LitNet se leserspeiling
July 19, 2013 in Geen Kategorie
As iemand ‘n miljoen rand op Who wants to be a millionaire? wil wen, kan hy ‘n vriend om hulp nader. As die kulkunstenaar nodig het dat ‘n kind uit die gehoor op die verhoog by hom kom staan sodat hy al die res van die skare se oë kan verblind deur hul aandag af te trek van waarmee hy eintlik besig is, vra hy ‘n vrywillige maatjie om sy hand op te steek. Ek sien op Facebook daar’s deesdae skrywers wat verskillende voorbeelde van boekomslae vir hul vriende vertoon en vir sy Facebookvrinne vra van watter een hou hulle die meeste. Ons almal het inligting van mekaar nodig.
LitNet se leserspeiling neem drie minute om te voltooi, ek het dit uitgewerk. Asseblief vertel vir ons wie julle is? Inligting word vertroulik hanteer. En terloops, anonieme blogger, jy hoef glad nie jou naam in te vul nie.
Hier is die skakel na die leserspeiling: Klik hier vir LitNet se leserspeiling.
Baie dankie, rustige naweek vir almal toegewens, Naomi M
Lewies Mymer said on July 22, 2013
Hi Naomi, ek kan glad nie fotos oplaai nie, ek volg die regte prosedure, maar dit werk nie. Die fotos wat in die verlede op my album geplaas het het ook verdwyn. Kan jy asb help.
LitNet-blogadministrateur said on July 26, 2013
@lewies, het jy reggekom met die plaas van foto’s? Ek het agter die skerms die funksie getoets en dit werk in die toetsboodskap. Laat asseblief weet of jy nog sukkel. Groete, Naomi M
Ou Orcas said on August 29, 2013
Tot wanneer kan ons die peiling voltooi
LitNet-blogadministrateur said on August 29, 2013
@orcas, jy kan gerus nog die leserspeiling voltooi – ons verwerk nog die resultate. Groete!
Soul Things said on August 30, 2013
@Litnet-blogadministrateur
Ek het ‘n vraag die tellertjie wat onder aan die skerm is ek neem aan dit vir die totale Litnet blog en nie vir elke persoon se individuele blad nie?
LitNet-blogadministrateur said on September 5, 2013
@retha73, die sogenaamde “hits” op die blogadministrateur se blad weerspieël al die blogverkeer en die unieke gebruikers is slegs van toepassing op die blogadministrateur se blad. Jou blogteller gaan die statistieke op dieselfde manier weerspieël. Die hoeveelheid verkeer vs die unieke besoekers – maak dit sin? Groete, Naomi M