Ons reis
February 19, 2014 in Geen Kategorie
LitNet-bloggers
Hier is ek weer met iets wat voel soos aflewering nommer twee.
Wag, voor ek daarby kom.
Ons webontwerpers en -instandhouers is besig met grootskaalse werk aan al die blogs wat deur 24.com bedien word. Ek het vanoggend weer ‘n slag met hulle gesels oor die versoek dat die blogs se tuisblad die nuwe inskrywings moet weerspieël en nie alle webwerfwye-aktiwiteit nie. Nou net van hulle gehoor en hulle laat my weet hulle is op soek na nog ‘n inprop (dis nou ‘n plugin) wat kan help dat enige werk wat hulle doen nie tot niet gaan die oomblik as WordPress in die algemeen bygewerk word nie.
LitNet se blogs word gehuisves op ‘n WordPress-platform maar, soos baie van julle wat regtig baie van blogs af weet kan sien, is hier ook ander platforms hierby geïntegreer. Name soos BuddyPress doen die rondte. 24.com is op soek na ‘n oplossing om te keer dat alles verander elke slag as algemene instandhoudingswerk gedoen word. Juis omdat LitNet se blogplatform nie generies is nie. Ek ontvang plegtige beloftes dat hulle sal laat weet wat hulle kan uitrig en so gou moontlik.
Hier is die reis-item wat ek vandag wil deel. Weer so ‘n bedrywige en besige ene, oppas vir oorstimulasie, waarsku ‘n vriendin. En eintlik, op al die reise, is daar maar net voortdurend die reis na binne, of hoe?
Groete, voorspoedige reis vandag, Naomi M
lora2me said on February 19, 2014
Kitsreis, ge-zipte reis, reis in ‘n pakkie, kwantumreis?????
tina10 said on February 19, 2014
Baie dankie vir die terugvoer. Jammer dat ons so aanhou, maar ek weet dat die meeste IT mense nie bloggers is nie en ken nie die siel van ‘n blogger nie. Ek moet erken ek het min insig in die siel van ‘n IT-man (dit moet ‘n man wees) … sug… ek voel soos ‘n slagoffer …
Skeletor said on February 19, 2014
@tina10 Sies, jou seksistiese ou koei! 🙂
tina10 said on February 19, 2014
*bloos* … lekker soek jy skoor! Ou menaar grootbek hoeveel IT vroue ken jy? 🙄 😆
Ek is eintlik diep verontwaardig want niemand noem my ‘n koei en veel erger ‘n OU Koei en kom daarmee weg nie! … eish!
tina10 said on February 19, 2014
Meneer – jammer Naomi
rosiemetdorings said on February 19, 2014
Ek vra om verskoning – ek moan and groan ook oor die gesukkel, maar inderwaarheid het ons net die voordeel van die gerief van die blogs ……..tot dit skeefloop dan is almal diklip
charly hardy said on February 19, 2014
Baie dankie!
tina10 said on February 19, 2014
Baie dankie dit lyk ons is hard en duidelik terug
Tannie Frannie said on February 19, 2014
Dankie vir jou terugvoer – nou voel ons nie so afgeskeep nie 🙂
Twaksak said on February 19, 2014
Baie dankie vir die inligting.
exionperfexi said on February 20, 2014
gedog dis weer ‘n Johnny Walker advertensie 🙂
dankie dat jy dit so kon bewimpel dat die afgeskeurde voorblad weer sigbaar en in een stuk hier verskyn.
dankie dat jy my kommentare hier by jou nie trash met die moderenigsfunksie nie. 🙂