Jy blaai in die argief vir Uncategorized.

Speentyd

Mei 17, 2014 in Uncategorized

Ek’s besig om myself van die plek af te speen. Gaan terug WordPress toe waar daar tenminste aksie is.

 

groete..sien jou hopelik daarso.

RIP Storm

Mei 1, 2014 in Uncategorized

Een van die geliefste mense wat ek ooit in my lewe ontmoet het, is weg. Ons almal gaan haar baie mis.

 

Op die oorlogspad

Maart 1, 2014 in Uncategorized

Watse tipe mens(nogals hoof van ‘n groot internasionale maatskappy), dreig ‘n man dat hy sy werk kan verloor, net omdat die arme ou gevra het vir iets wat almal rond hom al klaar kry?

In een dag het ek al my respek verloor vir hom en so half vir die maatskappy waarvan hy hoof is. Hulle praat altyd oor hoe belangrik hule mense is, maar in werklikheid is dit heel anders. Net die mense wat in hule spore trap en maar vat wat na hul kant toe kom is veilig.

Dis moeilik vir my om die tipe ding te sien en niks te kan doen nie…nog erger weet ek dat elke werker vandag in presies dieselfde bootjie is.

Nou hoop ek maar die Lions wen…..dalk voel ek dan minder moerig.

 

Hoe om goedkoop jou juis te bou

Februarie 25, 2014 in Uncategorized

Ek stel baie belang in maniere om huise goedkoop en duursaam te bou.

Hierdie is sekerlik een van die beste maniere wat ek nog raakgeloop het.

1781940_214115485455583_82052174_n

 

 

Geleende tranetrekker

Februarie 15, 2014 in Uncategorized

Geleen by Elize le Roux:

MAAK N VERSKIL

Sy het voor haar graad 5 klas gestaan, en vir die kinders vertel dat sy hulle almal ewe lief het, maar soos die meeste onderwysers het sy geweet sy vertel n leuen. Want heel voor in die klas , was daar n seuntjie met die naam van Teddy Stoddard. Mev Thompson het Teddy dopgehou en agtergekom hy speel nie baie goed met die ander kinders nie. Sy klere was baie slordig, en dikwels ongestryk, en dikwels kon jy sien dat hy nie naby n bad was nie. Teddy kon baie onaangenaam wees, en dit het op die punt gekom wat Mev Thompson amper lekker gekry het om sy boeke met n dik rooi pen te merk. n Groot vet X en dan sommer n “F” oor sy werk.

By die skool was dit Mev Thompson se werk om die kinders se ou verslae en rapporte na te gaan. Sy het al die kinders s’n afgehandel en en Teddy se verslae tot heel laaste gelos. Maar toe sy sy ou verslae begin lees, was sy baie verbaas dat sy graad een juffrou geskryf het: Teddy is n baie intellegente kind, en is altyd gereed om jou sy grootste glimlag te gee. Sy werk is netjies en hy het baie mooi maniere. Hy kom baie goed met sy klasmaats klaar.
Sy graad twee juffrou het geskryf: Teddy is n briljante student, populer by die ander kinders maar hy verwerk sy moeder se terminale siekte moeilik, en dit lyk asof omstandighede by die huis moeilik is.
Sy graad drie juffrou het geskryf: Teddy sukkel om sy moeder se dood te verwerk, hy probeer baie hard maar sy pa wys geen belangstelling nie. Stappe sal moet geneem word anders gaan sy lewe uitmekaar val.
Sy graad vier juffrou het geskryf: Teddy is totaal teruggetrokke, en toon geen belangstelling in skool nie., hy het geen vriende nie, en raak soms in die klas aan die slaap.
Hier het Mev Thompson besef waar die probleem le, en sy het haar eie kop in skaamte laat sak.. Sy het nog slegter gevoel toe haar kinders almal vir haar verjaarsdag geskenke bring toegedraai in die blinkste en mooiste papier en linte, en Teddy skaam skaam sy geskenkie neersit toegedraai in die oorblyfsels van n bruin papier sak. Mev Thompson het sy geskenkie eerste oopgemaak voor al die kinders in die klas, die kinders het onder mekaar gegiggel oor die geskenkie, maar toe Mev Thompson die string krale uithaal waarvan heelwat van die krale weg is, het sy dadelik die string stukkende krale om haar nek gehang, toe sien sy daar is nog iets in die pakkie, en haal n kwart botteltjie reukwater uit. Sy spuit toe dadelik daarvan aan en se vir Teddy baie dankie vir die mooiste geskenk ooit.

Na skool het Teddy in die klas bly rond hang tot al die kinders uit is, en toe se hy vir haar toe hulle alleen was, Mev Thompson vandag het jy net soos my mammie geruik. Daardie dag het sy opghou om net die kinders somme lees en skryf te leer, en het sy werklik in belangstelling getoon in elke kind met sy eie behoeftes. Sy het Teddy baie spesiale aandag gegee, en soos wat sy hom aandag gee, so het hy begin blom, sy werk het verbeter en aan die einde van daardie jaar was hy die slimste kind in die klas en was hy duidelik juffrou se witbroodjie.

n Jaar later het sy eendag n briefie onder haar deur gekry wat se: Mev Thompson u is nog steed die beste onderwyseres wat ek nog ooit gehad het. Ses jaar het verby gegaan voor sy weer eendag n briefie onder haar klas deur gekry het, wat se: Dankie mev Thompson u is nog steeds die beste juffrou wat ek ooit gehad het., ek is nou klaar met hoerskool en hy was derde beste van die matrieks daardie jaar.

Vier jaar later kry sy weer n briefie wat se hy was deur n rowwe tyd, maar dat hy vasgebyt het het en dat hy sy studies daardie jaar met ere kleure klaar gemaak het, en dat sy nog steeds sy beste juffrou was. Nog vier jaar later het sy weer n briefie gekry, dat sy nog steeds die beste juffrou is en dat hy sy BA graad met lof geslaag het, maar dat hy nog bietjie verder gaan leer. Toe kom daar weer n briefie, sy was nog steeds sy beste juffrou, en sy studies was nou klaar en die briefie wat geteken: Theodore F Stoddard MD. maar hy wil ook sommer weet aangesien sy pappie n paar jaar tevore tot sterwe gekom het, en hy n baie oulike meisie ontmoet het, en hy gaan trou, of sy nie asseblief saam met hulle aan die bruidstafel sal sit nie. Die plek wat vir die bruidegom se ouers gereseveer was.

Sy het gegaan, en ja jy is reg, sy het daardie selfde string krale gedra, en die laaste bietjie van die reukwater aan haar gespuit. Hy het haar styf vasgedruk en in haar oor gefluister, dankie Mev Thompson dat jy in my geglo het, dankie vir die liefde en die aandag, en dat u my geleer het dat een mens kan n verandering in n ander se lewe aanbring. Met trane oor haar wange het sy vir hom gese: Teddy jy is so verkeerd, jy het my geleer dat dit moontlik was om n verandering in iemand se lewe te maak. Ek het nooit geweet wat dit beteken om n onderwyseres te wees totdat ek jou ontmoet het nie.. Vir julle wat nie weet nie Teddy Stoddard is die dokter by Iowa Methodiste Hospitaal in Des Moines en is in beheer van die kanker vleuel van die hospitaal.

Vra jouself die vraag vandag, het ek al in iemand se lewe n verandering gemaak. Deur liefde te betoon, en die gesindheid van Jesus teenoor ander te openbaar kan jy iemand wat in die modder le, oplig. Dit was n klein daad van liefde wat vir n verlore seuntjie weer rigting in die lewe gegee het. Jy kan ook n verskil maak deur liefde te betoon.

Geseende naweek vir julle

Hoennergemors

Januarie 15, 2014 in RSA politiek, Uncategorized

Vir elke moer wat ANC stem, vat so met die hoenner pryse wat tot 30% gestyg het. Julle stemme verseker swaarkry vir almal, maar meeste vir ANC ondersteuners.

Julle sal nog bid vir Boer manne om julle honger te help wegvat.

Kersfees 2014

Desember 25, 2013 in Uncategorized

Die Kersfees bring ek op see deur. In ons werk gebeur dit soms maar so en ek is al half gewoond aan dit. Die gevolg is dat ons maar ons fees hou as ons dan weer bymekaar is.

Die komende een gaan erg anders wees aangesien albei ons kinders nou uit die huis is…behalwe party naweke wat hulle kom moedermelk drink en klere gewas moet kry he he.  Aan die een kant pla dit my nie, maar aan die anderkant sien ek uit na tye net met my en die blondie.

Dit daargelaat, tenminste kry ons moerse lekker kos aan boord oor Kersfees en nuwejaar…en flippen baie van dit ook.

Mag almal wat die stukkie lees se Kersfees net so geseend wees en mag die nuwejaar se suksesse jou oorrompel in oormaat.

Hoe maak ons die land reg, my idees

November 4, 2013 in Uncategorized

1. Verwyder party politiek heeltemal.

2. Kandidate vir regering mag net genomineer word as hulle elke jaar langer as 300 dae in die area bloy waar hulle genomineer word.

3. Verkose mense antwoord in alles aan hul kiesers aleenlik.

4. Die president word deur die mense verkies en mag net 1 temyn van 3 jaar dien.

5. Die president mag aangekla en verwyder word deur ‘n 50%+1 sou hy enigsins buite die wet handel.

6. Politici moet aangekla en verhoor word vir enige oortreding van die wet., selfs die kleinste en tronkstraf moet altyd toegeken word.

7. Die howe moet totaal onafhanklik wees van die staat.

8. Die konstitusie moet herskryf word en elke stemgeregtigte moet die aanvaar en onder teken om daardeur gebind te wees. Geen mens mag gedwing word daartoe nie en sulkes sal dan aleenlik onder algemene reg staan.

9. Geen mens mag gedwing word om deel van die Republiek te wees nie en geboorte regisrasie sal vewyder word. Mense kan as hul 21 is self besluit of hulle deel van die republiek wil word en so stemreg verkry.

10. Elke mens bo 21 jaar oud sal een stem kry.

11. Indien ‘n mens een van die volgende het sal hy een stem ekstra kry vir elk van:

Matriek, graad, besigheids eienaar

 

Groen

Oktober 5, 2013 in Uncategorized

Vandag net een ding:

Skree tog vir die Bokke

Kwa2-103

vandag, groot asb!!!

en as jy sukkel

Skreeu op die ref!!