Twyfelagtig
Desember 31, 2013 in Uncategorized
Met so min wat bewese feite glo, is daar maar baie bedenkinge oor ander se uitlatings.
Desember 31, 2013 in Uncategorized
Met so min wat bewese feite glo, is daar maar baie bedenkinge oor ander se uitlatings.
Desember 30, 2013 in Uncategorized
Met kennis van feite algemeen beskikbaar, raak dit lastig vir enigiemand om met waardigheid hom onkundig te hou.
Desember 28, 2013 in Uncategorized
Al wat die mens homself nog kon wysmaak, is dat alles wat mooi en goed is, op die dood gerig is.
Om te lewe is vir niemand ‘n einddoel nie.
Desember 26, 2013 in Uncategorized
Met woorde word daar gepoog om die werklikheid te beskryf;
en illusies geskep.
Desember 25, 2013 in Uncategorized
Om die lewe te verken met woorde is ‘n spel met vele beperkings, tensy jy alleen speel.
Desember 24, 2013 in Uncategorized
In ordentlike kringe word dit stil gehou, maar die waarheid is lank reeds nie meer strafbaar nie.
Dit bly egter ‘n skande om nie te huigel nie, want – moenie dit oorvertel nie – die waarheid is mos ‘n sonde.
Dit is ongelooflik, maar eerlikheid bly ‘n bedreiging.
Desember 21, 2013 in Uncategorized
Met net die ontevredenes wat preek, en luister, is die lewe ‘n onaangename besigheid.
Desember 20, 2013 in Uncategorized
Alleman is tog so verontwaardig as ander vir hom lieg, maar hy doen dit aan homself met oorgawe.
Desember 17, 2013 in Uncategorized
Almal wat strewe na die die vryheid om hul oortuigings uit te leef, is tog so gretig om aan almal voor te skryf hoe hulle moet lewe.
Desember 16, 2013 in Uncategorized
Die natuur se manier van dinge doen, is in menstaal bedrieglik.
Jy dink nog dis lekker, dan ly jy.
CM