Nasionale Melktertdag: 27 Februarie 2014
February 26, 2014 in Geen Kategorie
Daar’s nou al ‘n gedenkdag vir elke geleentheid. Hoe klink Asemhaaldag as volgende voorstel? Grappies op ‘n stokkie. Nasionale Melktertdag klink eintlik vir my nogal lekker.
Wie het al die Portugese handtertjies raakgeloop, pastéis de nata? 2010 in Portugal het dit my baie sterk aan melktert herinner. Ek het die res van my gesin se vakansieplanne van tyd tot tyd ontwrig deur aan te dring daarop dat ons by obskure kafees aandoen om hulle weergawe van die lekkerny te proe. Elke slag was ek verlig dat, ongeag hoe bedenklik die opset of selfs die tertjie gelyk het, hulle vorentoe gesmaak het. So lyk die pastéis de nata op Wikipedia:

Hier’s iemand wat wys hoe dit gemaak word.
Vir diegene wat nie die Portugees verstaan het nie (um, ek het ook nie), wil julle nie laat wat is jul beste melktertresep nie?
Groete, Naomi M
Godiva said on February 26, 2014
Ek sal ‘n inskrywing doen oor die tradisonele Britse ekwivalent van die handtertjies.
Hier het ons Shrove Tuesday, oftewel Pancake Day. Dit word ook in o.a Nederland as Vastenavond gevier.
rosiemetdorings said on February 26, 2014
Ek sien die laaste ruk hierdie Portugese (melk)tertjies word ook hier verkoop. Kan nou net nie onthou waar ek hulle gesien het nie
tina10 said on February 26, 2014
Dit lyk darem baie lekker
maryna said on March 2, 2014
Dit lyk net soos skilferkorsdeeg, mielieblom, melk, ‘n kaneelstokkie, lemoenskil, ‘n hengse klomp suiker en eiergele. Dit moet baie lekker wees as jy spesiaal daarna gaan soek het.