Hoe om as nuwe blogger te registreer
October 22, 2012 in Geen Kategorie
Hallo bloggers
Ons het navrae ontvang en self rondgekyk en in die proses vasgestel hier’s fout: op die oomblik kan niemand van buite registreer as nuwe blogger nie. Wees gerus. Die tegniese mense is op die oomblik besig om die kwessie aan te spreek. Oor ‘n paar uur sal dit moontlik wees vir die hele wêreld om aan boord te spring van LitNet se blogruimte … In die tussentyd, het julle dit al reggekry om julle vriende hier op te spoor?
Ek het ‘n paar navrae hieroor gekry. Laat weet wie nog sukkel, asseblief.
Groete, Naomi M
Faansie said on October 22, 2012
Mooi, ek het net begin dink die fout lê dalk by my
ou-sus said on October 22, 2012
hoe op aarde skryf ek n nuwe blog? ek is nie gewoonlik tegnologies gestrem nie, maar die nuwe bladsy wen my.
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@ou-sus – gaan na +Nuut heel bo en dan na “inskrywing”. Groete, NM
exionperfexi said on October 22, 2012
Gedog na die trek sou die litnetblogs dalk ‘n geslote kletskamer word . Hier is ‘n paar afwesiges wat ek beslis nie sal mis nie . Gaan die nuwe aansoekers onderwerp wees aan ‘n keuringsproses ? Gaan die reg van toegang-bordjie afgehaal word . Hoe werk die proses van arbitrasie as bloggers “gerapporteer” word ?
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
Hallo exionperfexi, nee, almal mag blog – solank hulle hul hou by die reëls van goeie gedrag hier. Jy as blogger het oneindig meer mag. Jy kan self bloggers blokeer en verwyder wat jy nie op jou werf wil hê nie. Ons as bestuur van LitNet kan dieselfde doen, blitsig en dadelik. Almal mag blog maar hoe sê Spiderman nou weer? Saam met al die mag kom ‘n groot homp verantwoordelikheid.
Zeppie - @zephur said on October 22, 2012
Dankie Naomi vir die spoedige terugvoer en regstel van die fout
madhatter said on October 22, 2012
Wat is die verskil van ‘n byskrywing en inskrywing?
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@madhatter: inskrywing is ‘n nuwe bloginskrywing. Waar staan byskrywing? Dis seker ‘n ekstra toevoeging tot die inskrywing … Groete, NM
madhatter said on October 22, 2012
Nee wanneer ek ingaan dan is daar so ‘n opskriffie wat se: Wat is nuut? Met ‘n blokkie en as jy daar iets byvoeg dan verskyn dit langs jou Avatar maar nie op die blogs nie.
Jeanne @modigliani said on October 23, 2012
Dis soos ‘n “status update”
Tina - @ts said on October 22, 2012
Dankie ek dink die ding sal kan werk. Dis lekker dat ons nou ‘n groep op ons eie is.
Is daar iewers ‘n verstelling dat mens nie elke keer die CAPTCHA code hoef in te tik nie?
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@ts, ek dink ons moet maar verlief neem met die CAPTCHA-kode … tot dusver weet ek nie van ‘n manier om dit te systap nie. Maar ek belowe ek sal laat weet as ek iets uitvind. Ek weet die tegniese mense ruim nog op, want hier is nog een of twee dinge wat nog nie seepglad verloop nie. Maar ons het al ver gevorder!
Zeppie - @zephur said on October 22, 2012
Daar is opsie om die captcha kode te verwyder…maar omdat dit spammers blok is dit nie so goeie ding om dit te verwyder nie. As dit verwyder word moet ‘n mens ‘n ander widget laai wat die spam blok sal behartig.
Op sarcy se blog onder blogs24 het hy gepost oor dit
Tina - @ts said on October 22, 2012
Dankie… ek sal kyk of ek hom kan opspoor. Hy was in die hospitaal en dit gaan nie baie goed met hom nie. Wil hom ook nie regtig dan pla nie
Tina - @ts said on October 22, 2012
Dankie… sal maar nog ‘n rukkie uithou tot almal op hulle voete is.