Pespos, rookskerms en net ‘n nommer sonder ‘n huis
May 17, 2013 in Geen Kategorie
Gister by ‘n geleentheid as voorloper tot die Franschhoek Literêre Fees het Chanette Paul gesê: moenie dialoog skryf soos wat mense regtig praat nie. Alledaagse gesprek oor alledaagse dinge is vervelig. Maar luister gesprekke af en skryf HOE hulle praat. Die geheim is dit moet gemaklik klink, met die regte klank. Maar die woorde wat die karakters gebruik, moet funksioneel wees.
Wyse woorde. Maar ek’s bevrees hierdie bloginskrywing is maar bra vervelig. Dis ‘n afkondiging en die emosie daaragter is moedeloosheid.
Die blogruimte word oorval met pespos. Ek vermoed julle sukkel ook daarmee as ek so baie pespos in my kommentaarblokkie ontvang.
‘n Ander groot irritasie waarvan ek nou bewus geraak het vandat ‘n blogger my hierop gewys het, is al die rookskerms van “bloggers” wat eintlik net wil adverteer. Ek kap uit vir al wat ek werd is, maar die goed skiet op soos paddastoele in ‘n klam tuin.
En nog ‘n ding: ‘n ander blogger skryf vir my sommige van julle sukkel met adresse wat uit die bloute nie vir julle toegang wil gee tot jul blogruimtes nie. Ek het ‘n mede-blog-administrateur by ‘n ander ruimte vir raad gevra. Ek hoop sy antwoord gou en dan kan ek iets hieraan doen.
Kern van die saak: die klagtes bereik my ore en ek probeer die probleme oplos soos wat hulle opduik. Laat weet my waarmee julle sukkel en ek kyk wat ek kan doen.
Of stuur vir my ‘n e-pos op die blogruimte.
Groete, lekker naweek!
Naomi M
tina10 said on May 17, 2013
Vandat ek my eksimet(sp?) gestel het en ek nie meer hoef te modereer nie, was daar nog nie ‘n enkele pespos nie.
Ek weet net dat Bruggie @benvanbruggen glad nie meer op sy blog kan kom of kommentaar kan lewer nie
exionperfexi said on May 17, 2013
Gelukkig word die pespossers beperk tot die Aktiviteitsblad , maar dankie dat jy ons werf help skoonhou, Naomi 🙂
Zeppie - @zephur said on May 18, 2013
Aksie Aktiveer Akismet
http://blogs.litnet.co.za/zephur/2013/05/17/akismet-en-pespos/
http://blogs.litnet.co.za/blog/2012/11/05/akismet-wat-op-aarde-hoe-om-pespos-stop-te-sit/
Antoinette said on June 3, 2013
Man ek like hierdie blog! Ek’s ook nie een vir die paddastoele wat opspring nadat mens alles probeer het nie. Het seker maar nog baie om te leer.