Hartie’s Haven sê dankie …
January 30, 2013 in Geen Kategorie
Anderdag kry ek ‘n e-pos van Hartie’s Haven in verband met die boeke wat julle aan die kinders daar geskenk het. Die e-pos was in woorde en daar was geen prentjies by nie, maar die atmosfeer van wat daar gestaan het, was iets soos hierdie kaartjie s’n:
Dankie vir die boeke. Julle het dit geskenk aan ‘n plek waar kinders beskerm word. Sommige van hulle teen hulle ouers.
Groete, Naomi M
Zeppie - @zephur said on January 30, 2013
Naomi baie dankie vir die boeke…hul gaan lekker lees ja
Ek dink ons Litnet Blogs moet meer sulke liefdadigheid goedjies aanpak…al hoe klein dit ook mag wees….dit maak ‘n verskil
Ons is mos ‘n klein gemeentskap hier saam, en kan nogal iets doen as ons dit saam doen
LitNet-blogadministrateur said on January 30, 2013
As jy aan iets dink, @zephur – of is jy @zephyr (eendag gaan ek nog onthou) – spreek die woord en dan gesels ons daaroor. Betrokkenheid is goed, die lewe is kort.
tina10 said on January 30, 2013
@zephur Ja dit sal lekker wees.
flapoor said on February 2, 2013
Ja ek sal ook deelneem. Dis altyd lekker om te kan gee.
Net Ek @ cbl1979 said on January 30, 2013
Baie dankie vir die boeke Naomi!
Ek is seker daar hardloop klein boekwurmpies daar rond wat dit vreeslik baie waardeer! En vir my is dit belangrik dat ALLE kinders lees!