Vryheid van spraak
April 29, 2013 in Geen Kategorie
Die wetsontwerp op beskerming van inligting is verlede week aanvaar. Dit voel al bietjie soos ou nuus, so baie is al hieroor gepraat. Maar toe kry ek ‘n kennisgewing van PEN Afrikaans wat my aandag daarop vestig: dis Internasionale Persvryheiddag op die 3de Mei.
Elke oggend ry ek by die koerantopskrifte op die straatligte verby op pad werk toe. “Cop deur gang gejaag”, byvoorbeeld. (Onthou om die woord “gang” in Engels uit te spreek. Die polisieman is nie in ‘n huis deur ‘n gang gejaag sover die lesers weet nie.) Naweke kyk ek na koerante, soos die res van die land, as dit rustiger is en mens meer tyd het om te lees. En soms voel ek so teleurgesteld met die sensasionele aanbiedinge. Mens kry lekker stories in sommige van hierdie koerante, maar alles lyk nou al na sensasie. Wie’s nou lus om die verslaggewing ernstig op te neem as dit heeltyd lyk na agterbladmeisies met sterretjies op strategiese plekke en onderskrifte daarby? En tussendeur wissel my oudste kind tande en besef ek hy word groot in ‘n wêreld waar alles so vinnig verander dat hy dalk self nooit gaan lus voel om ‘n koerant op papier te lees nie, maar dalk eerder op ‘n klein skermpie waar hy nuusstories kan rondskuif soos dit hom pas.
Ek probeer sê: die nuus klink deesdae anders. Lesers van die Son en van Rapport sal die koerante herken in die paragraaf wat ek hierbo geskryf het. Die taal van die nuus klink anders. Die verpakking van die nuus lyk anders. Ons kan lag of ons koppe skud of kwaad word daaroor. Maar dis soos dit nou lyk, as ons die koerante koop.
Maar dan is daar ook YouTube, waar die nuuskanale hulle beeldmateriaal kry as ‘n tsoenami toeslaan of ‘n bom ontplof. En die dag toe daar plaaswerkerbetogings in Stellenbosch was, het ons by die kantoor gesit en Facebook dophou om te sien wat aan die gang is. Oscar Pistorius in die hof? As jy nie die tweets lees nie, was jy uit.
En hier sit ons almal en blog. Selfs ‘n grappie wat jy deel, of ‘n kommer wat jy uitspreek of ‘n verhaal van verlange as ‘n bekende emigreer … dis alles deel van hierdie gemeenskap se nuus. En niemand mag ons stories stilmaak nie.
Toe dink ek: dalk is die wetsontwerp op beskerming van inligting nooit ou nuus nie.
Dis elke dag se nuus. Ons almal skryf die nuus. Wat’s jou nuus vandag?
blikskottel said on April 29, 2013
Al wat ek weet is dit: Hulle sal my nie verhoed om eerlik te wees met enige wetgewing nie. Hulle kan loop skyt.
frik van eeden said on April 29, 2013
@litnet-editor
Ek stem saam met Blikskottel hierbo.
Wat koerantsensasie betref – dis OK om jou voorblad op te dollie om kopers te trek – net menslik. Maar ‘n paar weke gelede se Rapportvoorblad wat geskreeu het “OSCAR IN ITALIë” is ‘n ander saak. Dit het my mislei om vinniger as gewoonlik Spar-toe te jaag om ‘n Rapport te koop – net om toe daarin die flouste van flou artikeltjie oor Oscar se “belange” in Italië te lees.
Dit het my soos ‘n groot “sucker” laat voel en ek het besluit om NOOIT weer ‘n Rapport te koop nie. OK een lesertjie minder pla hulle seker nie – maar ek voel beter!
exionperfexi said on April 29, 2013
jou skrywe laat my dink aan die lirieke van die 1983 lied van Ann Murry , met die versugting dat Goeie Nuus tog net een dag ons voorland mag wees …
A Little Good News
I rolled out this morning
Kids had the mornin’ news show on
Bryant Gumbel was talkin’ ’bout the fighting in Lebanon
Some senator was squawkin’ ’bout the bad economy
It’s gonna get worse you see, we need a change in policy
There’s a local paper rolled up in a rubber band
One more sad story’s one more than I can stand
Just once how I’d like to see the headline say
“Not much to print today, can’t find nothin’ bad to say”, because
Nobody robbed a liquor store on the lower part of town
Nobody OD’ed, nobody burned a single buildin’ down
Nobody fired a shot in anger, nobody had to die in vain
We sure could use a little good news today
I’ll come home this evenin’
I’ll bet that the news will be the same
Somebody takes a hostage, somebody steals a plane
How I wanna hear the anchor man talk about a county fair
And how we cleaned up the air, how everybody learned to care
Whoa, tell me
Nobody was assassinated in the whole Third World today
And in the streets of Ireland, all the children had to do was play
And everybody loves everybody in the good old USA
We sure could use a little good news today
Nobody robbed a liquor store on the lower part of town
Nobody OD’ed, nobody burned a single buildin’ down
Nobody fired a shot in anger, nobody had to die in vain
We sure could use a little good news today
( in ons drome …)
Maar ja, die vryheid van spraak sal seker nou redelik gou saam ander grondwetlike vryhede verdwyn in die sosiokummunisme wat hier op ons wag ?
berwick said on April 29, 2013
Hoe lyk die verpakking van die nuus anders?
LitNet-blogadministrateur said on May 7, 2013
@berwick, goeie vraag! Seker maar net ander publikasieplatforms. Of vroeër dalk ‘n meer snobistiese gevoel oor nuus en nuuswaardigheid. Vroeër, is my beskouing, het dit dalk meer gehandel oor harde nuus en sake as oor mense. Maar dalk is ek verkeerd. Ek sal my huiswerk oor poniekoerante moet doen!
monicahaddad said on May 8, 2013
Koewee is jy nog daar? Wil jy nie seblief al hierdie gemorspos afhaal nie? Dit irreteer die wille waks uit my uit.
LitNet-blogadministrateur said on May 13, 2013
@monicahaddad, ek soek die gemorspos waarvan jy praat om dit te verwyder, maar ek kyk dit mis. Help ‘n bietjie daar, asseblief? Groete, Naomi M
monicahaddad said on May 13, 2013
Ok kom ons noem dit advertensies Garagedoor maintenance, pvcu Fascia cover system etc kyk op bl 3 veral
lora2me said on May 10, 2013
Nuus is, vir my, meer sensasiegedrewe en die lesers kry minder werklike pitkos en inligting as in die verlede. Ek moet erken, ek mis nie die indoktrinerende brokkies waarmee ons vroeër gevoer is nie, maar nuus was minder “ponie” en “geel” as vandag. Ek dink ook daar is deesdae ‘n groot groep jong joernaliste wat miskien nie grootgeword het met ‘n etiese pligsbesef en ‘n werklike idee van wat ware vryheid van spraak beteken nie en hoe kosbaar dit in hul hande is nie. Dis asof alle artikels nie so mooi deurdag en gestruktureerd is soos voorheen nie. Dalk is dit net my middeljarige verbeelding. Gelukkig sal geen wet my brein kan verhoed om te dink wat ek wil dink nie en soms, te skryf wat ek dink nie.