Hoe om as nuwe blogger te registreer

October 22, 2012 in Geen Kategorie

Hallo bloggers

Ons het navrae ontvang en self rondgekyk en in die proses vasgestel hier’s fout: op die oomblik kan niemand van buite registreer as nuwe blogger nie. Wees gerus. Die tegniese mense is op die oomblik besig om die kwessie aan te spreek. Oor ‘n paar uur sal dit moontlik wees vir die hele wêreld om aan boord te spring van LitNet se blogruimte … In die tussentyd, het julle dit al reggekry om julle vriende hier op te spoor?

Ek het ‘n paar navrae hieroor gekry. Laat weet wie nog sukkel, asseblief.

Groete, Naomi M

15 responses to Hoe om as nuwe blogger te registreer

  1. Mooi, ek het net begin dink die fout lê dalk by my

  2. hoe op aarde skryf ek n nuwe blog? ek is nie gewoonlik tegnologies gestrem nie, maar die nuwe bladsy wen my.

  3. Gedog na die trek sou die litnetblogs dalk ‘n geslote kletskamer word . Hier is ‘n paar afwesiges wat ek beslis nie sal mis nie . Gaan die nuwe aansoekers onderwerp wees aan ‘n keuringsproses ? Gaan die reg van toegang-bordjie afgehaal word . Hoe werk die proses van arbitrasie as bloggers “gerapporteer” word ?

    • Hallo exionperfexi, nee, almal mag blog – solank hulle hul hou by die reëls van goeie gedrag hier. Jy as blogger het oneindig meer mag. Jy kan self bloggers blokeer en verwyder wat jy nie op jou werf wil hê nie. Ons as bestuur van LitNet kan dieselfde doen, blitsig en dadelik. Almal mag blog maar hoe sê Spiderman nou weer? Saam met al die mag kom ‘n groot homp verantwoordelikheid.

  4. Dankie Naomi vir die spoedige terugvoer en regstel van die fout

  5. Wat is die verskil van ‘n byskrywing en inskrywing?

  6. Dankie ek dink die ding sal kan werk. Dis lekker dat ons nou ‘n groep op ons eie is.

    Is daar iewers ‘n verstelling dat mens nie elke keer die CAPTCHA code hoef in te tik nie?

    • @ts, ek dink ons moet maar verlief neem met die CAPTCHA-kode … tot dusver weet ek nie van ‘n manier om dit te systap nie. Maar ek belowe ek sal laat weet as ek iets uitvind. Ek weet die tegniese mense ruim nog op, want hier is nog een of twee dinge wat nog nie seepglad verloop nie. Maar ons het al ver gevorder!

Leave a Reply to madhatter Cancel reply