Welkom by LitNet se blokraaisels.
Agtergrond
As jy nuuskierig is oor wie die skepper en onderhouer van hierdie blog is, kan jy my reis met blokraaisels lees. Intussen het ek ‘n proefleser met ‘n fyn en skerp oog gevind wat saam met my werk – Marianne Strydom – wat ons nou ontval het en ons neem met hartseer afskeid van haar (4 Mei 2022). Verder was Izak de Vries ons fundi wat dit op LitNet se webtuiste en weeklikse nuusbrief gelaai het. Saam het ons ‘n heerlike spanwerkpoging gehad.
Teikengroepe
- Onderwysers en leerders betrokke by Gr. 10-12 se skoolvakke geniet hoƫ prioriteit.
- Aandag is ook gegee aan Gr. 7-9 se skoolvakke.
- Ons gebruik die KABV (VOO) se beleidsdokumente as basiese tekste vir inligting en woordeskat vir die skoolvakke.
- Al die blokkiesraaisels is alfabeties georden.
Digitale hulpbronne vir leidrade
- PharosAanlyn – dit sluit Pansegrouw se blokkiesraaiselwoordeboek in
- WAT-aanlyn
- Blokkiesraaisel-woordeboek vir slimfone
Geniet dit!
Met dank gee ek erkenning aan Izak Furstenburg van Blokaspaai wat my mentor is vir die skep van interaktiewe (digitale) blokkiesraaisels.