Jy blaai in die argief vir Vakansie.

Tel hulle….

Desember 13, 2013 in Fotografie, Vakansie

Ek het maar ‘n ding oor Kudus, so hoeveel is daar die kee? Die lotjie het ek in Etosha afgeneem waar hulle oppad was na ‘n watergat.

So terloop, waar kry die Kudu sy naam vandaan?

Maklik: Een groot bul het eendag al die koeie so bekyk en reken toe: “I kudu you, or you, or you all.”

Baie Kudus

 

Tema: Wolke

Desember 10, 2013 in Fotografie, Vakansie

 

Wolke en berge oppad na Sossusvlei

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

My vrou het kroniese lae bloeddruk, met die gevolg dat sy baie  maklik koud kry. So spot ek altyd dat as daar net een wolkie in die lug is, selfs net so groot soos ‘n man se hand, dan trek sy al klaar haar trui aan. Op die die dag was dit egter anders, want met al die wolke in die lug was dit nog steeds baie warm. Gelukkig het die Xtrail se lugverkoelings stelsel heel goed gewerk.

Die foto is geneem naby Solitaire in Namibia, terwyl ons oppad was na Sossusvlei.

 

 

 

 

 

 

Namibia, Omaruru

Desember 4, 2013 in Fotografie, Vakansie

Omaruru word so half bemark as die kunstenaars dorpie van Namibia. Parys, waar ons woon is so ‘n kunstenaars en vakansie tipe dorpie en ek het aan Omaruru in dieselfde terme gedink. Groot verskil, dit was nie naastenby dieselfde nie, maar met tyd sal dit seker net meer en beter word. Daar is egter genoeg om mens so vir ‘n dag of twee besig te hou.

Moenie die wyn landgoed en sy Kristall Kellerei net buite die dorp mis nie en eet gerus middagete daar. Dit is ‘n wenner en ek en vroulief het die erg baie geniet.

Hier is ook so paar foto wat ek daar geneem het:

1DSC_0006 1DSC_0027 1DSC_0026 1DSC_0012

 

Nog net paar dae oor in Namibia

November 29, 2013 in Fotografie, Vakansie

Wel sover was ons Namibia vakansie heel skaflik. Dinge tussen my en vroulief het so met tyd net beter geraak…seker ook maar omdat ons in die kar was oor lang tye en lang afstande. Ons spandeer maar min tyd by mekaar vanwee my werk, so die ding was regtig ‘n challenge.

Vanaand is ons laaste aan in Swakopmund en more ry ons Winhoek toe waar ons nog twee aande gaan oorstaan en dan is ons oppad huistoe. Een ding het ons agtergekom en dit is dat die lotte hierso op Swakop maar donners ongeskik en kortaf is. Die vriendelikes is daar ook, maar hulle bleik min te wees. Die restaurante vind ek ook  duur met swak waarde vir geld, of dalk kies ons net verkeerd. Die Jetty ene was darem heel skaflik en ons kos was puik en genoeg. R71 vir een klein stukkie lasanja by die plek met 22 in sy naam was verregaande…verseker gan Tripadvisor hoor en een kakkerige rapport kry vir hulle.

Ek plaas maar so paar fotos:

Sossusvlei

Sossusvlei 1DSC_0041 1DSC_0002

Vakansie opdatering

November 22, 2013 in Vakansie

Doelbewus het ek so paar dae helemal van die lug en kuberspasie verdwyn. Ons ry nog in Namibia rond en het al Windhoek, Omamruru, deur Etosha en tot weer op Otjivarongo gevorder. Een ding merk ek op, eintlik twee, Namibiese dorpe is skoon en die paaie in puik toestand. Dis ‘n groot plesier om hier rond te ry, sonder om bekommerd te wees oor padkraters en ‘n oormaat minibus taxis(vleibomme op wiele).

Opmerklik is ook dat swart mense hierso op een van twee maniere optree teenoor ons: Of baie vriendelik, of erg nors. Bedelaars en daggakoppe pla ook so nou en dan maar ons praat net Fanagalo met hulle en dan los hulle ons uit.

Ons besoek vir jare al gereeld koffie winkels en restaurante en eerlikwaar vind ons dat Namibia sin so 10-20 jaar agter die kurwe van SA is. Dis of hulle iewers in die 70’s vasgehaak het op baie plekke. Tenminste is alles skoon en die kos is tog heel smaaklik. Duidelik is hier groot Duitse (blanke) invloed en my gevoel is dat dit ook maar al is wat die land red van totale ondergang. Al wat leef en beef kla ook oor die Sjinese wat teen tempo snot die land binne kom.

Ons gaan nou so paar dae op ‘n lodge net buite Okhandja deurbring en daarna is dit Sossuvlei en dan Swakopmund vir 4 dae. Die laaste twee aande gaan ons weer in Windhoek wees en dan die 2de Desember is ons oppad huistoe. 20 dae in Namibia gee ons darem genoeg kans om nie soos mal hase rond te jaag nie.

Waneer ek tyd het sal ek paar fotos oplaai. Etoshas se diere het redelik mooi saamgespeel, alhoewel ek dink die plek is hoogs oorgewaardeer, veral gemeet teen wat in Kruger gesien kan word. Ek het ook verskeie Europese besoekers hoor kla dat dit wat die bemarking wys, ver verwyder is van die werklikheid.

Groetnis…en koop tog e skyfies, moenie ncuntla fotos plaas nie en wees gehoorsame ANC onderdrukte slawe…..he he, ek gaan geen van die goed ooit doen nie.

 

Groot verrassing

November 14, 2013 in Fotografie, Vakansie

My vrou maak toe my vakansie deur sommer reguit saam met my Namibia toe te vlieg. So, hier is ons nou in Windhoek. Ons bly altyd eers so ‘n dag of wat op een plek om grond te vat en hierso gebruik ons maar die tyd om die plek te verken. Windhoek is skoon, dis een ding wat ek dadelik kon opmerk. Nog its was dat alaml Afrikaans of Duits praat. Selfs die wat Ingels inval slaan dadelik oor as hulle hoor ons is Afrikaans.

Ook opmerklik is dat dit moer droeg is hierso. Die botaniese tuin was een groot teleurstelling, selfs die aalwyne vrek en val om van droogte. Die nasionale museum sal ek nie eers adverteer as ek die regering is nie. Die Transnamib museum by die stasie was egter ons besoek werd. Die plek werk goed en bied baie inligting en raai wie beheer dit? ‘n Duitser, dus geen wonder dit gaan beter as met baie ander plekke nie.

Raai gerus watse plant is dit die?

DSC_0004

 

Laaste dag…dan vakansie.

November 10, 2013 in Fotografie, Vakansie

Wel uiteindelik het die laaste dag van my 6 weke werkstrippie aangebreek. 6 weke is nie ‘n grap op see nie, maar die keer was dinge darem redelik normaal en het ons geen groot probleme ervaar nie.

Die visse het ook mooi saamgespeel en ek kon darem my liefde vir visvang vir ‘n slag tenvolle uitoefen, iets wat nooit tuis gebeur nie. As ek tuis is, is daar net teveel dinge wat my aandag verg.

More oggend vlieg ek eers per helikopter na Soyo, dan met vaste vlerk na Launda waar ek een nag in ‘n hotel moet oorbly. Die volgende dag SAA tot op Johannesburg, weer een nag oorslaap om die volgende more vroeg Namibia toe te vlieg vir 3 weke vakansie. Al wat ek nognie weet nie is wanneer presies my vrou by my gaan aansluit. Hopelik hang har lus om by my te wees ook uit, he he he

My dogter het haar bestuurders lisensie ook gekry, sommer met die eerste probeer slag. Die hoor van dit het my net weereens laat besef dat ons bab nou groot is en een van die dae uit die nes is…..dis nie die heel lekkerste gevoel nie, maar ook nie sleg nie.

Sal pos uit Namibia, hopelik met paar mooi fodies ook.

 

Vakansie beplanning

Oktober 29, 2013 in Fotografie, Vakansie

Een van die dinge wat ek as kontrakwerker doen is om ‘n sekere hoeveelheid dae uit RSA te wees ten einde my blootstelling aan diefstal deur SARS sover moontlik vry te spring. Dus gebruik ek altyd so twee of drie weke om vakansie te hou in die buiteland en die jaar gaan ons Namibia toe.

Ek geniet vakansie beplanning, maar as vroulief nie weet waneer presies sy kan Namibia toe vlieg nie, raak dit eintlik ‘n straf. Ek gaan drie weke daar wees en soos dit nou lyk, sy net vir twee en daai twee weke gaan ons saam gatskuur en soveel moontlik kyk.

Week 1: Windhoek gaan ek verken so op my eie…maar eintlik net rus na ek 6 weke op see was en hard gewerk het.

Dan as vroulief aanland…

Windhoek: 2 nagte

Sossusvlei:2 nagte

Swakopmund: 2 of 3 nagte

Omaruru: 1 nag

Etsosha: 3 of 4 nagte

Okahandja: 1 nag

Dis snaaks hoe daar altyd te min dae is as mens ‘n groot land mooi wil bekyk. Ons sal maar die suide op ‘n volgende trippie moet besoek. Ek gaan hopelik darem mooi fotos geneem kry en sommer net ‘n lekker tyd sam met my vrou deurbring. Soms is dit goed om sonder kinders of enige iemand anders te wees wat ons tyd in beslag neem en ons het die tyd nodig om te praat oor die toekoms.