Jy blaai in die argief vir Uitdaging.

Wit en swart

Maart 29, 2014 in RSA politiek, Temas, Uitdaging

Deesdae is niks mos swart en wit nie. Die liberales wil ons mos wysmaak alles is eintlik grys. Wel hulle se gatte op toast.

Racist

 

Skaduwee

Maart 21, 2014 in Misdaad, Uitdaging

Al gaan ek deur die dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie.

…en ek het geen probleem om mense wat my en my gesin bedreig deur daai doodsdal te maak stap nie. Ek bid dat niemand ooit onder my wraak sal hoef deur te loop nie. Ons almal het daai genade nodig.

Genoeg is genoeg.

Tema: P vir pestilensie

Maart 4, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging

Pestilensie is een van die Afrikaanse woorde wat ek baie van hou.

Pestilensie in gewone spreektaal kan siekte beteken.

Voorbeeld: Die pestilensie het my al drie dae beet.

 

Pestilensie kan ook ‘n lastige of ongeskikte mens beskryf.

Voorbeeld: Ou Gert is ‘n regte pestilensie rondom die vroumense.

 

PRET tydens PUKKE se Jool 2014

Jool2014DSC_0025

Blog uitdaging: Bekers

Februarie 17, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging

In ons huis hou koffie bekers darem redelik lank. My vrou is mal oor mooi koffie bekers en koop so nou en dan nuwes, sommer net omdat dit vir haar mooi is.

Persoonlik gee ek nie veel om hoe ‘n beker lyk nie. Ek gee meer om oor hoe groot dit is. As ek tee drink moet dit verkieslik nie te groot wees nie. Effe kleiner bekers maak dat ek die tee sterk kan kry en vir my is dit beter as kasaterwater.

Koffie bekers moet net die gewone grootte wees, nie daai tamaaie goed wat my vrou verkies nie.

Die beste beker vir my is ‘n blik beker. Alles kan daaruit gedrink word, tot ‘n lekker skeut mamper. Hier is so paar oues wat ek afgeneem het. Mense koop dit by ons antieke winkel om blomme in te plant.

Sat-03

Uitdaging: Woorde

Februarie 3, 2014 in Misdaad, Temas, Uitdaging

Wette is NET woorde.

Woorde se betekenis kan verander en dit kan selfs meer as een betekenis he

Geen wonder “geleerdes” staan heeldag en redekawel in howe nie.

Meestal redekawel hulle nie oor geregtigheid nie, ook nie oor die woorde nie,

maar oor kostes

Die woord, kostes, beteken hier, die fooie wat die prokurowers en advokate wil uitmergel.

Uitdaging-G

Januarie 21, 2014 in Uitdaging

Ek plaas net ‘n paar reeltjies uit ‘n liedjie wat ek lank terug geskryf het:

Gee net ‘n bietjie liefde

Gee net ‘n stukkie van jou hart

Gee net ‘n bietjie van jou tyd vir my

Dis al wat ek jou vra.

Die soms gewillige model