Rodin, die Denker
November 12, 2012 in Geen Kategorie
Google doen dit weer vandag: ons algemene kennis word uitgebrei as ons die soekenjin se tuisblad oopmaak. Geluk met jou verjaardag, Rodin, rus jou siel.
Rodin is vir my ‘n winterherinnering van tien jaar gelede. My geheue vertel my ek het die Rodinmuseum besoek juis rondom hierdie tyd, toe ek die nuus van Kerkorrel se dood ontvang het. Maar dit was dalk eerder ‘n maand later wat ons in Parys was. Die Moulin Rouge se windmeul het uitbundig in die rondte gedraai naby ons hotel, plakkate van die kabaret Le Chat Noir is onder ons kamervenster verkoop. Eksoties? Onophoudelik raserig eerder. Mens kon nie langer as ‘n week daar bly nie, want slaap het nie juis gebeur nie. Daar was ‘n probleem met die hotel se algemene elektriese toevoer. Of iets. Die hyser het nie gewerk nie (ons kamer was op die twaalfde verdieping). Die binneshuise verhitting het nooit ophou werk nie. Daar was ys teen die vensters, maar ons moes amper dwarsdeur die nag die venster oophou om nie van die hitte te versmoor nie.
Een oggend met die bleekwit lug was daar ‘n Franse slagter wat my skel omdat ek ‘n bestelling foutiewelik in vrot Frans geplaas het vir ons piekniek. En toe: Rodin.
Speel ek viool terwyl Rome brand? Ek hoor julle blogklagtes. @rewaco was moeg vir sukkel met die plaas van foto’s en video’s (dis darem ondertussen uitgesorteer as mens Firefox gebruik, laat sy weet). Ek hoor julle frustrasie oor dit nog nie moontlik is om die skriftipes te verander nie. Oor alles anders lyk. Oor die eienaardige Afrikaans van hierdie ruimte. Omdat julle nie ingelig word as iemand kommentaar lewer op jou bloginskrywing, behalwe as jy daarop inteken nie. Oor dinge so anders werk en anders is. Ek gee aandag hieraan – ek dra dit oor aan die mense wat ons by 24.com se kantoor in Kaapstad so geweldig help met al die tegniese aspekte van hierdie blogruimte.
Maar tog kan ek nie help om tussendeur ook betrokke te raak en saam webdagboek te hou nie. Rodin is nogal bekend daarvoor dat hy realisties met klip gewerk het (en hoe lewendig kon hy nie ‘n stuk klip toor nie … Geppetto van Pinocchio kon maar by hom gaan kers opsteek het :)). Maar terselfdertyd weer daardie realistiese beelde van hom groter en grootser gemaak het. Om te wys daar’s méér aan die beeldhouwerk as wat mens sien. Die Denker het gelyk soos ‘n man, maar sy buitengewoon groot karaktertrekke het aan hom ‘n ander kwaliteit gegee. Hy was Dante by die poorte van die hel. En so doen ons dit almal hier. Die narratief gaan voort, ons beitel en timmer op die internet, saam met al die ander miljoene bloggers in die wêreld. Dit lyk maar net soos gewone woorde, maar dit vorm deel van ‘n nimmereindigende gesprek.
So wat hoor ek by julle Denkendes? Ek lees hier van Prince Albert se Leesfees in hierdie blog. En hierdie blogger skryf heerlike inskrywings oor perde en perdry.
Nou eers ‘n praktiese vraag beantwoord: Ouboet se stoep soek statistieke en wil weet hoeveel bladlese daar op julle blogs is.

Julle sal moet inteken op Google Analytics en die kode van GA gebruik om in daardie blokkie in te voeg. Laat weet of julle regkom, asseblief.
Ten slotte, ‘n paar foto’s van die man wie se beeldhouwerk my bybly.


Zeppie - @zephur said on November 12, 2012
@litnet-editor
Julle moet kyk vir opsie om die captcha kode af te sit…dit kill kommentare kwaai.
Ja captcha is daar om spam te blok, maar daarvoor kan almal Akismet gebruik…en die opsie tik dat ‘n persoon net kan kommentaar lewer as hy ingeteken en geregistreer is…
Dan kan ons die captcha kode afsit en meer traffic so genereer…want dan is kommentaar lewer soveel makliker.
LitNet-blogadministrateur said on November 12, 2012
@zephur, ek gaan my bes doen, ek hoor jou, groete, NM
adage said on November 12, 2012
@zephyr Roly het eenkeer op sy 24 blog ‘n manier gehad om die Captcha af te stel, maar ek kan nie meer onthou nie en ek dink sy blog is weg. Het jy nie dalk die blog gekopieer nie?
Miskien moet ek vir hom skryf (maar ek wil hom nie graag pla nie).
Naomi die ‘groot’ WP het nie captcha nie, maar jy moet nog steeds die EERSTE keer as iemand by jou kommentaar lewer die persoon modereer.
LitNet-blogadministrateur said on November 12, 2012
@adage, dis vir my baie belangrik dat elke blogger hier veilig voel en volledige beskerming van sy eie blog geniet – maar ek ondersoek die captcha-kode-kwessie, want ek hoor dit pla sommig van julle, groete, NM
Zeppie - @zephur said on November 13, 2012
@litnet-editor
@adage
Dis ‘n opsie wat enable/disable kan word soos ‘n blogger verkies. By Blogs24 het hul daai opsie onder hulle dashboard/paneelbord…maar vir een of ander rede is dit nie by ons settings nie.
As die opsie daar is dan kan elke blogger self besluit of hy dit aan wil hê of nie…soos ek genoem het daar is verskillende ander manier om ongewensde spam en kommentaar te filter.
adage said on November 13, 2012
@zephur ek het gesoek en gesoek en gedink dalk het ek harsingskudding opgedoen met die val. Maar as jy ook sê dis nie daar nie voel ek nou baie verlig
🙂
Zeppie - @zephur said on November 13, 2012
@litnet-editor
@adage
Hier is die link na Sarcy se post oor die captcha
http://blogs.24.com/sarcy4/2012/09/24/captcha-box-removal/
sien hy noem dat onder dashboard dit net enable of disable moet word…
Naomi kyk ook as jy bu Blogs24 is heelbo links in die ‘nutsbar’ is daar ‘n button ‘Blogs24 blog’…daai button neem jou weer terug na die hoofbladsy toe…en is die heeltyd daar, maak nie saak waar jy op die blogs is nie…so navigasie is soveel makliker en haal bietjie frustrasie uit die soek na blogs
LitNet-blogadministrateur said on November 13, 2012
@zephur, dankie hiervoor, ek het vir 24.com hieroor gevra en hoop ek het gou terugvoer, groete, NM
LitNet-blogadministrateur said on November 13, 2012
@zephur, ek pieng jou verkeerd 🙂
Zeppie - @zephur said on November 13, 2012
@litnet-editor
Baie dankie…laat ons maar wag en hoor wat sê hulle
klarisabet said on November 13, 2012
@litnet-editor Thanx vir die vermelding. (-; My kids vat al die pad as hulle hul ma die woord ‘perd’ hoor sê…so, nou haal ek dit maar uit op diegene met genoeg deursettingsvermoë om my blog te lees.
In reaksie op die ‘terugping’ na o.a. my naam in jou kommentaar op Eksi se inskrywing: Dis altyd lekker om gehoor te word {-; Ek stem saam, ons is nou hier, dis ‘n nuwe huis…en ons het gemoan oor die rising damp en die krakende vloerplanke, in die ou huis…so dit lyk seker of ons met niks tevrede is nie. Daaikant wou ons net ‘n “blokkeer” knoppie hê, diekant huil ons dat die blokkeerfunksie weer die wêreld te eendimensioneel maak! My ENIGSTE issue, regtig, is dat iemand anders potensieel die ‘mag’ het om MY woorde te edit. My droom is ook dat almal mekaar met respek hanteer, (*Klarisabet fladder Mej Wêreld-ooglede en maak ‘n speech oor World Peace*) maar vir my persoonlik sal niks meer disrespekvol wees, as wanneer iets wat ek geskryf het, geredigeer word deur iemand ANDERS nie. En ja, meeste van die mense by wie ek kuier en kommentaar lewer, het ek self genoeg respek voor dat ek nooit sal verwag hulle sal soiets doen nie…maar wat ek probeer uitwys, is DIS ‘N ONTWERP-FOUT op die webbladfunksionering! ‘n Gebruiker behoort alleen-redigeer-reg te hê op dit wat hy onder sy avatar getik het, en GEEN redigeer-reg (behalwe ‘blokkeer’ of ‘uitvee’ as hy voel hy word geaffronteer of selfs net geirriteer) op ‘n ander persoon se tikwerk nie. Maar dis soos om jou nuwe huis se sleutel permanent in die sydeur se sleutelgat te los sodat iemand nou-en-dan kan inkom en jou meubels so bietjie rond te skuif, (nie STEEL nie, verstaan…net so bietjie herrangskik want ‘n sleutel in ‘n deur is tog ‘n grooooot versoeking…) al HOOP jy hulle gaan darem ordentlik genoeg wees om dit NIE te doen nie…
Ek kom agter die Litnet-spasie op WordPress is wel ge-customize vir ons – dit is beslis bietjie anders as bv Flenters se ‘ou’ WordPress blog wat ek volg, waar daar bv ‘n “Like this Post” opsie is wat ek nog nie hier kon opspoor nie (help my reg as ek verkeerd is…), en ons WAARDEER die ‘customization’ want dit maak die ruimte uniek. Ons sal wel nog gewoond raak aan die nuwe huis. Dankie vir julle moeite sover. Welgedaan. Dis nog bietjie stil hier rond, maar ek is seker die aktiwiteit sal toeneem.
exionperfexi said on November 14, 2012
@klarisabet
@litnet-editor
Klarisabet – ek ondersteun jou standpunt oor die ongewensheid van die redigeer funksionaliteit.
Die gebruik van ‘n “LIKE” etiket sou ook oulik kon wees ( amper maar soos die ou stertoekennings op die ou litnetblogs )
Die blokfunksie op dese webwerf is soos om met ‘n oop venster sonder gordyne , megafoon in die hand die straat af te skree , en as iemand wat dan nie horende doof en siende blind is nie sou naderstaan om iets terug te fluister in antwoord op die luide aankondiging, so iemand in ‘n hoek te jaag en sy/haar stembande uit te dissekteer …
klarisabet said on November 14, 2012
Hierdie notifikasies in mens se email-box is verleidelik….mens sukkel om NIE te reageer nie!
@exionperfexi
jip, dis altyd lekker as mens se standpunt gesteun word.
maaaaar
vir die rekord:
ek steun NIE jou standpunt oor die ongewensdheid van die blokkeer knoppie nie.
die litnetbloggers het daarvoor geVRA. tot vervelens toe. jy ingesluit. (ai tog, ek WENS ek was in die gewoonte om screenshots te neem…)
dis ‘n tweesnydende swaard.
live with it.
exionperfexi said on November 14, 2012
@klarisabet
“Die blokfunksie op dese webwerf is soos om met ‘n oop venster sonder gordyne , megafoon in die hand die straat af te skree , en as iemand wat dan nie horende doof en siende blind is nie sou naderstaan om iets terug te fluister in antwoord op die luide aankondiging, so iemand in ‘n hoek te jaag en sy/haar stembande uit te dissekteer …”
vir die rekord : ek maak my nie aan ongewensde kommentare skuldig wat geblok MOET word nie.
maryna said on November 13, 2012
Baie dankie vir jou insig en ewewigtige oordeelsvermoë. Dit is werklik salig en bevrydend om nie uitgelewer te wees aan iemand wat jy nie op jou blog wil hê nie, of te moet swig voor die intimidasiepogings van die persoon wat jy geblok het nie. Hopelik kan ons almal nou vry en onbevange voort blog!
“Die teenkant van die muntstuk, wat vir my salig en bevrydend is, is die feit dat elke blogger hier verantwoordelikheid en, meer belangrik, sekuriteit het. LitNet se droom was nog altyd dat mense hier mekaar met respek kan hanteer. As iemand jou beledig, kan jy hulle self verwyder. Jy hoef nie uitgelewer te wees aan dinge of mense wat jy nie op jou blogplatform wil hê nie. Met hierdie blogruimte hoef jy nooit uitgelewer te wees aan lasterlikhede nie. Jy roei die dinge en gesprek uit wat onaangenaamhede veroorsaak. Jy het ‘n wonderlike, eie blogruimte wat jy jou eie kan maak en kan inrig soos jy dit wil doen. Dis nou regtig jou eie plek met jou eie blogvriende.”
exionperfexi said on November 14, 2012
@marynam
@litnet-editor
die sleutelwoorde is :
verantwoordelikheid
beledig
lasterlikhede
Tannie Frannie said on November 13, 2012
Baie, baie dankie vir die Afrikaans! Dis glad nie vreemd nie – en ek kan my net indink hoeveel moeite julle reeds daarmee gedoen het :0)
perdebytjie said on November 14, 2012
Ek leer elke dag iets nuuts!
Soul Things said on November 20, 2012
Ek het alles stap vir stap gedoen om die lesing getalle te doen maar kan dit nog nie sien nie. So ek doen iets verkeerd. HELP ASB!
LitNet-blogadministrateur said on November 20, 2012
Ek het nog nie myne opgestel nie en moet dit ook nog self uitpluis. Ek help so gou ek kan, ek gaan myne ook self probeer opstel en sal raad gee agterna. Groete, NM