Vriendskapsversoeke en om te registreer
October 22, 2012 in Geen Kategorie
Bloggers
Om nuwe vriende te maak, moet jy doodeenvoudig na die blogger se profiel gaan met wie jy bevriend wil wees en ‘n vriendskapsversoek daar stuur. Jy sal sien hoe dit lyk as jy by jou potensiële vriend se werf aankom 🙂 Kyk net rond tot jy die vriendskapsversoekblokkie sien en klik daarop.
En daar is definitief nog ‘n probleem met die registrasieproses – ons is bewus hiervan. Ek hoop die probleem word nog vanmiddag opgelos.
Maar hierts, ek voel skoon vrolik oor sake darem al staan waar dit staan. Mens is net die eerste dag vreemd en van dan af kan dit net beter gaan.
Liewe aarde, maar party van hierdie Afrikaanse terme val vreemd op die oor en die oog. Of hoe? Julle moet vir my sê wat is vir julle oulik en wat skree ten hemele.
Groete,
Naomi M
exionperfexi said on October 22, 2012
Wat sou die voordeel wees om met ‘n ander blogger “bevriend ” te wees ? Word so ‘n blogger se kommentare outomaties geplaas onder jou blogplasings ? Mens kan blykbaar ook later jouself, of die ander medeblogger, as vriend verwyder, as die vriendskap vir een of ander rede sou versuur …
Zeppie - @zephur said on October 22, 2012
Waar is die opsie om ander mense se e-pos in te teken as follower
Jeanne @modigliani said on October 23, 2012
Zep, ek reken elke persoon gaan dit moet opsit.
Ek kry ook nie die “follow me” widget nie….