Nou kan enigiemand blog en enigiemand kan van voor af registreer
October 22, 2012 in Geen Kategorie
Hallo bloggers
Die fout is uitgestryk! Verfris (sou julle refresh so vertaal?) jou blogwerf en siedaar: nou staan daar bo Gebruikernaam en wagwoord “skep asseblief ‘n nuwe rekening om te begin”.
As jy nie die trek oorleef het nie, registreer gewoon van voor af. Jammer oor die bagasie wat langs die pad verloor het, maar klim op – jy is baie welkom.
Ek het stapels navrae gekry van mense wat wil hê ek moet help met hul registrasieproses. Omdat elkeen dit nou self kan doen, versoek ek of almal gou kan kyk of hulle self regkom. As iemand sukkel, laat weet gerus en ek sal raad gee en help waar ek kan.
Groete,
Naomi M
G said on October 22, 2012
Hello Naomi
Ek probeer registreer, maar kry elke keer:
Gaan asseblief jou e-posadres na – in rooi.
My blog, alleman, is een van die wat uitgevee is, en ek probeer nou om dit weer te registreer
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@ G, ek vermoed jy gaan maar net van voor af moet registreer met ‘n nuwe kodewoord. As die bloginskrywings lanter as ses maande gelede s’n is en nie oorgedra is nie, is ek bevrees dit het dalk agtergebly. Ek dink nie dit sal moontlik wees om ‘n ou blog te herregistreer nie. Jy kan net ‘n nuwe een skep. Groete, NM
adage said on October 22, 2012
Ek het presies dieselfde probleem as Alleman hierbo, in Rooi vertel dit gaan asseblief jou eposadres na.
Ek het al selfs alle cookies verwyder.
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@ adage, verwys jy na ‘n ou blog? As hy ouer as ses maande oud is, het hy waarskynlik agtergebly, is ek bevrees. Jy sal nie kan inteken en ‘n ou blog herregistreer nie. Wat jy op die blogblad sien, is al die blogs wat oorgedra is. Kry jy ingeteken en is jy in staat om nuwe bloginskrywings te maak op jou jongste blog? Of verstaan ek verkeerd? Groete, NM
adage said on October 22, 2012
nee ek soek nie my ou blogs nie.Ek verwys daarna om ‘n nuwe rekening te skep.
Omdat 2 van my blogs as adage by 24 was en verwarring veroorsaak het , het ek alle blogs verwyder en wil van vooraf begin. Maar sodra ek alles invul vir ‘n nuwe rekening dan bly dit in rooi sê dat ek my eposadres moet nagaan.
Dis ‘n gmail epos (aangesien dit op kommentaar verskyn) en is in gebruik
Tannie Frannie said on October 22, 2012
‘Verfris’ is vir my ‘n baie mooi vertaling! Ek geniet julle vindingrykheid en waardeer julle moeite.
Joanna se Blokkie said on October 23, 2012
My naam staan nou as joannagraham, en so sal niemand my kry nie. Ek is Joanna Graham en my blogspasie was “Joanna se Blokkie” Hoe kry ek dit herstel?
adage said on October 23, 2012
Zeppie het geskryf
Jou blognaam kan jy verander onder die volgende link…
blogs.litnet.co.za/naam/wp-admin/profile.php (naam = jou blognaam)
Die usernaam wat gebruik is om in te log is nou die blognaam. Daai
naam is veranderbaar as noemnaam…jy verander die nickname en die
display name. Die gebruikernaam kan nie verander word nie.
Probeer ‘n bietjie.