Jy blaai in die argief vir groener.

Groener weivelde

April 23, 2013 in Belasting, Misdaad, RSA politiek

Deesdae lees ek gereeld in die nuus van die top SA rugby spelers wat met groot geld na die buiteland gelok word. Net vanmore was dit weer mijoene wat aan die Kirchner oukie van die Bulle aangebied is om in Ierland te gaan speel. Dis duidelik dat die buiteland besef ons het die spelers met die talent en dat die sisteem in RSA ryp if om spelers weg te rokkel. Die vraag is wat is die redes wat dit veroorsaak en sover ek kan sien is daar twee hoof redes:

1. Die regering sit eerder geld in die hopelose sokker spanne want die is basies pikswart en dit pas dus by hul rasgedrewe ideologie.

2. Politieke inmenging maak spelers voel hulle sal elders meer waardeer word.

Die spelers se sport is hulle werk en inkomste bron en hoe kan hulle kwalik geneem word. Hulle is tog niks anders as ek en die meer as 1 miljoen ander blankes wat al reeds die land verlaat het  of in die buiteland werk nie. Dis duidelik dat wanneer ‘n regime inmeng in dinge waar hy nie hoort nie, soek die mense uitkoms na groener weivelde. Die wat agterbly skyt dan net nog meer om huis en haard aan die gang te hou, veral as die mense wat skuif hul besighede toemaak.

Ek kan almal net sterkte toewens, ja selfs die wat Orania toe uitwyk en nog gaan uitwyk. Selfs daar is meer vryheid as in die res van die land.