Wil jy in kennis gestel word as iemand kommentaar lewer? En hoe voeg mens ‘n intekenblokkie op jou blog by?
November 1, 2012 in Geen Kategorie
1. Ek het ‘n spul navrae ontvang van mense wat kennisgewings wil ontvang as iemand kommentaar lewer op ‘n blog of dan weer reageer op ‘n kommentaar.
Volg hierdie roete en laat weet of dit help.
Gaan na jou persoonlike webwerwe se paneelbord. Klik op Instellings. Gaan na “Discussion”.
Kyk onder “Email me whenever …”
Die opsies bestaan uit die feit dat jy ‘n e-pos kan ontvang as iemand kommentaar lewer of as iemand se kommentaar wag om deur jou gemodereer te word.
Help dit al?
2. Om ‘n inteken- (subscriber) blokkie by te voeg, gaan na blaaie in jou paneelbord. Klik op Skep nuwe.
Maak die opskrif “inteken”.
Klik op die geel S2-blokkie.
Gaan na die heel onderste Subscribe2-blokkie
Klik op Settings
Jy verlaat die bladsy waarop jy is en rol op die bladsy waarheen jy geneem is, af tot by Enable Subscribe2 Widget. Merk Enable Subscribe2 Widget.
Klik op submit.
Gaan nou terug na jou paneelbord: na Appearance
Die subscribe2 Widget sal daar wees
Skuif (“drag”) daardie blokkie na die regterkant toe waar die ander hulptuigblokkies is (hulle name is: Soek, onlangse inskrywings, onlangse kommentare …).
Plak jou subscribe2 Widget-blokkie daar en vul die kategorieë in.
Noem hom sommer “inteken”
Stoor daardie nuwe widget-blokkie
Teken uit. Teken weer in.
Siedaar!
Kyk gou na my blog om te sien: ek het pas self vir my ‘n intekenblokkie gekies.
Laat weet of julle regkom!
Groete, Naomi M
rosiemetdorings said on November 1, 2012
ek het ‘n paar widgets geaktiveer wat vir ‘n rukkie gewerk het en toe nie meer nie.
Hulle wys wel steeds dat hulle geaktiveer is. het hulle al ‘n slag afgehaal en teruggeplaas – gee geluk!
hoop maar op ‘n kol gaan alles werk soos dit veronderstel is om te doen
exionperfexi said on November 1, 2012
dit werk net vir kommentare op kommentare op ‘n mens se eie blog en nie vir kommentare op mens se kommentare op ‘n ander se blog nie.
Net Ek @ cbl1979 said on November 2, 2012
Dankie Naomi, ek gaan dit sommer vandag nog probeer!
Jeanne @modigliani said on November 2, 2012
YAY oor die inskryf blokkie.
DANKIE!!!!!!!!!!!!!!!!
Aaaaaaaargh oor die kommentaar een.
Dit is vir kommentaar op jou eie blog, nie vir kommentaar op iemand anders se blog nie.
Ons soek die opsie dat jy nie hoef te “ping” om die persoon in kennis te stel dat daar ‘n antwoord op sy kommentaar is nie.
MAAR, baie dankie vir die subscribe ding. Daai is SUPER COOL.
Jeanne @modigliani said on November 2, 2012
Ek wil ook bysit – dankie vir die “tuis” knoppie links bo – so kom ons nou baie maklik weer by die “home screen”/”landing page”.
Very much cool 😀
Zeppie - @zephur said on November 2, 2012
@modigliani – jip cool presies wat ons gesoek het
Ek het eers gedink ek het iets opgedinges….het ‘n klomp verstellings vanoggend gedoen
Maar omdat jy die button ook kan sien, weet ek darem ek alles is cool
Jeanne @modigliani said on November 2, 2012
@zephur – ek het ook agtergekom dat as mens van die ander templates gebruik, dan wys jou widgets slegs op jou “home page”, glad nie binne in jou poste nie, dus het ek nou maar ook die litnet template gebruik. Al wat crappy is, is die feit dat die font so klein is….
Zeppie - @zephur said on November 2, 2012
@modigliani
Ja ek het gesien dat die buddy litnet template beter werk
Maar ‘n ding om uit te sort later as ons eers die groot goed onder die knie het
Jeanne @modigliani said on November 2, 2012
@zephur – as ek geweet het hoe om html te praat dan sou ek dalk die font so kon verander, but alas, I am limited to English & Afrikaans 😉
adage said on November 2, 2012
@Modigliani in widows live het jy die opsie of jy jou boodskap in html wil skryf, maar ek weet nie of dit gaan help nie. Dis baie omslagtig
Jeanne @modigliani said on November 2, 2012
Nog ‘n vraag – hoe het dit nou gebeur dat ek nie ‘n captcha hoef in te sit vir kommentaar hier nie????
Zeppie - @zephur said on November 2, 2012
@modigliani
Jip Naomi het seker ‘n manier gekry om die captcha kode af te sit…kom Naomi deel dit met ons toe…
Jeanne @modigliani said on November 2, 2012
Dit is pretty cool.
Ek sal eerder kommentaar skrap as om elke keer te Captcha.
Ons het mos die kommentaar moderasie, so dis half dubbel werk.
Plus daar is die akismet ding ook
Jeanne @modigliani said on November 2, 2012
@zephur – jammer het vergeet om te ping
Zeppie - @zephur said on November 2, 2012
Ek sien daar is ‘n ‘Litnet Blogs’ button op die nutsbar(swart)
Ek hoop so want ek het ‘n paar verstellings gedoen wat nie so lekker saam werk nie
As ek nie die enigste is wat dit sien nie…baie dankie vir die verandering, sal navigasie makliker nou maak
Rina Willemse said on November 3, 2012
@zephur – Ek sien nie die ‘Litnet Blogs’ button waarvan jy praat nie.