Jy blaai in die argief vir idiote.

Uit die mond van die Egiptenaar

Maart 4, 2013 in Internasionale politiek, Snaaksighede

Met die dat ek nou ‘n projek vir ‘n Engelse maatskappy doen het ek weer baie nuwe mense ontmoet. Die eerste keer werk ek nou saam met ‘n Egiptenaar, nogals ‘n heel skaflike en skerp knaap.

So praat mens nou mos maar oor alles en nog wat en vra ek hom toe uit oor al die gebeure in Egipte.

Sy mening was kort en kragtig:

“In Egypt, the Egyptions are idiots.”

Gebreekte vensters en belastings

Oktober 27, 2012 in Belasting

Ek is absoluut gekant teen belastings op mense en met goeie redes ook. Ter verduideliking gebruik ek ‘n storietjie…

In die dorp hoor die bakker een laatmiddag hoe ‘n baksteen deur sy groot voorvenster gegooi word. Hy storm uit om die krimineel te vang wat dit gedoen het, maar die persoon is skoonveld. Sommer gou-gou staan daar ‘n hele skare wat die ding beskou en bespreek. Party voel jammer vir die bakker, maar baie voel die hele episode kan darem nie net negatief wees nie.

Uit die ding gaan die glas besigheid mos nou besigheid kry en dis mos ‘n goeie ding. R500 in sy sak kan mos nie sleg wees vir besigheid in die dorp nie. Die probleem is dat almal wat so redeneer eintlik idiote is. Hulle sien net die besigheid vir die glasmaker, maar nie dat die bakker graag ‘n mooi pak klere wou koop nie. Hulle mis die feit dat die kleremaker nou sonder R500 se inkomste moet sit, praat nie eers van die materiaal verkoper, garingmaker en knoopmaker wat almal aan die kleremaker vooraad sou verskaf nie.

Is belastings nie maar presies dieselfde nie?

Die idiote sien net die brue, hophuise ens maar hulle sien nie die dinge wat nooit gebou kon word nie, juis omdat iemand anders effektief beroof is van sy inkomste nie. Hulle kla oor die diefstal en swak werk van die regering, maar is in effek self diewe, nog erger, diewe wat by hulle buurman en hul eie kinders ook steel.

Blikskottel is oortuig meeste mense gaan sienende blind deur die lewe.