As jy nie kan blog nie, stuur vir my ‘n e-pos
May 27, 2013 in Geen Kategorie
Soos ek ‘n ruk gelede laat weet het, het ek ter harte geneem hier is ‘n lastige situasie wat hom op die LitNet-blogs voordoen: hier’s spammers wat suksesvol registreer – en terselfdertyd legitieme bloggers wat dit nie kan regkry om te blog nie omdat die sisteem julle pad versper.
Hier’s my plan:
a) Ek verwyder die spammers. Daar’s reeds minder van hulle, hoop ek kan julle sien.
b) Ek moet vasstel hoeveel bloggers wat vantevore suksesvol geblog het, sukkel om nou te kan blog. Wil almal wat hiermee sukkel, nie asseblief vir my ‘n private e-pos stuur na my LitNet-adres sodat ek elke individuele blogger se saak afsonderlik kan uitsorteer nie? My adres is: [email protected]
Groete, Naomi M
Zeppie - @zephur said on May 27, 2013
Reg het epos aangestuur vir die paar wat ek van weet
LitNet-blogadministrateur said on May 28, 2013
Dankie @zephur, ek het nog net van @klarisabet gehoor en gee aandag aan haar probleem … NM
Zeppie - @zephur said on June 11, 2013
@litnet-editor
Naomi is daar al nuus of ‘n oplossing vir die probleem
LitNet-blogadministrateur said on June 11, 2013
@zephur, die vreemde ding is dat ek van niemand anders tot dusver gehoor het wat sukkel nie. Een ander blogger het agter die skerms met my geskakel, maar toe ek na sy blog gaan kyk het, het dit gewerk. Hy het ook ondertussen laat weet als werk weer en hy kan maklik blog. Wie sukkel nog met hulle blogs? Ek het nog niks gehoor toe ek navrae gerig het nie, maar gee aandag aan elke individuele navraag. Groete!
ilsesalzwedel said on May 28, 2013
Hi Naomi
Ek het baie lanklaas geblog, en toe ek ‘n paar weer gelede wel weer wou, kon ek nie my blog opspoor nie. Vanaand vir iets anders gesoek, en voila! Daar’s dit toe al die tyd nog. Ek wil graag weer gereeld blog. Maar nou wys dit “geen aktiwiteit”, hoewel ek die blog kan lees. Hoe gemaak?
Asseblief en dankie!
Groete,
ilse
LitNet-blogadministrateur said on May 29, 2013
@ilsesalzwedel, ek het jou blog getoets. Jy sal ‘n nuwe inskrywing kan maak deur jou blog te besoek: http://blogs.litnet.co.za/members/ilsesalzwedel/ en bo in die swart nutsbalk op die woord +Nuut te klik. Klik dan op “inskrywing”, wat die heel eerste woord is wat op die kieslys onder “+Nuut” oopvou. Jy is nou gereed om ‘n nuwe bloginskrywing by jou blog te voeg. Gaan kyk gou of dit werk en laat my weet? Groete, hoop om gou ‘n nuwe inskrywing van jou te lees! Naomi M
ilsesalzwedel said on May 28, 2013
Hier is die link na my blog, maar ek kan hom glad nie hiervandaan sien nie: http://blogs.litnet.co.za/ilsesalzwedel/2011/08/16/my-nuwe-boek-bloedsusters-wat-met-n-waarskuwing-kom-nogal/#comments
LitNet-blogadministrateur said on May 29, 2013
@ilsesalzwedel, sien my antwoord by jou vorige navraag – laat weet as jy sukkel, groete, NM
Eugene Mulder said on May 31, 2013
31 Mei 1961 Republiek dag.
Vandag 52 jaar gelede.
Wie herdenk vandag nog?
Lewies Mymer said on June 3, 2013
Hi Naomi, ek het ‘n inskrywing geplaas, In ‘n Staat van Emeritaat, dit verskyn nie, maar in die balkie van my voorlaaste inskrywing verskyn die titel In ‘n staat….Ek kan ook nog steeds nie fotos plaas nie. help asb!
LitNet-blogadministrateur said on June 4, 2013
Hallo @pasella, ek het na jou bloginskrywing gaan kyk om te sien wat jy bedoel, maar sien nêrens die titel “in ‘n staat …” nie. Het jy die gewone roete gevolg: nuwe inskrywing > publiseer? Kyk gou eers of jy daarmee regkom. Om foto’s te plaas, moet jy boaan die blok waar jy jou bloginskrywing doen, klik op “upload/insert”. Laat my weet of jy sukses behaal, asseblief. Groete, Naomi M