Koos Kombuis se Kersfees
November 1, 2012 in Geen Kategorie
Dis al 1 November en nou kan die winkels maar begin Kersversierings opsit. Of hoe? Lyk my Koos Kombuis stem nie saam nie …Hy wonder: Is Kersfees nog relevant?
Vertel bietjie wat is vir julle die aspek van Kersfees en die Kersgety wat vir julle lekker is, of nie lekker is nie, wat is teenstrydig en hoeveel dink julle gaan julle eerder in die blogruimte kuier as om tyd saam met die familie te spandeer …
Vroeg-Kersfees-groete!
Naomi M
exionperfexi said on November 1, 2012
Stem heelhartig met K Kombuis saam, hy som dit mooi op in die 2de laaste paragraaf van sy artikel.
Die ander Koos (du Plessis) het dit die raakste gestel :
Somerkersfees :
Welkom o Stille Nag van vrede
onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis,
Kersfees kom, Kersfees kom
gee aan God die eer,
Skenk ‘n helder somerkersfees
aan hierdie land o Heer,
hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue oue taal,
kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal,
voel jy ook nou Sy warm liefde
as ons die dag gedenk,
toe Hy sy Seun aan ons gestuur het ~
ons Grootste kersgeskenk.
As almal wat die fees wil vier , sonder die materiele vakansiedagmotiewe , net maar vir Christus in die fees ,toe-oog ,wil raaksien …
langpadbiker said on November 1, 2012
Kersfees is nodig. Dink net hoeveel kalkoene gaan die aarde beset as daar nie kersfees is nie. en watter ander dag sal mens soveel presente kan kry ?
Zeppie - @zephur said on November 1, 2012
@langpadbiker
LOL
Zeppie - @zephur said on November 1, 2012
@litnet-editor
Einde September tot vroeg Oktober van elke jaar begin die kommersiële bombardering van Kersfees. Dit voel elke jaar of die versierings al hoe vroeer in die vensters geplaas word. Al die dra tot die kommersiele aspek van Kersfees…die misleiding van Kerstyd
Die moderne Kersfees is sekerlik een van die grootste kommersiele suksesstories(jammerte) van die wêreld…geen ander enkele gebeure genereer soveel geld nie…ja nie eers die verkoop van bloubul truie by die robot maak dit nie…
madhatter said on November 1, 2012
Ek stem nogal saam met Koos. Wanneer die vakansiedag afgeskaf word sal mense weer die sin van Kersfees ontdek. Die wat dit wel wil vier sal nog steeds. Dit het die laaste jare net in chaos ontaard. Etes wat te groot is, persente en speelgoed wat kinders nie nodig het nie. Ons geniet meesal ‘n stil Kersfees maar die jaar gaan ek kuier by my twee verlore skapies daar in Dubai. Sal julle laat weet hoe doen hulle dit daar.
sonnet_sestet said on November 3, 2012
Ek stem saam dat kersfees hopeloos te komersieël geraak het, maar die plus punt van allmal wat Kersfees vier is dat daar nou radio kompetisies ens is wat almal heeldag herhinder: “wees happy”! Ek vind altyd dat hierdie tyd van die jaar is almal meer vrygewig, en meer bereid om lief te hê. Selfs al is dit vir al die verkeerde redes, atleast it is happeni8g. 🙂