uncategorized

Dit is nie bekend wat elders ‘n wonderwerk is nie. Hier is dit ‘n vriendelike gesig.

by CM

Aangebore wysheid

Augustus 21, 2016 in Uncategorized

My brak weet nie van sonde nie. Alles is ‘n plesier.

by CM

Ou laai

Augustus 20, 2016 in Uncategorized

Woorde word al vir eeue gebruik om mense se verstand te verstop.

by CM

Opvoedkundige verleentheid

Augustus 19, 2016 in Uncategorized

Die oordonderende pretensie van goedheid word nie gestaaf deur die versies of die feite nie.

by CM

Ouverture tot Die Jammerklagte

Augustus 14, 2016 in Uncategorized

Daar is ‘n menigte wat redeloos oortuig is dat hulle geroepe is om onkundig te bly.

by CM

Spieëls en raaisels

Augustus 13, 2016 in Uncategorized

Daar kan glo nog nie redes verstrek word waarom so baie al so lank so ontevrede is nie.

by CM

Verspotte niks

Augustus 11, 2016 in Uncategorized

Met ‘n dodelike simpelheid is en word ons deur “ons mense” geleer om te weier om te weet van lewe.