Skrywers, bloggers, neem op die PEN
October 22, 2012 in Geen Kategorie
Hallo (blog-)skrywers
Saterdagoggend was daar ‘n geskiedkundige vergadering in die Letteregebou van die US: die hergekonstitueerde PEN Afrikaans het vir die eerste keer saamgekom.
Ken julle die agtergrondgeskiedenis hiervan? http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=pretoria_pen
Die PEN-organisasie se naam staan oorspronklik vir Poets, Essayist and Novelists. Die vraag by Saterdag se vergadering was wat presies is ‘n skrywer? Moet jou eie selfstandige papierboek uitgegee word om jou te mag inreken by hierdie organisasie? Wat van joernaliste en dramaturge en enige ander woordkunstenaar?
Wat van ‘n reeks bloginskrywings?
Wie is ‘n skrywer vandag? Is JY, LitNet-blogger, ‘n skrywer? En hoekom?
Groete, Naomi M
exionperfexi said on October 22, 2012
daar is skrywers en SKRYWERS
as Dan Rood ‘n skrywer is , is daar baie meer skrywers as wat mens dink.
as jou skryfgoed iewers in die openbaar gelees word is mens seker ‘n skrywer
selfs hoofstroom skrywers word nie altyd gepubliseer nie – voorbeeld : Annelie Botes se Swart op Wit wat ‘n koue skouer by Tafelberg gekry het onlangs
exionperfexi said on October 22, 2012
Rood met ‘n t na die d = Roodt ( en die insinuasie is net as ‘n flou grappie bedoel )
twaksak said on October 22, 2012
Jy’s ‘n skrywer as jy gereeld skryf?