Wil jy deurlopend sien waar ander bloggers kommentaar gelewer het?
November 15, 2012 in Geen Kategorie
@zephur kry nie ‘n salaris by LitNet nie, maar dalk verdien hy ‘n toekenning van ‘n aard.
Hieronder het ek sy blog heeltemal openlik gesteel. Hy het uiteengesit hoe om ‘n aktiwiteitskakel bo in jou persoonlike nutsbalk in te voeg. Noem dit wat jy wil, dis ‘n ding wat jou neem na ‘n ruimte waar jy al die bloggers se aktiwiteite kan sien ontvou soos wat dit gebeur.
Moenie moed verloor as jy die instruksies lees nie. As ek dit kon doen, kan julle dit almal doen. Maak ‘n volgende oortjie oop en plak LitNet se blogadres daar. Nou kan jy inspring en Zeppie se instruksies stap vir stap volg met hierdie blog langs jou oop.
Siedaar! Jou aktiwiteitsblog is geskep. Nou kan jy sien wie lewer waar kommentaar.
Laat weet of julle regkom.
Baie dankie, Zeppie.
Groete, Naomi M
Hier is Zeppie se blog:
Reg om ontslae te raak van die blog-in-a-bubble effek en om navigasie op die blogs soveel beter te maak, kort ons ‘n Aktiwiteitsblad…
Nou die aktiwiteit funksie is op elkeen se lede-blad op die oomblik. Daar kan jy sien wat die blogger se aktiwiteite was, waar het hy/sy kommentaar gelewer of wat is nuuts gepost. Tog bly dit moeilik om tussen blogs nog te navigeer, en dis sal lank neem om so by elke persoon in te loer.
Reg ons gaan twee goed vandag doen. Eers die aktiwiteitsblad en dan navigasie tabs (links). As julle gaan loer hier op my blog, sal julle die tabs sien wat ek opgestel het…
Blogs Hoofblad / My Lede Blad / My Blog / Aktiewe Lede / Aktiwiteitsblad
……..
Ek vermoed dat die bloggers wat ander temas gebruik as die default ‘BuddyPress Litnet Blog’ miskien anders verstellings gaan kry as wat ek hier onder gaan verduidelik. Wat julle kan doen is gaan eers terug na die default tema, doen die verstellings en kies dan weer die tema wat jy nou op het…
Ok eerste stap…die aktiwiteitsblad
Gaan na jou paneelbord (vir die wat nog nie weet om daarby uit te kom
nie…kliek op ‘My Webwerwe’ bo in die nutsbar (swart bar), dan op jou
blognaam, en paneelbord is daar
ok in die paneelbord, kliek op ‘Blaaie’
kies Skep nuwe
gee hom ‘n titel soos – Aktiwiteitsblad
dan aan regterkant onder ‘Page Attributes’ staan daar ‘Templaat’ (template)
kliek op die dropdown list en kies ‘ BuddyPress – Activity Directory’
dan volgende stap onder ‘Publiseer’ kliek ‘Publiseer’
ok die Aktiwiteitsblad is geskep
Tweede stap…navigasie tabs
in jou paneelbord kliek op ‘Appearance’
dan kies jy ‘Kieslys’
by ‘Menu Name’ tik in ‘n naam – noem dit ‘Blog Menu’
kliek dan ‘Create Menu’
nou is die menu gemaak en items moet bygevoeg word van opsies in
linkerkant…’custom links en blad’
gaan na ‘Blad’
daar sal jou ‘Atiwiteitsblad’ wees
kliek die regmerkie blokkie links van hom en kliek dan ‘Add to Menu’
hy sal dan verskyn onder die menu as ‘n tab
Nou om die ander tabs by te voeg
gaan na ‘Custom Links’
by ‘Label’ gee jy die item ‘n naam…noem dit ‘Blogshoofblad’
by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za
kliek dan ‘Add to Menu’
hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Gaan weer na ‘Custom links’
by ‘Label’ gee jy item ‘n naam – noem dit ‘My Ledeblad’
by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za/members/naam naam
= jou gebruikersnaam
kliek dan ‘Add to Menu’
hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Gaan weer na ‘Custom links’
by ‘Label’ gee jy item ‘n naam – noem dit ‘My Blog’ .Bloggers hier met
meer as een blog kan dan ook ektra tabs genereer, en ook ander name
gee vir die tab.
by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za/naam naam = jou
gebruikersnaam
kliek dan ‘Add to Menu’
hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Gaan weer na ‘Custom links’
by ‘Label’ gee jy item ‘n naam – noem dit ‘Aktiewe Lede’
by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za/members
kliek dan ‘Add to Menu’
hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Na al die stappe kan jy op die tabs binne in die menu setup kliek en
rondbeweeg om volgorde te bepaal soos jy dit verkies…ok as jy
tevrede is kliek dan op ‘Save Menu’
gaan na ‘Theme Locations’
by ‘Primêre Navigasie’ kliek op die drop down list en kies die menu
nou net geskep ‘Blog Menu’
kliek op ‘Stoor’
Daarshy ons is klaar met die les
Gaan nou na jou blog en kyk of die tabs werk.
Laat weet as julle vashak…
:- )Zeppie(-:
LitNet-blogadministrateur said on November 15, 2012
Dalk is dit verwarrend om van ‘n “aktiwiteitsblog” te praat. Ek bedoel die ekstra toevoeging wat ek hierbo ook by LitNet se adminstrasieblog aangebring het: aktiwiteitsblad, heet hy hier.
Net Ek @ cbl1979 said on November 15, 2012
@litnet-editor – ek het juis vandag vir @zephur gevra of hy ook vir Litnet werk! 🙂
LitNet-blogadministrateur said on November 15, 2012
@cbl1979, nee maar dalk wen hy iets … ek weet net nie of hy daarvan gaan hou nie, so ek gaan dit nou-nou maar aan die groot klok hang en vir al die bloggers vra wat hulle dink (ek het boeke om weg te gee, maar dis kinderboeke). NM
Zeppie - @zephur said on November 15, 2012
@litnet-editor – what to do…my kids is klaar tieners…so kinder boeke sal nie werk nie.
Net Ek @ cbl1979 said on November 15, 2012
@litnet-editor – nee sjoe ek weet nie so mooi van die kinderboeke nie?! Dalk ‘n paar lekker e-boeke vir hom? Of ‘n regte boek?
Jeanne @modigliani said on November 19, 2012
@litnet-editor
Jy kan gerus die kinderboeke vir my stuur 😉
adage said on November 15, 2012
@zephur *****
LitNet-blogadministrateur said on November 15, 2012
@adage, is daai soene of vloekwoorde? 🙂 NM
adage said on November 16, 2012
😀
Beste wat ek kon doen vir 5 sterretjies
exionperfexi said on November 15, 2012
Naomi : Tina (Grappies op ‘n Stokkie) kry ‘n boodskap dat haar blog blykbaar tjokenblok VOL is en al haar Megabytes opgebruik is ? wat, waar en waarom ?
LitNet-blogadministrateur said on November 15, 2012
@exionperfexi en @ts, ek het navraag gedoen en wag nou vir ‘n antwoord van 24.com – lyk my die mense daar het vanoggend juis na probleemoplossings gekyk (wat op aarde is troubleshooting in Afrikaans?). Ek belowe ek laat weet as ek meer weet. Dis nie ‘n inboks wat te vol is nie. @rewaco het ook gesukkel met die oplaai van foto’s al is sy ‘n ou hand (jy weet wat ek bedoel @rewaco) en kyk hoe mooi lyk haar blog nou. Groete, NM
Tina - @ts said on November 15, 2012
@litnet-editor Sug… wil jy beweer my blog is nie mooi nie? 😉 Ek het al foto’s gelaai toe julle nog in julle kinderskoene was …Grinnik. (ek spot sommer)
Jy kan gerus in enige van die land se tale praat as ek net ‘n oplossing kan kry! Is daar nie iewers ‘n recycle blik wat mens kan leegmaak?
LitNet-blogadministrateur said on November 15, 2012
@ts, ek hoor gou of daar spasiebeperkinge is en wat ons kan doen om die vyf broodjies en twee vissies te vermeerder, groete, NM
Tina - @ts said on November 15, 2012
@litnet-editor Baie dankie
netmyself said on November 15, 2012
Zeppie verdien ‘n hele biblioteek vol boeke. Nou nie dat ek engsens verstaan wat aangaan nnie, maar agteros sal ook eendag bykom. Zeppie vir president!
Tannie Frannie said on November 15, 2012
Hoera vir Zeppie!
adage said on November 19, 2012
@ts Ek dink wat werk op WP.com sal werk op Litnet blogs ook. Kyk hieronder
@ligtnet-editor (Die captcha kan afgestel word maar die Litnet IT sal die plug-in moet opstel.)
http://en.support.wordpress.com/?s=space+for+photos+
Zeppie - @zephur said on November 19, 2012
@litnet-editor
Naomi julle sal vinnig moet plan maak met die captcha kode ding…traffic neem kwaai af en mense wil nie meer blog nie.
Onthou as daai opsie daar is kan die blogger self kies of hy die captcha kode wil enable of disable
adage said on November 20, 2012
@Zephur die Captcha is ‘n euwel ,selfs soms al het ek die regte kode kom ek nog steeds nie deur nie.
Al wat die Litnet IT ou moet doen is om die plug-in op te stel
LitNet-blogadministrateur said on November 20, 2012
@zephur en @adage, ons kan nie juis die CAPTCHA-kode verander nie, dit weer spam in die algemeen af. Maar as dit probleme gee, met ander woorde as julle die kode tik en kan nie deurkom nie, sal ek dit aanmeld.
adage said on November 20, 2012
Nee dit werk op al die ander 24 WP blogs onder die paneelbord waar jy kan kies of jy dit wil ‘immobiliseer’. Jy moet nog steeds kommentaar modereer. Dis ‘n WP plug-in wat julle IT outjie moet opstel. Dit affekteer nie spam nie. Is ek reg @Zephur ?
Zephur verjaar vandag!!!!! Fluister ek hier in julle oor
🙂