Jy blaai in die argief vir Fotografie.

Party keer is genoeg net mooi genoeg

April 28, 2014 in Fotografie, RSA politiek

Soos ek ouer word, lw nie ouer voel nie, raak ek al hoe meer moerig en gatvol vir mense soos Zuma, Malema en die hele ou boksomdais wat vir hulle stem. Smaak my ons is omring deur massas idiote of dalk kriminele. Hoekom enige eerlike mens vir sulke kriminele sou wou stem is iets wat ek nie kan verstaan nie.

Die vetseun hou aan reken blankes het swartes se grond gesteel, maar niemand bleik hom te dwing om dit te bewys nie. Groot sake leiers is doodstil, proffies en regsgeleerdes ook, dis om van siek te word. Dit is net so hier en daar wat ‘n paar die saak aanspreek en natuurlik word ons heeltyd aangevat deur die swartes wat dalk lees en natuurlik die liberale, stinkse blankes, wat nog steeds dink die nuwe RSA het plek vir alle volke en dat almal vry is. Fok, gaan die mense nooit wakker word en die werklikheid sien nie. Die stelsel is bedoel om ons saam te hok sodat ons maklik beroof kan word en beroof die word almal. E-tol, grond belastings, eiendoms belastings en VAT slaan ons heeltyd en ek is seker verhoogte persoonlike belastings gaan ook binnekort ‘n werklikheid word.

Die ANC regime maak lenings teen tempo snot en net deur belastings kan hulle die rentes en dalk die lenings terugbetaal. Die probleem is dat daardie lenings ook grootliks deur ons kinders en hul kinders betaal sal moet word. Basies leen hulle nou om self lekker te leef en verwag van die jonges om eendag vir al die gefuif te betaal. Dis om van te kots. My kinders besef dat as hulle in SA bly sal kak en betaal hul voorland wees, daarom beplan hulle en ons klaar hoe ons dit gaan verhoed. Die ANC gemors en sy stemvee sal ons nie uitroei nie, dis verseker.

groete uit Angola

Net so vir die lekkerte, nog so fototjie uit ons Balitto trippie. Glo my ek sal baie eerder nog daarso wou wees.

Balitto2-063

Ek’s terug

April 14, 2014 in Fotografie, Vakansie

Ons is weer tuis na ons wegbrekie Balitto toe.

Dit was alles heel gaaf. Al wat my moer gestrip het was die twee spietkops wat net heldag rondloop op die boardwalk en boetes uitsktyf vir karre wat se lisensies nie op datum is nie….dis nou in die tydjies wat hulle nie by ‘n paaslike kafee gesit en eet het nie.

Kon darem mooi fotos neem.

Balitto2-096

Ek werk hard om my foto “editing” te verbeter

Maart 23, 2014 in Fotografie

 

Ek probeer hard om mu diting op proffesionel standaard te kry. Ek doen ook detail vel werk en al die ander versteliongs om goeie fotos in puik fotos te verander.

Laat weet gerus as jy fotos het wat sulke spesiale edits nodig het.

Ek kwoteer graag om dit te doen.
CM69

Tema: P vir pestilensie

Maart 4, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging

Pestilensie is een van die Afrikaanse woorde wat ek baie van hou.

Pestilensie in gewone spreektaal kan siekte beteken.

Voorbeeld: Die pestilensie het my al drie dae beet.

 

Pestilensie kan ook ‘n lastige of ongeskikte mens beskryf.

Voorbeeld: Ou Gert is ‘n regte pestilensie rondom die vroumense.

 

PRET tydens PUKKE se Jool 2014

Jool2014DSC_0025

Tema: Water

Februarie 27, 2014 in Fotografie, Temas

The cure for anything is salt water – sweat, tears, or the sea.  ~Isak Dinesen

The true peace of God begins at any spot a thousand miles from the nearest land.  ~Joseph Conrad

“Cry. Forgive. Learn. Move on. Let your tears water the seeds of your future happiness.”
― Steve Maraboli

“Human nature is like water. It takes the shape of its container.”
― Wallace Stevens

Laastens darem so een van my onlangse fotos uit Kruger:

Papnat Buffels.

Kruger1-DSC_0296

Blog uitdaging: Bekers

Februarie 17, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging

In ons huis hou koffie bekers darem redelik lank. My vrou is mal oor mooi koffie bekers en koop so nou en dan nuwes, sommer net omdat dit vir haar mooi is.

Persoonlik gee ek nie veel om hoe ‘n beker lyk nie. Ek gee meer om oor hoe groot dit is. As ek tee drink moet dit verkieslik nie te groot wees nie. Effe kleiner bekers maak dat ek die tee sterk kan kry en vir my is dit beter as kasaterwater.

Koffie bekers moet net die gewone grootte wees, nie daai tamaaie goed wat my vrou verkies nie.

Die beste beker vir my is ‘n blik beker. Alles kan daaruit gedrink word, tot ‘n lekker skeut mamper. Hier is so paar oues wat ek afgeneem het. Mense koop dit by ons antieke winkel om blomme in te plant.

Sat-03

Solitaire se Moose is oorlede

Februarie 13, 2014 in Fotografie, Vakansie

In Namibia, by Solitaire het ek Moose twee keer gesien en met hom gesels.Hy was die ou wat die bakkery daar an die gang gehou het en waar mense van oor die hele aarde kom appelstrudel eet het.

Vandag lees ek in Weg dat die woestyn beer oorlede is.

Dis erg, ons was nog in Desember 2013 daarso en het lekker met hom gesels en die gebak geniet. Ons het sy plek twee keer besoek en op die tweede dag(‘n Sondag) was dit baie laat, verby toemaak tyd. Hy was gelukkig nog daar en het ewe vriendelik ons nog bedien en koffie ook gegee. Twee ander buitelandse meisies het dieselfde behandeling gekry. Ek sal hom nooit vergeet nie, al het ek net twee keer in my lewe met hom gepraat.

Snaaks genoeg was hy so deur die gemoedelikheid baie bekommerd oor wat sy toekoms sou inhou. Hy het net vir die mense daar gewerk en soos ek van hom verstaan het, het hy nie veel gehad wat vir hom sou kon sorg op sy oudag nie.Hy was net 56 jaar oud, as dit as oud geterm kan word in vandag se tyd.

Ter ere van Moose plaas ek vandag my beste foto van ons 2013 Namibia trippie.

Vleie1-180

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lekker rus Moose.

Diere portrette uit Kruger Nasionale Park

Februarie 6, 2014 in Fotografie

So ruk terug was die tema portrette en toe het ek gesigte geplaas…hier is so paar diere portrette.

Laat weet gerus wat julle daarvan dink.

Kruger1-DSC_0058 Kruger1-DSC_0019 Kruger1-DSC_0052 Kruger1-DSC_0116 Kruger1-DSC_0256 Kruger1-DSC_0365

 

 

Namibia vakansie: Dooie vlei

Februarie 4, 2014 in Fotografie, Vakansie

Dit was altyd top van my lysie om Dooi vlei in Namibia te besoek. My vrou reken sy het gebid van die vorige dag af dat ons goeie weer en lig kon kry. Sonder dit kan mens nie goeie fotos neem nie. Weereens is die bewyse daar dat gebede help, want die weer was perfek vir ons. Gebroke wolke, sagte lig en dit het so gebly tot omtrent 12 uur die oggend.

1DSC_0198 1DSC_0215 1DSC_0202b

 

Skoen vir Tina

Januarie 31, 2014 in Fotografie

@tina10

Hier is so paar idees wat ek met daai ou skoen gedoen het. Lekker speel met Photoscape.

SkoenSkoen-02e3 SkoenSkoen-02e1 SkoenSkoen-02e2