Wit en swart
Maart 29, 2014 in RSA politiek, Temas, Uitdaging
Maart 29, 2014 in RSA politiek, Temas, Uitdaging
Maart 4, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging
Pestilensie is een van die Afrikaanse woorde wat ek baie van hou.
Pestilensie in gewone spreektaal kan siekte beteken.
Voorbeeld: Die pestilensie het my al drie dae beet.
Pestilensie kan ook ‘n lastige of ongeskikte mens beskryf.
Voorbeeld: Ou Gert is ‘n regte pestilensie rondom die vroumense.
PRET tydens PUKKE se Jool 2014
Februarie 27, 2014 in Fotografie, Temas
The cure for anything is salt water – sweat, tears, or the sea. ~Isak Dinesen
The true peace of God begins at any spot a thousand miles from the nearest land. ~Joseph Conrad
“Cry. Forgive. Learn. Move on. Let your tears water the seeds of your future happiness.”
― Steve Maraboli
“Human nature is like water. It takes the shape of its container.”
― Wallace Stevens
Laastens darem so een van my onlangse fotos uit Kruger:
Papnat Buffels.
Februarie 17, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging
In ons huis hou koffie bekers darem redelik lank. My vrou is mal oor mooi koffie bekers en koop so nou en dan nuwes, sommer net omdat dit vir haar mooi is.
Persoonlik gee ek nie veel om hoe ‘n beker lyk nie. Ek gee meer om oor hoe groot dit is. As ek tee drink moet dit verkieslik nie te groot wees nie. Effe kleiner bekers maak dat ek die tee sterk kan kry en vir my is dit beter as kasaterwater.
Koffie bekers moet net die gewone grootte wees, nie daai tamaaie goed wat my vrou verkies nie.
Die beste beker vir my is ‘n blik beker. Alles kan daaruit gedrink word, tot ‘n lekker skeut mamper. Hier is so paar oues wat ek afgeneem het. Mense koop dit by ons antieke winkel om blomme in te plant.
Februarie 9, 2014 in Musiek, Temas
My voorstel vir ‘n tema is:
Kies een of twee sinne uit enige liedjie wat enige vrou graag van haar geliefde wil hoor
Gisteraand sit ek en kyk na ‘n konsert van REO Speedwagon wat onlangs in Chicago opgeneem is. Die ou toppe kan nog die ding doen en uit een van hulle liedjies, Find your own way home, kom die woorde:
“I forgive your trespasses and I beg mercy for my own”
Watter vrou sou dit nie van haar geleifde wou hoor nie, vra ek enige iemand wat net naastenby iets van liefde en verhoudings weet?
Februarie 3, 2014 in Misdaad, Temas, Uitdaging
Wette is NET woorde.
Woorde se betekenis kan verander en dit kan selfs meer as een betekenis he
Geen wonder “geleerdes” staan heeldag en redekawel in howe nie.
Meestal redekawel hulle nie oor geregtigheid nie, ook nie oor die woorde nie,
maar oor kostes
Die woord, kostes, beteken hier, die fooie wat die prokurowers en advokate wil uitmergel.
Desember 24, 2013 in Fotografie, Temas
Desember 17, 2013 in Temas
Inleiding
Duitswes is lekker, Duitswes is goed.
Duitswes is vol van die boertjie se bloed.
Al trek ons sonder water, al trek ons sonder kos.
Dan weet ons die boertjies die gaan ons verlos.
Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.
Ons kommandantjie is ‘n klein Joubert.
Hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver.
Hy trek deur die bosrand met ‘n grote gevaar.
Ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar.
Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.
Klein kommandantjie en ‘n groot generaal.
Hulle trek met ons daar uit ou Wes Transvaal.
Ons drink eers ‘n sopie, dan gaan ons weer weg.
Dan gaan ons ook moedig teen die platpote veg.
Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.
My diertjie die huil nou, haar hartjie die blus.
Haar soetlief is nie hier nie, maar ver in Duitswes.
Duitswes word donker, Duitswes word goed.
Duitswes word donker, van die Germanse bloed.
Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die moi rok, dis die rooi rok wat swaai.
Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.
Musiek en lirieke deur Randall Wicomb – Uitgewer TRC Musiek
November 5, 2013 in Temas
Onlangse kommentare