Oorlog en burgerlike opstande in die nuus

Februarie 19, 2014 in Internasionale politiek, Misdaad

Is dit net ek wat dit so ervaar, of is daar skielik baie meer onrus in baie lande as gewoonlik?

Sentraal Afrikaanse Republiek is basies aan die brand in burger oorlog.

Ukraine is vinnig besig om dieselfde pad te loop.

In Thailand is burgerlike opstand en verset al maande lank aan die gang.

Egipte se probleme kry nie einde nie en ek dink ook nie dit gaan gou nie.

In RSA is burgerlike opstand al amper ‘n daaglikse gegewe.

In Griekeland is daar gereeld burgerlike aksie, dis net dat die media dit nie meer gereeld rapporteer nie.

 

Hou die nuus dop, ek verwag nog meer van die tipe ding.

 

12 antwoorde op Oorlog en burgerlike opstande in die nuus

  1. tina10 het gesê op Februarie 19, 2014

    Gerugte van oorloë…

  2. Van die vroegste tye af lees mens van oorloë en gerugte van oorloë

  3. Ek het al gewonder en selfs daaroor geskryf, hoe sou Afrika nou gelyk het sonder imperialisme.

  4. Godiva het gesê op Februarie 19, 2014

    Die IRA wil-wil ook weer kop uitsteek hier. Daar was 4 dreigemente afgelewer in en om Londen die week. Die Iere leer ook nooit nie..

  5. Daar is net eenvoudig te veel mense op aarde.

  6. Godiva het gesê op Februarie 20, 2014

    Wat dink jy pla die IRA-Iere.. godsdiens en grondbesit. Dieselfde twee goed waaroor mense al van die begin van tyd af oorlog voer.

    Daar het ook ‘n ruk terug ‘n helse hullabaloo uitgebruik weer oor die wettiging van aborsie. ‘n Moslem vrou is oorlede omdat die Ierse dr geweier het om ‘n aborsie(of wat mens dit ookal noem as die fetus reeds dood is) te doen. Sy is toe dood voordat sy dit tot in Engeland kon maak vir mediese hulp. Die onafhanklike deel van Ierland is maar nog baie Victoriaans amper, hoor.

    Daar waar kinders en oumense opgeblaas word wat aan die verkeerde kant van die straat woon, en aan die verkeerde kerk behoort. How’s that for christian fellowship…

    • Dit het niks met geloof uit te waai as mens na die basis van die hele gemors kyk nie. Grond, geld en besittings is die euwel en geloof word net bygetrek om mense te motiveer om te veg, al gaan hulle niks uit die hele gemors kry nie. Dis hoe alle oorloee werk. Geld word gemaak deur ‘n paar en miljoene sterf in die proses.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.