Blog uitdaging: Bekers

Februarie 17, 2014 in Fotografie, Temas, Uitdaging

In ons huis hou koffie bekers darem redelik lank. My vrou is mal oor mooi koffie bekers en koop so nou en dan nuwes, sommer net omdat dit vir haar mooi is.

Persoonlik gee ek nie veel om hoe ‘n beker lyk nie. Ek gee meer om oor hoe groot dit is. As ek tee drink moet dit verkieslik nie te groot wees nie. Effe kleiner bekers maak dat ek die tee sterk kan kry en vir my is dit beter as kasaterwater.

Koffie bekers moet net die gewone grootte wees, nie daai tamaaie goed wat my vrou verkies nie.

Die beste beker vir my is ‘n blik beker. Alles kan daaruit gedrink word, tot ‘n lekker skeut mamper. Hier is so paar oues wat ek afgeneem het. Mense koop dit by ons antieke winkel om blomme in te plant.

Sat-03

6 antwoorde op Blog uitdaging: Bekers

  1. Oulik!Ek hou baie van jou foto.

  2. Godiva het gesê op Februarie 17, 2014

    Blik oftewel emalje bekers maak my hartseer, net soos die reuk van oil of olay o.a
    Hou van jou werk aan die foto.

    • Dankie, ek is besig om ‘n hele reeks te maak wat ek wil bemark. Gaan dit beskikbaar maak as prints(papier en canvas) of vir aflaai. Gee maar raad oor hoe ek so iets kan doen, soos die Rand nou is, is dit dalk ‘n goeie tyd vir my om die ding te begin.

  3. tina10 het gesê op Februarie 18, 2014

    Julle verkoop nie sommige van die goed klaar met plante in nie nê? … seker logies anders moet mens elke dag sorg dat die plante versorg is – by die plek waar ek die verjaardagbekers koop, het die vrou op die tafels vierkantige dik glase met ‘n vetplantjie in – lyk regtig mooi. Maar dit lyk altyd mooi blink skoon en nuut – sulke goed word gou lelik en moeg.

  4. Hier maak dit nie saak hoe die beker lyk nie, solank hy NIE ‘n matafwerking het nie en ook nie dik is nie. Dis nou die baas van die plaas. ek vat wat voorkom!

Los ’n antwoord vir rosiemetdorings. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.