Bou jou eie werf
October 23, 2012 in Geen Kategorie
Almal, ek kry baie navrae oor waar mens kan sien hoeveel bloggers lees jou blog, byvoorbeeld.
Hier waar ek nou my nuutste bloginskrywing skryf, sien ek aan die linkerkant allerlei wiggies op die paneelbord: media, skakels, blaaie, comments (lyk my die taal is nie so suiwer nie :), ensovoorts. Jy kan kyk by gebruikers en by appearance, tools, instellings en so aan om jou eie blogruimte aanmekaar te sit. Jy gaan sekere blokkies van die linkerkant af na die regterkant af kan trek, letterlik jou blogwerf aanmekaarsit.
Ek gaan sowaar probeer om binne die volgende paar weke vir julle ‘n wenkeboekie saam te stel om te help. Aanlyn beskikbaar, natuurlik 🙂 Maar daar is baie van julle wat al erg touwys is hierso. Wil julle nie sommer hierso by my eie blog hierso kommentaar lewer wat julle al agtergekom het nie?
Ekskuus as ek nie almal se navrae beantwoord nie, ek probeer uitkom by soveel ek kan. LitNet, die werf, loop ook hier aan die ander kant op sy eie spoor, so dinge is besig. Maar lekker! Bly dat julle almal hier is.
Groete – en vertel wat julle al kon uitvind. Niemand sal onderskat voel, maar eerder bemagtig!
Naomi M
adage said on October 23, 2012
Mense wat die ‘twenty eleven’ tema gebruik sal hulle eie naam moet inskryf met photoshop. (Jy is veronderstel om dit onder algemeen / general in die linkerkantste sidebar te kan verander.)
As jy nie Photoshop het nie, mail vir my ‘n prentjie dan skryf ek jou naam in. Ek weet nie van die ander temas nie maar as ek so kyk na die redaksie s’n dan verskyn dit ooknie.
Met my boekeblog op Letterdash kon ek nooit my ou inskrywings / blogs vind nie al het ek ‘n week voor die tyd nog boeke opgesit.
Jeanne @modigliani said on October 23, 2012
of jy kan hierdie website gebruik
http://pixlr.com/editor/
daan coetzee said on October 23, 2012
Weet nie of hierdie kommentaar by jou sal uitkom nie. Ek kan glad nie registreer nie, want of my password, wat is die afrikaans daarvoor, is verkeerd of my naam latino, of dagse is nie meer geldig nie, help asseblief!!
LitNet-blogadministrateur said on October 23, 2012
Hallo daar! As jy lanklaas geblog het (langer as ses maande gelede), mag jou bloginskrywings dalk nie die trek oorleef het nie. Wil jy nie maar weer van voor af registreer met nuwe naam en kodewoord nie? Jammer oor die verlies van die blog. Laat weet of jy regkom, asseblief. Groete, NM
LitNet-blogadministrateur said on October 24, 2012
http://blogs.litnet.co.za/latino/ – is hierdie die blog waarna jy soek, latino? 🙂 NM
Tannie Frannie said on October 23, 2012
‘n Wenkeboekie is net wat ek nodig het – crib notes!!
madhatter said on October 23, 2012
Dit sal wonderlik wees om ‘n wenkeboekie te kry. Ek sokkol maar.
gidivet said on October 23, 2012
Hallo Naomi. My eie blog werk goed, en dit lyk my selfs die kommentare het saam getrek. Ons vriendin “joanna” sukkel om in te log – dit lyk my een van die probleme is dat sy op letterdash geblog het. Kan jy dalk help asseblief?
LitNet-blogadministrateur said on October 24, 2012
Hallo gidivet, het joanna gereeld by LitNet geblog en onlangs daarby? Dan moes haar blog saamgetrek het. Ons almal het mos maar op Letterdash geblog voor die blogs WordPress toe getrek het, so ek glo nie dis die probleem nie. Sukkel sy om haar blog op te spoor? Is hierdie een dalk haar blog? http://blogs.litnet.co.za/joanna-graham/? Laat weet asseblief of julle regkom, groete, NM
dappermuis said on October 25, 2012
Is ek net dofffffff vandag??
waar begin ek n nuwe inskrywing?
en waar is my “aan die linkerkant allerlei wiggies op die paneelbord: media, skakels, blaaie, comments”??? hier’s niks sulke goed by my nie…
…sug….