Jy blaai in die argief vir Uncategorized.

Veranderinge, ai tog.

September 29, 2013 in Uncategorized

Met ons jongste wat volgende jaar ook universiteit toe gaan, is verandering iets wat ons nou erg aan ons basse voel. Met haar matriek afskeid het ek met een moerse slag besef sy is nie meer ons klein dogtertjie nie. Die tyd het gevlieg of teminste voel dit so.

Hopelik kan vroulief nou dinge aanpak wat sy maar moes uitstel die laaste paar jare. Dis vebasend hoeveel tyd kinders in beslag neem voor hulle skool verlaat.

Verder het my plan om nie meer in die buiteland te werk na die kinders weg is nie, in die slag gebly. Ek dink vroulief is bang vir die idee om my heeltyd naby te he. Ek neem haar nie kwalik nie, aangsien ons maar op ons beste ‘n vet en vuur kombinasie is. Ons baklei net so lekker as wat ons vir mekaar lief is ook….nie die ideale toestand nie,maar dit is wat dit is end ie jaar is ons 15 jaar getroud. Iewers moet ons dus iets reg doen ook.

Groete uit ‘n koel Angola…ja selfs die locals hier wonder wat gaan aan met die weer.

Seun vang honeurs

September 14, 2013 in Uncategorized

So vang seun toe honeurs, wel eintlik het hy dit laasjaar al gevang, maar was in Finland as uitruil student. Volgende jaar is dit meestersgraad ontvang. Volgende jaar gaan doggie ook PUK toe vir BSC Akturiele wetenskappe….maer jare gaan dus nog voort die kant, he he.

Wat maak mense meer gelukkig? My 10 lysie….vir nou.

Augustus 11, 2013 in Uncategorized

Na aanleiding van praatjies vanmore op BBC

Hier is wat my gelukkiger sal maak:

1. Geen party politiek
2. Totale omkeer van die bank en geld sisteem
3. Kastrasie en lewenslange tronkstraf(met dwang arbeid), vir alle verkragters, korrupte regerings amptenare, diere mishandelaar en ontvoerders
4. Geen belasting heffings op mense, maar slegs op maatskappye
5. Geen wette sonder slagoffers
6. Verbanning van rap en al daai tipe musiek
7. Om my stokperdjies baie meer gereeld te kan beoefen.
8. Om vir ou mense vermaak te verskaf.
9. Dat mense nie hul wil op my wil afdwing nie.
10. My vrou en kinders eendag net goeie goed van my sal onthou.

Die vroue in my lewe (vir vrouedag)

Augustus 9, 2013 in Uncategorized

Ek is baie geseend as dit kom by die vroue in my lewe. Ek dink omdat hulle min is, is ek nog meer geseend. My vrou, my dogter, skoonma en suster en dan som paar naby familie wat gelukkig redelik ver woon is meer as genoeg vir my.

Hier is hulle in volle glorie, die krone op my lewe. Hulle gee my gryshare en maak my soms erg moerig, maar ek wil niks en niemand anders as net hulle nodig nie.

Wat ek doen om my brood te verdien

Julie 30, 2013 in Uncategorized

Mense vra my gereeld wat ek doen as ek so op see werk. Ek is ‘n Beheer sisteem ingineur, maar vir meeste mense vertel ek net dat ek met rekenaars werk en dan is hulle tevrede. Die detail en tegnologie waarmee ek werk is net doodeenvoudig ver bo wat meeste mense van weet of kan verstaan.

‘n Ander manier om te verduidelik is dalk; As ek in die vlieg industrie gewerk het, sou ek die ou wees wat die auto-pilot funkises ontwerp, bou, prgrameer en onderhou. Maw, ek werk op die stelsels wat industire en prosesse beheer.

Maar, sonder om nou myself of my werk op te blaas, hier is paar videos wat die huidige projek waaraan ek werk bietjie wys.

http://www.bp.com/en/global/corporate/press/features/in-numbers-the-psvm-project-in-angola.html

Hier is ook iets om te wys waar ek my bevind.

http://www.marinetraffic.com/ais/default.aspx?mmsi=311010200&centerx=10.73248&centery=-6.240338&zoom=10&type_color=8

Groete vanaf die oseaan langs Angola.

My eerste 20 van my top 40 lys as “One Man Band”

Julie 30, 2013 in Uncategorized

Vir baie jare het ek as one man band in pubs, restaurante en baie ander hole opgetree. Dit het my deur tye met min geld darem gehelp die lekker goedjies doen en bekostig wat baie ander appies seker nie kon nie.

Een van die eerste dinge wat ek gedoen het, was om te luister na ander mense en ook te sien watter liedjies die gewildste is in pubs. Die sogenaamde “standards”, was toe die eerste goed wat ek geoefen en begin speel het. Elke man se lys mag dalk anders lyk, maar hier is van myne en ek speel dit vandag nog. Eintlik is die lysie tot by nommer 40 en die hier genoem is nie noodwendig in enige volgorde nie.

1. Smoke on the water-Deep purple

2. I want to break free-Queen

3. Bad moon rising- Creedence Clearwater Revival

4. No woman no cry- Bob Marley

5. The wall- Pink Floyd

6. Cocain -JJ Cale

7. Jailhouse rock- Elvis Presley

8. Hey Jude- The Beatles

9. Black magic woman- Santana

10. Money for nothing- Dire Straights

11. Hotel Califormia – The Eagles

12. Crazy little thing called love- Queen

13. Babe-Styx

14. Country road- To many okes to mention

15. Outa in die langpad- Traditonal Afrikaans

16. In the mood- Glen Miller( I think)

17. You may be right- Billy Joel

18. Daniel- Elton John

19. Do you feel my love- Eddie Grant

20. Knocking on heaven’s door-Guns and roses version

 

Ek moes eers deel

Julie 28, 2013 in Uncategorized

Vir die wat nognie weet nie, behalwe dat ek fotos neem is ek ook ‘n ywerige musikant en geniet ek om na baie musiek style te luister.

So sit ek en kyk na van my gunsteling optredes  en daar tref dit my weer dat STYX waarskynlik een van die bestes ooit was.

Luister gerus na my gunsteling liedjie van hulle, Blue Colar man, hier uitgevoer saam met ‘n jeug blaas orkes. As jy dit geraas vind en nie kliphard kan luister nie, is dit ‘n teken day jy oud raak.

watch?v=75cW04oQ680

Hiekel of is dit jekel

Julie 23, 2013 in Uncategorized

In die straat waar ek groot geword het het ou Tannie Anna Scholtz gewoon. Sy het haar dae meestal omgebring deur perde te speel en te hiekel. Vir my was dit verstommend om te sien hoe daai groot antie met haar groot hande so maklik die mooiste lappies uit die funste gare kon maak. Nog meer verstommend was dat sy al die patrone in haar kop gehad het en omtrent nooit op die werk gekyk het nie, maar heeltyd na die mense met wie sy gepraat het.

Antie Anna kon ook een moerkse lekker koppie tee maak, iets wat haar hoog op my gewildheidsleer geplaas het.

Deesdae sien ek sulke tradisionele handewerk, soos kiekel en breiwerk is weer baie gewild en al hoe meer mense doen dit. My vrou, wat self erg handig is, is ook daarmee besig en ek moes darem spog met haar en haar eerste mussie.

Eendag is eendag

Julie 8, 2013 in Uncategorized

Gister was ek en familie by Nasrec vir die 2013 Classic car show…. fantastiese karre en meeste maak my erg frustreerd, maar eendag as ek groot en ryk is, wie weet wat kan gebeur.

Iets wat ek op FB raakgelees het en mye rg geraak het.

Junie 13, 2013 in Uncategorized

Die eienaar van ‘n troeteldier winkel was net besig om ‘n nuwe bord in die venster op te sit, “Hondjies te Koop”, toe ‘n jong seun by die kennisgewing kom staan en lees. Snaaks hoe kennisgewings soos dié altyd die manier het om veral kinders se aandag te trek.

“Vir hoeveel gaan oom die klein hondjies verkoop?” vra die seuntjie nuuskierig. So tussen R50-00 tot R80-00 ‘n hondjie” sê die eienaar. Die seuntjie steek sy hand in sy broeksak en haal ‘n klomp kleingeld uit. “Ek het R5.00,” sê hy. “Kan ek asseblief na die hondjies kyk?”

Die eienaar van die troeteldier winkel glimlag en gee ‘n fluit, uit die hondehok kom Lady, wat met die winkel gang afgedraf kom gevolg deur vyf klein haar bolletjies met pote. Die een klein hondjie was ver agter die ander vier. Die seuntjie het onmiddellik die klein hondjie opgemerk wat so ver agter die ander is en hy het gemerk dat die hondjie kruppel is. Hy vra toe, “Wat is fout met daardie klein hondjie?”

Die eienaar verduidelik toe dat hy die hondjie by die veearts gehad het om te kyk wat is fout. Die veearts het gesê dat die klein hondjie sonder ‘n heup gewrig gebore is en dat hy sy hele lewe mank sal wees.

Die seuntjie raak baie opgewonde en sê, “Dit is die hondjie wat ek graag wil koop.” “Nee, jy kan nie ernstig wees om daardie mank hondjie te wil koop nie. As jy hom regtig wil hê sal ek hom vir jou verniet gee want niemand sal die hondjie in elk geval wil koop nie.”

Die seuntjie het baie verontwaardig geraak en het die eienaar stip aangekyk en gesê, “Ek wil hom nie verniet hê nie, die hondjie is net soveel werd soos enige ander hondjie in die werpsel en ek sal volprys betaal. Inteendeel hier is solank R5.00 nou en elke maand sal ek R5.00 kom betaal totdat ek die hondjie klaar afbetaal het.”

Diep nadenkend antwoord die eienaar, “Jy moet doodseker wees want onthou die hondjie sal nie kan hardloop, spring en speel soos ander hondjies nie.”

Na die opmerking buk die seuntjie af en trek sy broekspyp op om sy kruppel en verwronge linkerbeen wat ondersteun word deur groot staal stutte te wys. Hy kyk op na die winkel-eienaar en antwoord saggies “Wel, ekself hardloop nie so goed nie en die hondjie het iemand nodig wat dit sal verstaan.” (Skrywer Onbekend)