As jy steeds sukkel om jou blog op te spoor …
October 24, 2012 in Geen Kategorie
Goeiemôre!
As jy steeds sukkel om jou blog op te spoor, probeer om jou blognaam (dis nou die naam van jou blog se werf OF die naam waaronder jy geblog het) in die soekblokkie op hierdie bladsy in te tik. http://blogs.litnet.co.za/blogs/
Vele sukses!
Groete,
Naomi M
Tina - @ts said on October 24, 2012
Hoe kan mens terugvoer kry van jou kommentaar by ander bloggers? As mens nie die hele pad terug gaan weet mens nie of hulle jou geantwoord het nie.
Dankie
Jeanne @modigliani said on October 24, 2012
Dit is die million dollar question Tina.
Ek wil dit ook weet, ek het nou al ORALS gesoek en kry dit nie!
adage said on October 24, 2012
Ek sdink nie daaardie opsie bestaan nie, dis baie frustrered maar dis deel van WP se opset hier by alle 24 platforms. Die tegnici behoort WP te nader.
adage said on October 24, 2012
En jy kan ooknie tikfoute korrigeer nie
🙂
Jeanne @modigliani said on October 24, 2012
Ek het gesien daar is geen “edit” opsie op kommentaar nie!!!
Dit is frustrerend, dit gaan baie van die “kuier” aspek wegneem as mens nie weet as iemand op jou kommentaar geantwoord het nie.
Net Ek @ cbl1979 said on October 24, 2012
Ek wil ook weet want mens weet nie wie antwoord en wie nie! Dis effens frustrerend!
Jan Twak said on October 29, 2012
Op die gewone word press blogs (soos myne) se paneelbord is daar ‘n blokkie (dit lyk soos wat noem mens daai praat wolkie in strokiesprente?) wat verhelder die oomblik as iemand kommentaar lewer op jou blog of antwoord op jou kommentaar elders gelewer. Die funksie is dus beskikbaar, iemand moet dit net met word press technici laat aktiveer vir Litnet se blogs.
Langpadbiker said on October 24, 2012
Ag help tog – ek kry nie my blog nie – en ek het gesoek en knoppies gedraai en links gepost ! Help !
mail my tog met die dope ! [email protected]
terminos said on October 24, 2012
Ai tog, as iets nie stukkend is nie, moenie karring nie. Maar seker maar ons as mens se eienaardigheid, ons MOET verander. Nou is al my vriende weg, alle posts wat ek wou bêre missing!
Voel soos ‘n populêre bedryfstelsel.
Jeanne @modigliani said on October 30, 2012
@terminos
Jou blog is hier:
http://blogs.litnet.co.za/terminos/
terminos said on October 30, 2012
En so is dit ook!! Voel soos die verlore seun wat huistoe gekom het. 🙂 Dankie!
Jeanne @modigliani said on October 30, 2012
Groot plesier!
@terminos Hierdie platform laat mens nie weet wanneer iemand jou kommentaar antwoord nie, dus moet jy elke keer as jy vir iemand ‘n antwoord laat, hul gebruikernaam insit, soos vir jou is dit @ternos ek is @modigliani exi is @exionperfexi ensovoorts.
Hover maar net oor die persoon se avatar & naam, dan wys dit hul url, gebruik dit, nie noodwendig hul “noem naam” nie, @jeanne werk byvoorbeeld nie.
LitNet-blogadministrateur said on October 30, 2012
@Jeanne, dankie vir jou hulp om ook navrae te antwoord – jy en @Zeppie (en ‘n magdom ander van julle!) is wonderlik. Ek waardeer dit!
LitNet-blogadministrateur said on October 30, 2012
Wag ‘n bietjie, nou het ek verkeerd beantwoord … @modigliani? Beter?
Jeanne @modigliani said on October 30, 2012
@litnet-editor Jip, die tweede keer was reg, zeppie s’n is @zephur
Dis ‘n plesier – ons probeer maar hierdie ding as ‘n span takel.
Kon jy al enige terugvoer oor van ons vrae/voorstelle kry?
LitNet-blogadministrateur said on October 30, 2012
@modigliani: het daardie wenke van Food24 al ‘n bietjie gehelp? ‘n Hele paar van die vrae wat julle gevra het, is daarin aangespreek. Ons stel nog ‘n kort wenkeboekie saam wat ons op hierdie werf sal plaas. So gou dit kan! Laat weet gou vir my wat is jou grootste kopseer op hierdie oomblik tov die blogs. Groete, NM
Jeanne @modigliani said on October 30, 2012
@litnet-editor Die wenke help so effens, maar daar is niks oor following, subscriptions, emails vir kommentaar ens nie 🙁
Die “set-up” ens van die blogs het almal min of meer onder die knieg, dis net die fynere goete wat obviously ‘n “back-end” issue is.
monicahaddad said on October 24, 2012
Naomi, nog ‘n dom vragie, wat is die verskil tussen gunsteling en vriend?
Jan Twak said on October 29, 2012
Gunstelinge kan mens eet. In ons land is dit egter nog teen die wet om vriende te eet.
angelwings said on October 25, 2012
My hele vorige blog het ook verdwyn. En die nuwe blog is onvriendelik, gebruikersonvriendelik en ek mis die ou formaat. En ek het soveel van my lewe geblog, soveel goed geskryf en nou is dit weg. En maak nie saak hoeveel emails ek stuur, hoeveel soektogte ek in die kuberruim stuur nie, my ou blog is weg. 🙁
katrina said on October 31, 2012
Dis nog moeilik om te navigeer. Is dit dalk moontlik om die Tuis-knoppie so te laat verstel (deur wie ook al die ghoeroes is) dat dit ‘n mens terug na die hoofblad toe neem? Ek dink so tussen al die lekker elemente deur raak ‘n mens maklik verdwaal.
katrina said on October 31, 2012
Daarmee bedoel ek die tuis-knoppie wanneer ‘n mens op iemand anders se blad is. Soms vat dit jou terug hoofblad toe, ander kere bly dit op die persoon se inskrywings.