Tema: P vir pestilensie
Maart 4, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging
Pestilensie is een van die Afrikaanse woorde wat ek baie van hou.
Pestilensie in gewone spreektaal kan siekte beteken.
Voorbeeld: Die pestilensie het my al drie dae beet.
Pestilensie kan ook ‘n lastige of ongeskikte mens beskryf.
Voorbeeld: Ou Gert is ‘n regte pestilensie rondom die vroumense.
PRET tydens PUKKE se Jool 2014
tina10 het gesê op Maart 4, 2014
Ja dis sommer ‘n lekker woord
lora2me het gesê op Maart 4, 2014
Is DIT nou nie die oulikste woord nie – ek stem saam.
tantekoba het gesê op Maart 4, 2014
Is dit jou meisiekind?
blikskottel het gesê op Maart 5, 2014
Nee, sommer net van die eerstejaars tydens die jool optog.
monicahaddad het gesê op Maart 4, 2014
Ek sal jou sê wat is ‘n regte pestelensie, die rotte wat my druiwe so plunder!
perdebytjie het gesê op Maart 5, 2014
Ek stem saam..een van baie oulike woorde in Afrikaans.Dis die oulikste foto!
blikskottel het gesê op Maart 6, 2014
Dis altyd lekker om die jool af te neem…myne is nou altwee deur dit, maar ek sal seker maar nog steeds sover moontlik dit loop kyk. Dis eintlik heel prettig.
Maar vir fotos neem…ek wil weer terug Namibia toe, die keer dalk die suide. Ons soek ook erg vir plek om te koop in Swakop of Walvis.