Welkom
October 19, 2012 in Geen Kategorie
Hallo bloggers
Ek heet almal nog ‘n keer welkom by LitNet se nuwe blog-platform. Maar duidelik het ons pas getrek en die bokse moet nog uitgepak word. Dit voel soos ‘n nuwe baba wat arriveer het en mens is die eerste aand almal tuis. Opgewonde, maar ook moeg en dinge aan die uitkyk. Ek het vanmiddag geskryf om almal welkom te heet, maar al wat op die oomblik verskyn, is ‘n toetsboodskap – en nie die boodskap soos ek dit geplaas het nie.
Laat weet my asseblief watter probleme julle ervaar en dan sorteer ons dit volgende week op die ry af uit. Laat weet ook wat vir julle lekker is hierso, asseblief.
Ons gesels later, groete uit ‘n yskoue Stellenbosch.
Naomi Meyer, LitNet: inhoudsbestuurder
Lewies Mymer said on October 20, 2012
Lyk my ek het agtergebly–ek het weer geregistreer as Lewies Mymer, was altyd Lewies Mymer oor Gister, Vandag en More. Dis nog vreemd om hier te navigeer, ongetoetste waters, maar ek glo dit sal mettertyd beter gaan. Ek sal egter bly wees as my inskrywings uit die vagevuur gered kan word.
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@Lewies Mymer, kyk maar rond om te sien wat is alles hier – as jy langer as ses maande gelede gereeld geblog het, bestaan die moontlikheid dat sommige van jou bloginskrywings agtergebly het … Jammer daaroor, ons het laat oordra wat ons kon. Laat weet of jy regkom, groete, NM
Henry @kompethenry said on October 20, 2012
Julle het altwee my blogs oorgedra, pleks van net die HeavyHenry een, en ek kan nie inteken as HeavyHenry nie – die Kompethenry was ‘n tydelike ding vir ‘n kompetisie – ek wil nie kompethenry wees nie, ek wil HeavyHenry wees…
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
Jy kan nou self inteken onder jou eie naam wat jy self kies. Gaan na “skep asseblief ‘n rekening om te begin”. Hier kan jy registreer onder die naam van jou eie keuse. Groete, NM
lora2me said on October 20, 2012
Hi daar! Hier is sowaar lewe!
PIXIE said on October 20, 2012
Hi daar,
Ek sien geen van my vorige inskrywings nie? Toe wonder ek maar net of dit nie saamgeskuif het nie?
Groete,
Nadine
Carol Redelinghuys said on October 20, 2012
Ek sukkel om by my eie blog in te kom. Hulle wil nie my wagwoord aanvaar nie. Wat maak ek nou?
Woef-Woef said on October 20, 2012
Nee wat, dis net dat ek weer van voor af moet leer en moet soek vir al my maatjies, maar met tyd sal alle “probleme” darem seker verdwyn! Ek soek net die “tuisblad” van litnet waar ‘n mens al die nuutste inskrywings kan gaan toetsbestuur!
Zeppie - @zephur said on October 22, 2012
Kliek op link
Blogs.litnet.co.za
Soul Things said on October 20, 2012
Dankie vir die boodskap maar help as julle ‘n tydjie het.
Ek kan glad nie erens sien as ek iets nuuts geblog het nie. Ek kan wel die ander mense se goed sien.
My ou blog verskyn onder weberwe hoe kombineer ek die ou met die nuwe? of gaan dit vir altyd 2 entiteite wees?
Kan ek asb weer my naam BeateCreations terug kry? My login naam verskyn nou as my Blog naam.
Hoop ek maak sin
Dirkie said on October 20, 2012
Hallou , gedink omdat ek WordPress.com blog sal ek maar kom hallou by die nuwe bure.. hoop jul geniet elke oomblik.
Brokkies said on October 21, 2012
Hello
Ek moes nou na ‘n internet kafee kom om in my blogs te kan inlog.
1. Ek kan glad nie op my blogs inlog van my rekenaar af nie. Kry ‘n boodskap van access denied oor ‘n spammer plugin. Ek het al male sonder tal mail hieroor gestuur na health24 se mense maar kry geen reaksie.
2. My blogs eindig feitlik almal in Augustus en die een wat wel argiewe vir September en Oktober het het al my ander blogs se goed in.
Help / fix asseblief.
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
Hallo Brokkies, as jy nog baie bloginskrywings gemaak het teen Augustus, moet jou bloginskrywings hier wees. Klink vir my usernaam vertoon op die oomblik as blognaam – is dit dalk die probleem? Ek vermoed jou bloginskrywings is almal hier. Laat weet of jy regkom, groete, NM
geitjie1 said on October 21, 2012
Ek’s weg! Soos in spoorloos verdwyn, in die buitenste duisternis verdwaal, poef! Ek kan myself nie vind nie.
Nee Naomi wat het jy aan my gedoen, help my asb om myself te vind! Ek wil graag blog, maar ek weg! Kry myself nerens! HELP!
My presiese CAPTCHA kodes word nie aanvaar………….is ek verdoem tot die duisternis?
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
Hallo @geitjie1, toemaar, as jy nog steeds weg is, gaan jy nou-nou kan terugkom … Die tegniese mense werk agter die skerms. Oor ‘n rukkie sal jy van voor af kan registreer as jy nog steeds sukkel om met jou ou kodewoord in te teken. Groete, NM
PIXIE said on October 21, 2012
Hi Naomi,
Ek het toe my inskrywings gekry. Phew. Maar nou sit ek vas. Hoe plaas mens ‘n nuwe blog? Ek het een opgesit, maar dit se dis ‘n byskrywing, so dus verskyn dit nie op die hoof blog blad nie. Help asseblief? Ek voel tegnologies gestremd die hele naweek al.
Dankie!
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@Pixie, kyk heel bo – eers die WordPress-simbool, dan My webwerwe, LitNet Blogs, ensovoorts. Gaan na +Nuut en kies “inskrywings”. So begin jy ‘n nuwe bloginskrywing. Laat weet of jy regkom! NM
geitjie1 said on October 21, 2012
Help Naomi, ek kan nie vriende versoeke uitstuur nie?
LitNet-blogadministrateur said on October 22, 2012
@ geitjie1: sukkel jy nog hiermee? Laat weet of jy reggekom het, asseblief, groete NM
madhatter said on October 22, 2012
Ons is op. Maar die tegnies gestremdes het ‘n moeilike tyd. Die ander blog was darem baie meer “user friendly.”
naas viljoen said on March 21, 2013
sien Brokkies 21 oktober 12 My klagte is baie dieselfde — ek het ook e-posse gestuur sonder sukses “access denied..spammer… plugin” is moontlik agv van feit dat ‘Naas Viljoen’ ,met als wat daaraan gekoppel mag wees, steeds op die ledelys verskyn As dit wortel en tak uit jul sisteem verwyder word sal ek weer probeer Laat weet asseblief of dit nan en wanneer of gee alternatief
LitNet-blogadministrateur said on March 21, 2013
@naas viljoen, kry jy dit reg om te blog? Ek onthou ‘n ruk terug was hier probleme met jou registrasie. Maar as jy hier navraag doen, beteken dit vir my iets het reggekom. Of verstaan ek verkeerd? As jy nog steeds probleme ondervind, kan jy ook vir my e-pos stuur na [email protected]. Groete!
LitNet-blogadministrateur said on March 21, 2013
@ingenas, werk dit om jou met hierdie naam in die gesprek te betrek?
LitNet-blogadministrateur said on March 21, 2013
@ingenas2?
LitNet-blogadministrateur said on March 21, 2013
http://blogs.litnet.co.za/ingenas2/