Prentjies as stories (nee, nie Playboy nie: rotskuns)
October 31, 2012 in Geen Kategorie
Adage se opmerking oor my Playboy-inskrywing gister (“woorde met prentjies”) het my laat glimlag.
Hier’s ‘n ander een, op dieselfde trant. Vandag s’n handel oor of prentjies woorde IS …
Daar was anderdag ‘n resensie op LitNet oor The Cambridge History of South African Literature en een van die resensente het gewonder of SA letterkunde al so ver terug beskou kan word as rotskuns. Kan rotskuns ingesluit word by Suid-Afrikaanse letterkunde?
Nou heers ‘n gesprek hieroor. Waldemar Gouws het gesê nee, hy het vir Hennie van Coller by diie gesprek betrek en nou reageer hy weer. Lees Waldemar Gouws se volgende repliek (daar’s skakels in die stuk self ingebou as julle die hele storie wil volg soos hy op LitNet ontvou het).
Groete 🙂
(Is ‘n emosie-prentjie dus ook ‘n woord? Is internetgesprek nou deesdae ‘n samevoeging van woord en prent? Alles tog maar simbole?)
Naomi M
exionperfexi said on October 31, 2012
As Egiptiese Hierogriewe as literatuur deurgaan is rotstekeninge ook letterkunde . Geskrewe woord sonder illustrasies laat wel meer aan die verbeelding oor en letterkunde met illustrasies vul net op ‘n besonderse manier die verbeelding aan . Sonder die prentjies sou Boeke uit my kinderdae, soos bv. Huppelkind, sseker minder indruk gemaak het . Ek’s seker daar’s mense wat nog boeke koop omdat die stofomslag die oog vang ?
adage said on October 31, 2012
En ek het gedink rotstekeninge is vir mense wat nie kan skryf nie…