LitNet se blogruimte
October 31, 2013 in Geen Kategorie
Hallo bloggers
Ek het baie reaksie en privaat-e-posse ontvang weens die bloginskrywing wat ek gister geskryf het. Dis vir my duidelik dat die blogruimte vir 99.9% van mense wat hier blog, ‘n lekker plek is. Hier gebeur kreatiewe dinge. Mense se woorde laat mekaar dink of saampraat. Openlike kommunikasie is vir julle belangrik. Julle wil ook graag die funksie behou om vir mekaar privaatboodskappe te stuur. Daar was ook ander voorstelle om die blogervaring by LitNet te verbeter. Ek sal dit alles ondersoek en mettertyd terugvoer gee.
Prakties, vir die handvol mense wat voel dat hier ‘n blogger of twee is wat mekaar slegsê: As hier openlik op LitNet se blogforum lasterlike bloginskrywings plaasvind, sal ek dit baie waardeer as enigiemand wat dit lees, vir my ‘n boodskap sal stuur met ‘n skakel na die betrokke bloginskrywing. Jy kan ‘n boodskap stuur na [email protected]. ‘n Blogger wat ‘n ander blogger op LitNet se blogruimte beledig of laster of wat ‘n ander blogger hier se naam swartsmeer, is nie welkom nie. Daardie blogger en sy of haar bloginskrywings sal permanent verwyder word. As daar ‘n geveg agter die skerms plaasvind wat niemand anders kan sien nie, behalwe julle twee, versoek ek julle asseblief om dit privaat te hanteer. Dink aan ‘n geveg op ‘n speelgrond by ‘n skool vs ‘n geveg buite die skoolgronde. Ons by LitNet kan slegs verantwoordelikheid aanvaar vir materiaal wat op ons blogruimte geplaas word. As daardie materiaal egter lasterlik is, sal die betrokke blogger of bloggers nooit weer by LitNet mag blog nie. Want hierdie blogruimte is soos daardie ou sitcom van jare en jare gelede, “where everybody knows your name (and they’re always glad you came)”.
Klink dit te gemoedelik? Vriende kan mekaar ook soms aanvat. Rusies is normaal. Menseverhoudinge is morsig. Maar voortslepende onaangenaamheid waarby onskuldige partye betrek word wat niks daarmee te doen het nie, gaan nie geduld word nie. Laat my weet wat ek nie raaksien nie, asseblief, sodat ek kan optree.
Dankie vir elke kreatiewe bloginskrywing, vir die uitdagings wat hier voortgaan, vir mense wat met hul woorde na mekaar uitreik en mekaar se lewens verryk.
Groete, Naomi M
monicahaddad said on October 31, 2013
Amen
Net Ek @ cbl1979 said on October 31, 2013
**********!
maryna said on October 31, 2013
Ek is gister ‘n “kinderagtige stuk gemors wat moeilikheid stook” op Litnet blogs genoem omdat ek as vrou, durf opstaan teen teistering:
http://blogs.litnet.co.za/skeletor
Gaan jy iets daaraan doen? Ons is bekende, professionele mense wat baie boeklesings bywoon, en dit is onaanvaarbaar. Ek het die situasie aan die blogger, wat ek van geen kant af ken nie, verduidelik, en hom ‘n rede vir hierdie uitlating gevra, wat hy net gebruik het om my verder te verneder.
Gaan jy iets daaraan doen? @litnet-editor
LitNet-blogadministrateur said on October 31, 2013
@maryna, daardie opmerking lees vir my veralgemenend, hy praat van bloggers wat hulle skuldig maak aan sulke gedrag.
maryna said on October 31, 2013
Nee @litnet-editor, daar word spesifiek na ons verwys, hier
http://blogs.litnet.co.za/exionperfexi/2013/10/29/my-blogbydraes-van-die-afgelope-paar-jaar-stop-soos-n-bok-net-hier/
in reaksie op my inskrywing hier
http://blogs.litnet.co.za/marynam/2013/10/28/rassisme-haat-en-vrees/
Ek vra weer, wat gaan jy daaraan doen?
LitNet-blogadministrateur said on October 31, 2013
Hallo @maryna, ek kan sien @exionperfexi pla jou geweldig baie. Die skermafdruk wat jy in jou bloginskrywing hierby geplaas het, is egter afkomstig uit ‘n ander inskrywing van hom. Dit was nie direk gemik teen jou verhaal nie.
LitNet-blogadministrateur said on October 31, 2013
@maryna en @exionperfexi, ek rig ‘n spesiale versoek, asseblief. Sal julle asseblief nie verder op LitNet se blogforum rusie maak nie? Ek rig trouens ‘n waarskuwing dat as hierdie voortduur, julle verwyder kan word omdat julle ons ruimte onsmaaklik maak. Die volledige ruimte wat LitNet is, verdien my aandag. Ek moet my afvra waarop ek energie kan spandeer. ‘n Persoonlike rusie is nie iets wat ek kan oplos nie. Net julle twee kan dit oplos. En soms, as iets nie opgelos kan word nie, kan mense kies om dit te laat vaar. So eenvoudig soos dit. Stap weg van mekaar af. Baie dankie, groete, Naomi M
exionperfexi said on October 31, 2013
if not, why not ?
maryna said on October 31, 2013
@litnet-editor Ek voldoen met die grootste vrymoedigheid aan jou versoek. Dit is al wat ek wil hê: om in vrede hier te kan blog, sonder enige onaangenaamheid. Hy sal dit net moet aanvaar en die wrok wat hy teen my koester omdat ek hom op my blog geblok het, moet laat vaar. Ek hoop regtig dit is nou die einde van die probleem. Baie dankie vir jou hulp, moeite en geduld. Ek dink dit is ‘n puik oplossing! Die persoon wat weer oortree, behoort direk en finaal van hierdie blogruimte verwyder te word.
exionperfexi said on October 31, 2013
HAT 1979 : las’ ter s.nw. Eerskennis, onware kwaadsprekery; belediging van iemand sonder om bewys van die waarheid te lewer en teen beterwete in . ww. Beledig, hoon / iemand se eer, goeie naam skend; in stryd met die waarheid kwaadspreek.
Baie dankie Naomi vir hierdie pragtige en effektiewe inisiatief . Dankie dat ons bloggers met jou via jou e-pos kan gesels sou sulke ongeruimthede weer hier opduik.
Ek vertrou en wil graag glo dat jou INBOX nie te gou sal volraak met sulke aanmeldings nie .
Ons kan waarskynlik ook haatspraak by die rede vir aanmelding en skorsing voeg ?
Sal die oortreder, voor finale blokkering om ooit weer op litnetblogs as blogger plasings te doen, darem ‘n waarskuwing en duidelike verduideliking ontvang, voordat die elektroniese stoel waarin hy/sy sitgemaak gaan word geaktiveer word ? 🙂
Ek wil net graag hier ook voorstel dat die funksie, wat ‘n ontvanger van ‘n kommentaar in staat stel om sulke kommentaar te redigeer in ‘n modereringsproses soos dit tans die geval is, uitgeprogrammeer word in hierdie WordPress program . Heel ander woorde en bedoelings kan so’ in enige kommentator se mond gele^ word , met vanselfsprekende katastrofiese gevolge !
Ai, dit voel nou so lekker om te weet dat ons die LitNetBlogWebWerf uiteindelik so sal kan gebruik om maar net ons heerlike kreatiwiteit hier te mag uitleef .
Mwah ! 🙂
LitNet-blogadministrateur said on October 31, 2013
@exionperfexi, ek sal vir die een wat aangekla word van laster laat weet wat die omstandighede is. Ek is bevrees ek kan nie iets aan die modereringsfunksie doen nie. As iemand vrees dat sy of haar woorde deur ‘n ander blogger modereer of omvorm gaan word, moet dan liefs nie daar kommentaar lewer nie. Groete!
tina10 said on October 31, 2013
Baie dankie! Nou wag ons net vir jou om ‘n diep letterkundige blog te skryf vir die uitdaging … (as jy nie weet nie – dis HOUT die week) Of jy kan ‘n resensie skryf van @lora2me se pragtige skrywe!
LitNet-blogadministrateur said on October 31, 2013
@tina10, ek sal die uitdaging aanvaar. Maar ons trek die naweek (nie ver nie en beslis nie na ‘n ander dorp of werk nie :). So hoe klink dit as ek volgende week inspring en dit waag? Groete!
Net Ek @ cbl1979 said on October 31, 2013
Dit sal baie lekker wees as jy ook kan deelneem @litnet-editor!
Ek sien uit daarna.
🙂
tina10 said on October 31, 2013
Ooooo moenie praat van trek nie Dit lê vir my ook voor aan die einde van November of Desember. Geen haas nie. Die tema verander net elke Maandag maar dis nooit te laat vir agterna-inskrywings nie. Jy mag enigiets doen (oooo neee jy is mos die letterkundige – 😆 – ek spot sommer)
LitNet-blogadministrateur said on November 4, 2013
O gaats, @tina10, nou het ek my tot ‘n ding verbind. Wat is dié week se opdrag? Groete, NM
tina10 said on November 4, 2013
Ek kan my voorstel hoe jou nuwe blyplek nou lyk! Baie sterkte al die uitpak.
Onthou jy mag nog van die vorige temas doen. Die week se tema: http://blogs.litnet.co.za/tina/2013/11/04/uitdaging-9-tekstuur-cbl1979/ Geniet dit.
LitNet-blogadministrateur said on November 8, 2013
@tina10, ek het nie vergeet nie, maar gee my asseblief nog bietjie grasie? Ek sal so gou moontlik deelneem aan die bloggesprek. Groete!
lora2me said on October 31, 2013
Dis goed dat die bloggers nou weer rustiger kan wees. Die forum moet steeds vry bly – dis die belangrikste.
perdebytjie said on October 31, 2013
Naomi ek sien net dat verskeie bloggers kla oor die funksie waar jy kliek op foto’s om dit te vergroot.My rekenaar word so dof en hang dan heeltemal op.Klarissabet en Danie Coetsee het dieselfde probleem.Doen ons iets verkeerd?
LitNet-blogadministrateur said on November 4, 2013
@perdebytjie, ek sal so gou moontlik kyk wat ek kan doen, groete, Naomi M