Jy blaai in die argief vir Vakansie.

Ek’s terug

April 14, 2014 in Fotografie, Vakansie

Ons is weer tuis na ons wegbrekie Balitto toe.

Dit was alles heel gaaf. Al wat my moer gestrip het was die twee spietkops wat net heldag rondloop op die boardwalk en boetes uitsktyf vir karre wat se lisensies nie op datum is nie….dis nou in die tydjies wat hulle nie by ‘n paaslike kafee gesit en eet het nie.

Kon darem mooi fotos neem.

Balitto2-096

Solitaire se Moose is oorlede

Februarie 13, 2014 in Fotografie, Vakansie

In Namibia, by Solitaire het ek Moose twee keer gesien en met hom gesels.Hy was die ou wat die bakkery daar an die gang gehou het en waar mense van oor die hele aarde kom appelstrudel eet het.

Vandag lees ek in Weg dat die woestyn beer oorlede is.

Dis erg, ons was nog in Desember 2013 daarso en het lekker met hom gesels en die gebak geniet. Ons het sy plek twee keer besoek en op die tweede dag(‘n Sondag) was dit baie laat, verby toemaak tyd. Hy was gelukkig nog daar en het ewe vriendelik ons nog bedien en koffie ook gegee. Twee ander buitelandse meisies het dieselfde behandeling gekry. Ek sal hom nooit vergeet nie, al het ek net twee keer in my lewe met hom gepraat.

Snaaks genoeg was hy so deur die gemoedelikheid baie bekommerd oor wat sy toekoms sou inhou. Hy het net vir die mense daar gewerk en soos ek van hom verstaan het, het hy nie veel gehad wat vir hom sou kon sorg op sy oudag nie.Hy was net 56 jaar oud, as dit as oud geterm kan word in vandag se tyd.

Ter ere van Moose plaas ek vandag my beste foto van ons 2013 Namibia trippie.

Vleie1-180

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lekker rus Moose.

Namibia vakansie: Dooie vlei

Februarie 4, 2014 in Fotografie, Vakansie

Dit was altyd top van my lysie om Dooi vlei in Namibia te besoek. My vrou reken sy het gebid van die vorige dag af dat ons goeie weer en lig kon kry. Sonder dit kan mens nie goeie fotos neem nie. Weereens is die bewyse daar dat gebede help, want die weer was perfek vir ons. Gebroke wolke, sagte lig en dit het so gebly tot omtrent 12 uur die oggend.

1DSC_0198 1DSC_0215 1DSC_0202b

 

Namibia vakansie3…as ek reg onthou

Januarie 16, 2014 in Fotografie, Vakansie

Hier is paar fotos wat ek in die Remhoogte pas geneem het, asook by Weltevrede gasteplaas naby Sossusvlei. Die rooi duine op die een foto, is versteen oor duisende jare.

1DSC_0016 1DSC_0025 1DSC_0035 1DSC_0047 1DSC_0054

Namibia vakansie: Omatuzo safari camp

Januarie 1, 2014 in Fotografie, Vakansie

Omatuzo is nie ver van Okahandja af nie en daar is net so 5 permanente tente vir verblyf asook so paar kamp plekkies. Dis skoon en word baie netjies gehou. Etes word saans onder die lapa bedien en ons het ook so bietjie wild gaan kyk op die plaas. Kameelperde in oorvloed was te sien en teen sonderonder het ons fotos geneem waar dit reg rondom ons gereen het….fantasties verby.

Africat-Omatozu147 Africat-Omatozu152 Africat-Omatozu159 Omatozu2-093 Omatozu2-073

Namibia vakansie: Swakopmund

Desember 31, 2013 in Fotografie, Vakansie

Sal so paar blogs doen en fotos wys van alles wat ek in Namibia afgeneem het…met kommentaar soos ek dinge kon sien.

Dus, nommer 1 Swakopmund.

Ons het 4dae in Swakop deurgebring en in Meika’s gastehuis oorgebly. Ek het die 4 dae baie geniet, behalwe vir twee ervarings, die een wat ek moer duur betaal het vir ‘n stukkie lasanja wat nie eers ‘n klein Yorkshire terrier sou kon vul nie..en die een waar ‘n Duitse antie openlik aan die ontbyttafelgesit en kerm het oor hoe ongeskik alle Suid Afrikaners(basies blankes) nou eintlik is. Natuurlik het die idioot nie geweet my vrou verstaan Duits nie, nog minder dat daar Boere mense ook in die gastehuis was nie. Gelukkig het ek my beteul en haar nie aangevat nie, al was dit ook net om my vrou se onthalwe.

1DSC_0159 1DSC_0005 1DSC_0100 1DSC_0154 1DSC_0157

 

 

Kenia, toe ons nog daar kon vakansie hou.

Desember 27, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, Vakansie

FOTO

So paar jaar terug het ons Kenia besoek en dit was fantasties. Nou met die Moslems wat ook die land aanval en onstabiel maak, dink ek daardie land en sy mense gaan nog baie pyn verduur. Dis so ‘n mooi land, maar met so baie boosheid in hom en om hom,…..ai tog.

FOTO??????????

Okay, ek gee oor..hoe op aarde kan ek ‘n link plaas sodat die foto direk hierso wys en nie net die bleddie link nie….

Die mooiste scrapyard op aarde

Desember 22, 2013 in Fotografie, Vakansie

By Solitaire in Namibia is die kleinste en mooiste scrapyard wat ek nog gesien het. Hier is paar fotos wat ek geneem en verwerk het met die doel om dit groot uit te druk en dalk te bemark.

Solitaire scrapyard006 Solitaire scrapyard001 Solitaire scrapyard002 Solitaire scrapyard003 Solitaire scrapyard004 Solitaire scrapyard005

Wat het volgende gebeur?

Desember 14, 2013 in Fotografie, Vakansie

Laat weet gerus wat jy dink volgende gebeur het.

1DSC_0119