Jy blaai in die argief vir besigheid.

Groener weivelde

April 23, 2013 in Belasting, Misdaad, RSA politiek

Deesdae lees ek gereeld in die nuus van die top SA rugby spelers wat met groot geld na die buiteland gelok word. Net vanmore was dit weer mijoene wat aan die Kirchner oukie van die Bulle aangebied is om in Ierland te gaan speel. Dis duidelik dat die buiteland besef ons het die spelers met die talent en dat die sisteem in RSA ryp if om spelers weg te rokkel. Die vraag is wat is die redes wat dit veroorsaak en sover ek kan sien is daar twee hoof redes:

1. Die regering sit eerder geld in die hopelose sokker spanne want die is basies pikswart en dit pas dus by hul rasgedrewe ideologie.

2. Politieke inmenging maak spelers voel hulle sal elders meer waardeer word.

Die spelers se sport is hulle werk en inkomste bron en hoe kan hulle kwalik geneem word. Hulle is tog niks anders as ek en die meer as 1 miljoen ander blankes wat al reeds die land verlaat het  of in die buiteland werk nie. Dis duidelik dat wanneer ‘n regime inmeng in dinge waar hy nie hoort nie, soek die mense uitkoms na groener weivelde. Die wat agterbly skyt dan net nog meer om huis en haard aan die gang te hou, veral as die mense wat skuif hul besighede toemaak.

Ek kan almal net sterkte toewens, ja selfs die wat Orania toe uitwyk en nog gaan uitwyk. Selfs daar is meer vryheid as in die res van die land.

 

Watte naam vir ‘n straat?

Maart 15, 2013 in Misdaad, RSA politiek, Snaaksighede

Ek dink om ‘n naam soos “Pixley ka Isaka Seme” aan enige straat te gee is idioties. Selfs Kakstraat sou meer gepas gewees het, veral gegewe die manier wat die ekonomie lyk. Die Rand se val die afgelope tyd is verseker te danke aan swak ANC statute en  ou pravin se getjommel met pie-in-the-sky idees. Ek wonder of hy en sy gepeupel verstaan dat mens jou manier van doen en spandeer aanpas by jou inkomste en nie die inkomste by wat jy wil spandeer nie. Dis tog nie rocket science nie en hy is mos tipe van geleerd ook rondom die dinge.

Ek wil net vir hom en die hele massa ANC ondersteuners dankie laat weet vir die mooi verhoging wat hulle my laat kry het.

Ek is positief dat ek nog meer sulke verhogings gaan kry as hulle so aanhou om idioties op te tree.

Demmit, amper vergeet ek om die plaaswerkers, Costupido and al die mynwerkers wat so mildelik bydrae tot die stakings poging ook te bedank. Julle bydrae tot my inkomste word hoog wardeer.

Boodskap aan die (on)regstelsel se pikkewyne

Maart 14, 2013 in Belasting, Internasionale politiek, Misdaad, RSA politiek

Liewe Pikkewyne

Hiermee wil ek julle dalk so bietjie waarsku.

Met die dat daar al so paar van julle aan julle basse moes voel dat mense gatvol is vir julle en julle hele ou vrot reg stelsel, gaan lees gerus weer Bastiat se ‘The law” en sien of julle stelsel enigsins inpas by dit was ons, die vlees en bloed mense, nodig het. Ek  is oortuig ons kan maar net die sogenaamde “common law” of “law of the land” gebruik. Dit was vir baie jare al wat nodig was, tot die korporatiewe Zionisties geinspireerde commies besluit het om eerder ‘n stelsel van wettige roof in te stel.

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/F-State-prosecutor-attacked-with-axe-20110210

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Top-advocate-attacked-injected-at-court-20130314

Wat het ons meer nodig as die eeue oue reels:

“Doen net aan ander dit wat jy aan jouself gedoen wil he.”

“Doen net wat jy wil solank dit op niemand se regte inbreuk maak nie of niemand skade berokken nie”

“Wees eerlike in besigheid”

en as jy nie so maak nie dan sal ons(die jurie van jou medemense), jou straf.

Teveel mense word vandag beroof in howe, ja beroof want dis wat dit is as iemand se geld, goedere, huis  of vryheid afgevat word terwyl daar geen mens is wat skade of besering kan wys nie. Sogenaamde “victimless crimes” is wat die regering deur sy statute skep en julle lot speel en deel lekker saam in die hele gemors.

Ons, die meerdeheid wat vryheid lief het, het genoeg gehad en reg oor die aardbol span ons saam om ons ware vryheid te herwin. Julle sal moet kies aan wie se kant staan julle, ons die mense of die korporatiew regering wat geen gevoel of lewe het nie.

Http://www.oppt.co.za

“If there is ever a fascist takeover in America, it will come not in the form of storm troopers kicking down doors but with lawyers and social workers saying. “I’m from the government and I’m here to help.”
― Jonah GoldbergLiberal Fascism: The Secret History of the American Left from Mussolini to the Politics of Meaning

Gebreekte vensters en belastings

Oktober 27, 2012 in Belasting

Ek is absoluut gekant teen belastings op mense en met goeie redes ook. Ter verduideliking gebruik ek ‘n storietjie…

In die dorp hoor die bakker een laatmiddag hoe ‘n baksteen deur sy groot voorvenster gegooi word. Hy storm uit om die krimineel te vang wat dit gedoen het, maar die persoon is skoonveld. Sommer gou-gou staan daar ‘n hele skare wat die ding beskou en bespreek. Party voel jammer vir die bakker, maar baie voel die hele episode kan darem nie net negatief wees nie.

Uit die ding gaan die glas besigheid mos nou besigheid kry en dis mos ‘n goeie ding. R500 in sy sak kan mos nie sleg wees vir besigheid in die dorp nie. Die probleem is dat almal wat so redeneer eintlik idiote is. Hulle sien net die besigheid vir die glasmaker, maar nie dat die bakker graag ‘n mooi pak klere wou koop nie. Hulle mis die feit dat die kleremaker nou sonder R500 se inkomste moet sit, praat nie eers van die materiaal verkoper, garingmaker en knoopmaker wat almal aan die kleremaker vooraad sou verskaf nie.

Is belastings nie maar presies dieselfde nie?

Die idiote sien net die brue, hophuise ens maar hulle sien nie die dinge wat nooit gebou kon word nie, juis omdat iemand anders effektief beroof is van sy inkomste nie. Hulle kla oor die diefstal en swak werk van die regering, maar is in effek self diewe, nog erger, diewe wat by hulle buurman en hul eie kinders ook steel.

Blikskottel is oortuig meeste mense gaan sienende blind deur die lewe.