Jy blaai in die argief vir Musiek.

Tema voorstel…en ‘n voorbeeld.

Februarie 9, 2014 in Musiek, Temas

@Tina10

My voorstel vir ‘n tema is:

Kies een of twee sinne uit enige liedjie wat enige vrou graag van haar geliefde wil hoor

Gisteraand sit ek en kyk na ‘n konsert van REO Speedwagon wat onlangs in Chicago opgeneem is. Die ou toppe kan nog die ding doen en uit een van hulle liedjies, Find your own way home, kom die woorde:

“I forgive your trespasses and I beg mercy for my own”

Watter vrou sou dit nie van haar geleifde wou hoor nie, vra ek enige iemand wat net naastenby iets van liefde en verhoudings weet?