Gemorspos!
May 14, 2014 in Geen Kategorie
Sal die regte bloggers asseblief opstaan?
Ek herken julle darem wel tussen die ander ouens, diegene wat ek probeer uitwis. Hoor hoe klap die skote in die rigting van die ouens wat nie hier hoort nie: CAPTCHA, CAPTCHA …
In alle erns, ons verneem 24.com het dinge verander en LitNet se anti-gemorspos-inproppe word bygewerk. Ons hoop alles is binne die volgende paar dae volkome uitgesorteer.
Verskoning hieroor.
Groete, Naomi M
exionperfexi said on May 21, 2014
Baie dankie Naomi – dit lyk of die webwerf weer netjies skoongemaak is met die spammers wat verdwyn het en dat ons nou weer vrylik kommentare kan lewer en epos-kennisgewings ontvang as daar op ons plasings gekommentaar was wat ons moet goedkeur deur die regte modereringskanaal . DANKIE, DANKIE, DANKIE . 🙂
perdebytjie said on May 22, 2014
Dankie Naomi,ons weet jy doen jou bes.Dis ook nie altyd lekker om in die warm stoel te sit nie.