Jy blaai in die argief vir 2014 Februarie.

by CM

Voorspelbaar

Februarie 28, 2014 in Uncategorized

As ‘n klip in ‘n hoenderhok gegooi word,  word daar gewoonlik net hoendergeluide gehoor.

Hulle hou nie daarvan om gesteur te word nie.

by CM

Voordeel van twyfel?

Februarie 26, 2014 in Uncategorized

Dit is moeilik om te bepaal of iemand nie begryp wat hy lees nie,  en of hy voorgee dat hy nie begryp wat hy lees nie.

by CM

Gewaande magtiging

Februarie 24, 2014 in Uncategorized

‘n Bietjie gewaande kennis en baie gewaande geloof is glo voldoende om onbeskoftheid te regverdig.

by CM

Onverantwoordelik

Februarie 23, 2014 in Uncategorized

Die menigte wat glo hulle is reg,  het nog nooit die lewe ‘n aangename plek gemaak nie.

by CM

Aanvaarde gebrek

Februarie 14, 2014 in Uncategorized

Iemand wat nie weet hoe om te bepaal wat waar is nie,  kan nooit weet of hy lieg of belieg word nie.

by CM

Ongelooflike feit

Februarie 12, 2014 in Uncategorized

Daar word reeds vir eeue geskarrel om te keer dat die waarheid geglo word.

by CM

Skepping

Februarie 10, 2014 in Uncategorized

‘n  Enorme allesoorheersende struktuur van illusies,  gebou met boustene uit woorde gemaak,  deur siele wat nooit bestaan het nie.

Ewe beskeie ontken die mens enige aandadigheid aan die maaksel.

Die natuur aanvaar ook nie aanspreeklikheid nie.

by CM

Begogeling

Februarie 6, 2014 in Uncategorized

As joernaliste ook as evangeliste optree,  is dit bra moeilik om tussen feite en hallusinasies  te onderskei.

by CM

Samespanning

Februarie 5, 2014 in Uncategorized

As mense ooreenstem oor sake waarvan hulle nie uit eie ervaring weet nie,  kan jy maar weet:  Hulle lieg – of droom.

by CM

Slakkegang

Februarie 4, 2014 in Uncategorized

Die ontwikkeling van woorde soos “rasioneel” en “logies” is ‘n aanduiding dat die mensdom sy brandstapel-mentaliteit ontgroei.