Jy blaai in die argief vir steel.

Watte naam vir ‘n straat?

Maart 15, 2013 in Misdaad, RSA politiek, Snaaksighede

Ek dink om ‘n naam soos “Pixley ka Isaka Seme” aan enige straat te gee is idioties. Selfs Kakstraat sou meer gepas gewees het, veral gegewe die manier wat die ekonomie lyk. Die Rand se val die afgelope tyd is verseker te danke aan swak ANC statute en  ou pravin se getjommel met pie-in-the-sky idees. Ek wonder of hy en sy gepeupel verstaan dat mens jou manier van doen en spandeer aanpas by jou inkomste en nie die inkomste by wat jy wil spandeer nie. Dis tog nie rocket science nie en hy is mos tipe van geleerd ook rondom die dinge.

Ek wil net vir hom en die hele massa ANC ondersteuners dankie laat weet vir die mooi verhoging wat hulle my laat kry het.

Ek is positief dat ek nog meer sulke verhogings gaan kry as hulle so aanhou om idioties op te tree.

Demmit, amper vergeet ek om die plaaswerkers, Costupido and al die mynwerkers wat so mildelik bydrae tot die stakings poging ook te bedank. Julle bydrae tot my inkomste word hoog wardeer.

Gebreekte vensters en belastings

Oktober 27, 2012 in Belasting

Ek is absoluut gekant teen belastings op mense en met goeie redes ook. Ter verduideliking gebruik ek ‘n storietjie…

In die dorp hoor die bakker een laatmiddag hoe ‘n baksteen deur sy groot voorvenster gegooi word. Hy storm uit om die krimineel te vang wat dit gedoen het, maar die persoon is skoonveld. Sommer gou-gou staan daar ‘n hele skare wat die ding beskou en bespreek. Party voel jammer vir die bakker, maar baie voel die hele episode kan darem nie net negatief wees nie.

Uit die ding gaan die glas besigheid mos nou besigheid kry en dis mos ‘n goeie ding. R500 in sy sak kan mos nie sleg wees vir besigheid in die dorp nie. Die probleem is dat almal wat so redeneer eintlik idiote is. Hulle sien net die besigheid vir die glasmaker, maar nie dat die bakker graag ‘n mooi pak klere wou koop nie. Hulle mis die feit dat die kleremaker nou sonder R500 se inkomste moet sit, praat nie eers van die materiaal verkoper, garingmaker en knoopmaker wat almal aan die kleremaker vooraad sou verskaf nie.

Is belastings nie maar presies dieselfde nie?

Die idiote sien net die brue, hophuise ens maar hulle sien nie die dinge wat nooit gebou kon word nie, juis omdat iemand anders effektief beroof is van sy inkomste nie. Hulle kla oor die diefstal en swak werk van die regering, maar is in effek self diewe, nog erger, diewe wat by hulle buurman en hul eie kinders ook steel.

Blikskottel is oortuig meeste mense gaan sienende blind deur die lewe.