Wat Nelson Mandela agtergelaat het
December 6, 2013 in Geen Kategorie
Die tyd het toe gekom. Ons almal het geweet dit kom. Dit lê vir almal van ons wat hier lees ook voor. Stof tot stof.
Vandag, terwyl ek nog in hierdie lewe is, eer ek die nagedagtenis van Nelson Mandela. Hy is aangehaal om die volgende te gesê het (en ek gee erkenning aan hierdie Facebook-werf waar ek die foto gekry het):
Nelson Mandela het baie verskillende dinge vir baie uiteenlopende mense in hierdie land en wêreldwyd beteken. Hy het vir sekere mense ‘n stereotipe verpersoonlik, vir ander was hy ‘n messias. Vir my is sy grootste nalatenskap dit wat hy agtergelaat het terwyl hy geleef het. Bitterheid.
Vir almal van ons: mag ons bitterheid laat opstyg soos balonne in die lug vandag en sien wegdryf. Bitterheid oor kinderdae, bitterheid oor mense wat weg is, bitterheid oor alles wat ons nie het nie, bitterheid oor mense wat ons nie kan verander het nie, bitterheid oor verlies, bitterheid soos etterende swere. Laat dit wegval.
Hoe swaar dit ook al is om hom te laat gaan, laat ons vandag méér laat gaan, soveel meer. Alles waaraan ons vasklou wat ons terughou en ons in ons eie tronke laat bly.
Vaarwel, Madiba.
Godiva said on December 6, 2013
More Naomi,
gisteraand laat wat reeds na 12 by julle sou wees met die tydsverskil het ek die nuus gesien. Normale uitsending was gestaak op bbc wat nie sommer gebeur nie.
Madiba is en was so geliefd hier en mense stroom reeds hier na sy standbeeld in London met blomme en tribute.
Vir elkeen het hy n eie betekenis gehad en was om verskeie uiteenlopende redes geliefd.
tina10 said on December 6, 2013
Ona is dankbaar vir die grootnalatenskap
PIXIE said on December 6, 2013
Dis baie mooi geskryf.
perdebytjie said on December 6, 2013
Min mense het die wereld so aan die voete gehad soos hy.Hy het respek verdien,want hy het respek gegee.
rosiemetdorings said on January 28, 2014
Lyk my dis dalk al manier om boodskap deurgestuur te kry.
Hier is ‘n spammer wat die forum toegooi met sy advertensies. wat nogal interessant is, is dat die opsie om hom te rapporteer nie gegee word nie??
site Buy Herbal Incense USA
Skeletor said on January 29, 2014
Ek is nou vreeslik jammer om die Mandela post te verfoei, maar kan julle asseblief kyk na die avatars wat nou vir 98% van ons net ‘n wit gesiggie wys?
Asb en dankie!
Godiva said on February 11, 2014
Die ‘Tuis’page is ‘set to RSS view’, kan jy asb vir die IT persoon vra om dit terug te verander na standard view toe? Die bloggers wil graag opdaterings van die nuutste poste sien en nie condensed RSS view nie.
Dan vir die beperkte android weergawe van die site, boodskappe kan ontvang word, maar die ‘send’ in antwoord opsie, werk glad nie. Ek sien dit hardloop nog op die ou ‘Nokia version’ vir foon en tablet gebruikers.
Byvoorbaat dank.