Die dood van die CAPTCHA (TOOTROM)
January 30, 2013 in Geen Kategorie
Die massa het gepraat en LitNet het geluister. Gistermiddag is die CAPTCHA-kode amptelik vermoor. Net om almal gerus te stel: dit was ‘n bloedlose dood en baie vinnig ook. Ek dink nie eens CAPTCHA het besef wat aangaan nie.
Ook maar goed so. As hy uitgevind het hoe ongewild hy hier op die LitNet-blogruimte begin raak het, het hy dalk sy eie lewe geneem.
Ek sien Wikipedia sit die akroniem van die CAPTCHA-kode so mooi uiteen dat mens sommer dadelik verstaan waarom dit daar is. Ekskuus, was.
“Completely Automated Public Turing test to tell Computers and Humans Apart”
Gister lees ek ‘n webseminaarbydrae op LitNet en al die Afrikaanse rekenaarterme (hutsetiket! hetiket!) gee my toe hond se gedagtes.
By die dood van die CAPTCHA, laat ons hulde bring aan die TOOTROM: “Totaal Outomatiese Openbare Turingtoets om Rekenaars te Onderskei van Mense”.
Totsiens, TOOTROM. Rus in vrede.
Naomi M
Naskrif:
Wie het lus om die kode te tik? Toemaar, net ‘n grappie.
Petronell said on January 30, 2013
Hiep hiep!!
Latino said on January 30, 2013
Baie, baie dankie!
klarisabet said on January 30, 2013
Welgedaan. Nou kan ons iets nuuts kry om oor te neul. Dalk ‘n moontlike vloed gemorsposte wat bo-oor die oorle’ captcha se karkas gaan stormloop… (*flou grappie*)
LitNet-blogadministrateur said on January 30, 2013
🙂
Zeppie - @zephur said on January 30, 2013
Nou moet Akismet net sy werk doen
Nou gaan paar nog vra….ag hel wie is Akismet
Klink soos ‘n suicide bomber…hahahaha
LitNet-blogadministrateur said on January 30, 2013
Ouch … Ag herinner my net gou weer wat moet Akismet doen? Moet hy die hout gaan kap vir die kaggelvuur? Moet hy ‘n aartappelgereg in die oond gooi? Ek het bietjie vergeet wie is Akismet, maar vir my klink hy nogal gespierd en aantreklik.
Zeppie - @zephur said on February 4, 2013
Akismet is die ou met die krieket kolf wat die spammers oor die kop neuk
exionperfexi said on January 30, 2013
Hurhah !
Most litnetwordpressbloggers that spam and trash other bloggers’ commentaries without any apparent reason are computerized humanoids without emotional intellect anyway … and the CAPTCHA did not keep them away from this site .
Wanneer skrap litnet die wordpress modereerfunksie, sodat ons weer die funksie terugkry om ons eie kommentare agterna te kan redigeer en spelfoute daarin te kan herstel, en wanneer sal ons weer instaat wees om ander se onwelkome kommentare te skrap eers NADAT dit outomaties geplaas is ? ? ?
tina10 said on January 30, 2013
Baie dankie!
rosiemetdorings said on January 30, 2013
Snaaks dit het my nou nie so gepla nie, maar nogtans dankie.
gidivet said on January 30, 2013
Die blognasie is dankbaar.
Rina Willemse said on January 30, 2013
Whooohooo!!! Dankie dankie dankie! 🙂
perdebytjie said on January 31, 2013
Hiep!hiep!van ‘n amper blinde anti-captcha antie!
Soul Things said on February 5, 2013
As ek mag vra hoe kan ek sien hoeveel mense lees my blogs? Dit was nogal altyd interresant gewees om dit te kon weet.
Joanna se Blokkie said on February 6, 2013
Hei, dis nou lekke!