Die olifant in die blogruimte?
January 11, 2013 in Geen Kategorie
Ek wonder of daar ‘n Afrikaanse manier is om te vra: “Is daar ‘n olifant in die kamer?”
Sedert LitNet se blogs na WordPress geskuif het, lyk dit vir my of dit meestal goed gaan. Maar sal julle vir my en die res van die LitNet-redaksie in kennis stel as daar groot olifante in die kamer is, of as klein jakkalsies die wingerd verniel? Vra gerus as daar iets is wat pla, maar probeer onthou om my aandag op navraag te vestig deur my by die gesprek te betrek (my te “tag”) met die volgende frase “@litnet-editor”.
‘n Ander ruimte waar julle enige navrae kan rig, is hier: LitNet se blogforum. Hier kan almal saamgesels oor kwessies wat nog op die blogruimte pla. As die navraag spesifiek vir my bedoel is, “tag” my maar weer met die frase “@litnet-editor”, asseblief.
As dit nodig is om ‘n formele klag te lê, stuur asseblief ‘n e-pos na die volgende redaksionele adres: [email protected]
Gaaf, daar is een van die olifante aangespreek, hoop ek. Is hy al weg?
Groete, Naomi M
tina10 said on January 11, 2013
Ek wil sommer huil van vreugde!!!!!!! Die dekselse kode is weg!
*Versigtig* Belowe dis vir altyd?
Baie dankie.
Ons het ondertussen darem die moderering stellings ook onder die knie gekry.
LitNet-blogadministrateur said on January 11, 2013
@tina10, ek is baie bly. Ek het die versoek aan die tegniese mense gerig; hoop dis vir altyd. Laat die hoop nie beskaam nie 🙂
tina10 said on January 11, 2013
@litnet-editor Ek was nou by @maya en @exionperfexi en mos by altwee nog die kode inlees?
ek-myself said on January 11, 2013
Ek wil asb weet hoe maak ek is ek ‘n epos wil ontvang as my vriende ‘n nuwe inskrywing maak?
LitNet-blogadministrateur said on January 11, 2013
@ek-myself, gaan na Instellings en kies discussion (dis in die paneelbord). Hier is verskillende opsies en jy kan kies om in kennis gestel te word as mense kommentaar lewer. Die mees betroubare manier is tog maar as iemand jou naam “tag”, het ek agtergekom …
tina10 said on January 11, 2013
@ek-myself @zephur het my toe jy al op vakansie was verduidelik waar jy die e-pos adres moet inlees. Ek moet net weer gaan kyk om seker te maak anders vra ons hom weer. My sus kry nou gereeld kennis
ek-myself said on January 14, 2013
@tina10
Dankie ek waardeer! Ek wag dan vir jou!
vuurklip said on January 11, 2013
Kry nie meer epos as gunsteling bloggers nuwe inskrywings maak nie, en kan dit ook nie meer aanvra nie.
Ek besoek die blogs dus nie meer nie.
Die fasiliteit behoort by verstek op blogs beskikbaar te wees en net afgeskakel te wees as die blogger dit self afskakel.
LitNet-blogadministrateur said on January 14, 2013
@vuurklip – mag ek vra hoekom jy dit nie meer kan aanvra nie? Die ruimte is nou maar so gebou dat dit nie by verstek beskikbaar is nie. Maar as jy dit aanvra, is dit tot jou beskikking. Groete, NM
vuurklip said on January 14, 2013
Daar is byna nêrens op blogs ‘n kassie waar ek my e-posadres kan intik sodat ek kennis kry as daar ‘n nuwe inskrywing is. Die kassie moet by verstek op alle blogs verskyn.
Op my eie blog kon ek tot op hede nie so ‘n kassie plaas nie.
LitNet-blogadministrateur said on January 17, 2013
@vuurklip, bedoel jy jou naam – soos wat ek pas gebruik het? Ek dink skryf sommer ‘n bloginskrywing daaroor, as niks anders werk nie. Ek sal hoor of die mense van 24.com kan help. Sal laat weet as dit moontlik is om dit te verander. Groete, NM
vuurklip said on January 17, 2013
Ek skryf mos nie Grieks nie? Lees weer wat ek gevra het.
Henry @kompethenry said on January 12, 2013
“@litnet-editor”
My blog is nog steeds in ‘n gemors – die kompethenry moes nooit geskuif gewees het nie, en goed wat onder heul met henry was is verkeerdelik onder kompethenry – het dadelik hierooor gekla, niks verander nie, en ek kry ook nie eers ‘n antwoord nie.
Lyk my ek sal hello-peter moet kontak…
LitNet-blogadministrateur said on January 14, 2013
@henry, wil jy nie maar jou blogs self indeel in verskillende kategorieë nie? Jy sal in die paneelbord moet ingaan om dit te doen. Ek weet dis regtig baie ekstra administratiewe werk, maar ek weet amper nie of die tegniese ouens hiermee sal kan help nie. Verstaan ek reg: het jy twee blogs en dit is nou alles saamgevoeg as een blog?
Henry @kompethenry said on January 21, 2013
@litnet-editor
Basies Ja, amper – daar hoort net ‘n paar goed op die kompethenry blog te gewees het – die goed wat te doen gehad het met die kompetisies – en toe het ek opgehou, en daar was geen beweging meer nie – vir ‘n lang tyd – die simpel kompetisie blog moes agtergeblewe gewees het, hy was dood.
Met die oordrag word hy toe die hoof ding, en die inskrywings op die ander blog was sommer op die kompetisie blog geplaas, op ‘n lukraak manier.
Ek soek net een ding, met my inskrywings in volgorde en die kompetisie goed vergete.
Die tegniese ouens hoort te kan help – dis hulle fout,,,
maryna said on January 12, 2013
Ek het ‘n klein probleempie met iemand gehad wat ek geblok het, en wat die verwerping nie kon aanvaar of verwerk nie, en hom aan kuberteistering skuldig gemaak het, maar dit is nou uitgesorteer, dankie. Sal dit baie waardeer as jy eendag iets skryf oor aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag (kuberteistering), sodat bloggers die soort gedrag kan vermy en in harmonie en vrede saam voort kan blog. Dankie! 🙂
exionperfexi said on January 14, 2013
@litnet-editor
Naomi,
Miskien sal jy hier in die blog-openbaar tog kans sien om my vraag te beantwoord wat ek aan jou gestel het op die persoonlike boodskappe wat jy aan my gerig het , want in daardie persoonlike gesprek is die vraag bloot sonder goeie rede ge-ignoreer tot op hede.
Ek voel tog die antwoord op die vraag is relevant om beter intermenslike begrip op dese blogs aan die hand te werk .
Ek herhaal dit dan graag hier , miskien tog net bietjie beter gestel, met fyn aanpassings in die sinsbou :
“As enige blogger van tyd tot tyd bloot persoonlike kommentaar op sy of haar eie persoonlike blog lewer, en met kruisverwysings punte van gemeenskaplike blogbelang uitlig, veral op sekere ‘opspraakwekkende’ plasings op ander blokkerende bloggers se blogs, sou dit dan as ‘kuberteistering’ geklassifiseer kan word ?”
Dit kom maar, wat my betref , net neer op ‘n praktiese omseiling van die modereerfunksie, in gevalle waar ontoepaslike weerhouding van kommentaar sou plaasvind en die vryheid van blogspraak misken sou word en dit kan kwaadwillige en valse beskuldigings van onregmatige teisering openlik in die reine bring…
LitNet-blogadministrateur said on January 14, 2013
@exionperfexi, ek kan allerlei wetlike definisies van kuberteistering hier uiteensit, maar my instink is dat mens ‘n ander mens onder andere kan teister deur ‘n persoonlike besluit te bevraagteken. Ons almal op hierdie blogruimte kan kies wie ons op ons ruimtes toelaat. Selfs al maak daardie besluit nie volkome objektief sin nie, dink ek, mens moet die houding hê dat wat vir een mens geld, vir almal geld. Elkeen het die vryheid om te reguleer wat op sy of haar persoonlike blog aangaan. Dit staan elkeen vry om diegene toe te laat of weg te wys wat hulle nie daar wil hê nie. As mens die bloggers wat jou by hul blogruimte wegwys aanhoudend vra wat hulle redes is, is dit, wat my betref, amper om te krap waar dit nie jeuk nie. Die verklarende woordeboek sê teister is “onheil veroorsaak”, “pla”, “verniel”. Ek dink ons moet almal mekaar hier op die ruimte respekteer, ook al is daar nie altyd rasionale verklarings vir persoonlike besluite nie.
kopkrapper said on January 14, 2013
@linet-editor
As die pienk olifant se naam beswaddering is en sy botterspore in die gang voor die gestroopte yskas na vars verdagmakery ruik en die klank van sy getrompetter klink asof hy valse getuienis teen sy naaste spreek is die mammoet nog lank nie uit hierdie skynbare amateuragtige laerskool ko(t)shuis weg nie.
~ adios,
onaangemelde exionperfexi.
tina10 said on January 14, 2013
Ek wonder hoe lank gaan dit neem om die kode by ons blogs te laat verwyder. Is daar iets wat mens self kan doen
LitNet-blogadministrateur said on January 17, 2013
Praat jy van die CAPTCHA-kode? Soos ek verstaan, verskyn dit slegs as jy nog nie vantevore op iemand se blog kommentaar gelewer het nie. Dit help om spam/gemorspos teen te werk. WordPress maak seker die een wat kommentaar lewer, is nie ‘n robot nie. Ek sal nie iets hieromtrent kan doen nie, ek het uitgevind. As jy wel by iemand kommentaar gelewer het, gaan jy nie elke slag gevra word om die CAPTCHA-kode te tik nie. Ek word nie gevra om dit telkens weer te doen nie. Hoe ondervind jy dit?
tina10 said on January 21, 2013
@litnet-editor Jou blog is die enigste by wie die CAPTCHA-kode nie ingelees hoef te word nie. Ek het hierbo my vreugde uitgespreek toe ek agterkom mens hoef nie by jou die kode in te lees nie en jy het belowe dat jy vir die tegniese mense sal vra… ons trek al weer amper twee weke later. Dit sal ook gaaf wees as jy @tina10 sal gebruik dat nie elke keer hoef te kom kyk of jy geantwoord het nie.
LitNet-blogadministrateur said on January 24, 2013
@tina10, ek sal weer die versoek rig, ek belowe. Die 24.com-mense hou aan om my te vertel dis tot ons almal se beswil; dit maak seker ons is nie robotte wat sommer net gemorspos op mekaar se blogs plak nie. Dis die gedagtestroom agter die CAPTCHA-kode. Dink jy ons moet hieroor stem en dan, as die meerderheid dit eens is, dan rig ek die versoek demokraties?
kopkrapper said on January 24, 2013
‘seblief ja , skrap daai romp-slomp ~ die onduidelike letters en syfers is soms baie moeilik om weer te gee, ook met die dat die korttermyn geheue weens die knoppiedrukinligtingstegnologiese omgewing waarin ons oud word, daagliks korter word . 🙂
tina10 said on January 24, 2013
@litnet-editor Wat maak dan jou blog beter/anders? Ek kom elke dag op almal se blogs en moet die CAPTCHA-kode tot vervelens toe intik. Ek voel soos ‘n kind vir wie lekkergoed kas toegesluit is. Ek is so gefrustreerd dat selfs my haarwortels pyn.
adage said on January 21, 2013
Al klik ek op blogs.litnet kry ek net ou blogs (en ja ek het die cookies verwyder en dit help ook nie).
Net as ek op iemand wat by my kommentaar gelewer het klik sien ek die persoon se blog, maar nie ander nie.
gidivet said on January 27, 2013
4LSE (hopelik…)
@litnet-editor – Naand Naomi. Die klein olifantjie oftwel groot jakkals hier is die veranderinge wat aangebring is in litnet in vergelyking met die standaard WordPress blogs. Ek het ‘n blog hier en ook op WordPress, en ‘n mens voel hier is dinge meer beperk. Ek het woes gesukkel om my blog meer toeganklik te maak, en ek word vertel die Captcha kode moet nog steeds ingelees word. Toe ons oorgeskuif het Litnet toe wou ek my tema verander, maar daar was net omtrent twee keuses. Ek verstaan dat die maatreels hier is om ons te beskerm, maar sou dit verkies as ons keuses het. Dit is veral moeilik as ‘n mens ‘n selfoon gebruik om kommentaar te lewer, om elke keer die kode te moet inlees.
Hopelik kan daar mettertyd meer vryheid ingewerk word om te maak met die blog soos ‘n mens goeddink, en soos ons WordPress beter begin verstaan.
adage said on January 29, 2013
Wat doen die karweier se advertensie op die blogs?