Lady Gaga en Die Antwoord
October 29, 2012 in Geen Kategorie
Lady Gaga is kwaad vir hulle. Wat beteken sy neem notisie. En soos ons weet, is Lady Gaga ‘n paar miljoen werd, indien nie biljoen nie. So dit beteken seker Die Antwoord is nou beslis bekend. Hoewel hulle hul nie noodwendig gewild maak onder die hele bevolking wêreldwyd nie. Ek sien Wikipedia vertel dat Die Antwoord se doelwit is om te skok.
Verlede week het Réney Warrington en Henry Cloete, onafhanklik van mekaar maar gelyktydig, besluit om op LitNet oor Gaga en Die Antwoord te skryf. Kyk bietjie wat het hulle te sê:
Henry Cloete: http://www.litnet.co.za/Article/die-antwoord-versus-gaga-verby-gesigwaarde
Réney Warrington: http://litnet.co.za/Article/lady-gaga-and-die-antwoord-what-have-they-done-for-humanity
Dink jy kuns moet skok, of ‘n heftige reaksie uitlok, ten einde kuns te wees? Is dit ooit waaroor dit hier gaan? Dit klink vir my die hele gesprek handel oor Die Antwoord. So wat was die vraag nou weer?
Groete, Naomi M
PIXIE said on October 29, 2012
Lady Gaga is so ‘n unieke karakter – hoekom “worry” sy nou so oor die Antwoord? Wanneer kuns ‘n heftige reaksie uitlok, word dit bekend, kry dit publisiteit, neem mense notisie daarvan. Kyk nou maar bv The Spear. Sou ons ooit eers notisie geneem het van die skildery as dit nie was vir die bom wat om dit ontplof het nie?
Jan Klaas said on October 29, 2012
Ek dink Die Antwoord het darem meer om die lyf as net skok. Daar is soliede klanke agter daardie facade.
Maar, jy noem ‘n geldige punt – dis vir my verdag as ‘n mens bloot skok gebruik om geloofwaardigheid aan jou kunstenaarskap te verleen. Maar dan – hoe ver trek mens dit deur? Mag popsangeressies hul seksualiteit gebruik, in musiekvideos uitstal om hul loopbaan te bevorder? Of selfs, behoort musiekvideos hoegenaamd ‘n rol te speel in die beoordeling van ‘n lied?
Die hele veld begin nou skielik so modderig lyk dat dit klink of gesprekke hieroor boeke kan vul.
exionperfexi said on October 29, 2012
soos Paul Simon dit duidelik stel met ‘n strofe uit sy fantastiese
” The Boy in a Bubble ” :
” every generation throws a hero up the pop charts …”
elke generasie VERDIEN die popsterre wat hulle verplig voel om te aanbid.
verskriklik said on October 30, 2012
ek hou van die antwoord. hulle skok my glad nie. ek en my broer het gistraand fatty boom boom gekyk.hy vir die eerste keer. die video het lank gevat om te laai en baie stilgestaan. die detail in die video is super. dit is sosiale kommentaar wat my laat dink. sy dra ‘n lion match rok onder andere. concrete jungle, straat aborsies. lady gaga met ‘n stuk steak op haar kop. slim.
izakdv said on November 1, 2012
Die Antwoord is veel slimmer as wat mense graag wil weet…
Jan Klaas said on November 1, 2012
Ek stem saam.