Op die oorlogspad

Maart 1, 2014 in Uncategorized

Watse tipe mens(nogals hoof van ‘n groot internasionale maatskappy), dreig ‘n man dat hy sy werk kan verloor, net omdat die arme ou gevra het vir iets wat almal rond hom al klaar kry?

In een dag het ek al my respek verloor vir hom en so half vir die maatskappy waarvan hy hoof is. Hulle praat altyd oor hoe belangrik hule mense is, maar in werklikheid is dit heel anders. Net die mense wat in hule spore trap en maar vat wat na hul kant toe kom is veilig.

Dis moeilik vir my om die tipe ding te sien en niks te kan doen nie…nog erger weet ek dat elke werker vandag in presies dieselfde bootjie is.

Nou hoop ek maar die Lions wen…..dalk voel ek dan minder moerig.

 

13 antwoorde op Op die oorlogspad

  1. tina10 het gesê op Maart 1, 2014

    Ai toggie … is jy seker van jou feite … dan kan jy hom aankla dan nie?

    • blikskottel het gesê op Maart 2, 2014

      Die ou kan dalk dit doen, maar gewoonlik staan base saam en die werker het geen kans nie…ek sien die dinge al lank gebeur. Gelukkig is alles op epos en is daar rekords van presies wie wat gevra en wie wat geantwoord het.

  2. Twaksak het gesê op Maart 1, 2014

    En toe verloor die blêrrie Lions ôk!

  3. @blikskottel Daar gaan verloor hulle toe so wragtig en ek kan dink hoe voel jy nóu. Ek weet nie van wie jy praat nie, of is dit té persoonlik?

    • blikskottel het gesê op Maart 2, 2014

      Ek het groot hoop gehad vir die Lions, maar duidelik sal hulle baie harder moet werk. Die ander sakie is niks wat nie hanteer kan word as die ou betrokke en almal in soortgelyke poisisies saamstaan nie. Ongelukkig het ek al teveel kere gesien dat base saamstaan en mense uitwerk wat vrae vra wat hulle nie wil of kan antwoord nie. Ek hoop maar alles waai oor.

  4. tantekoba het gesê op Maart 1, 2014

    hoe moet hierdie Bulls ondersteuner nou voel omdat ons jou dalk nou nog moeriger het ? 😛

    ek is nie altyd so op hoogte van die nuus nie – weet dus nie na wie jy verwys nie

  5. Ag en toe speel die Lions glad nie goed nie…ek het so gewens hul wen die Pienk Koeie

  6. lora2me het gesê op Maart 3, 2014

    Jy kry mense wat daarvan hou om te “hire” en ander wat graag “fire”. Gelukkig vir die slagoffers en, jammer, vir die baas, bestaan daardie lukrake reg om net links en regs te “fire” lankal nie meer nie en dankie tog, daar is ‘n CCMA wat almal se arbiter is. Alle werkgewers is nie monsters nie, maar daar is ‘n paar mense wat nooit die gesagsposisie moes gekry het nie, ongeag of hulle honderde kwalifikasies en jare se ondervinding het.

  7. Woef-Woef het gesê op Maart 16, 2014

    Gesag is ‘n gevaarlike ding en baie mense weet nie hoe om dit regverdig te hanteer nie. Dis hoekom ek dikwels sê, hoewel ek vakbonde verpes, is dit maar soms nodig dat daar iemand is wat die gewone ou se belange kan help beskerm.

    • Beskerm van belange is een ding, maar pogings om ander te terroriseer en beroof is iets heel anderrs en dit is wat die unies doen.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.